Volg die staatsrede regstreeks

Pres. Cyril Ramaphosa sal Donderdagaand om 19:00 sy staatsrede vir 2022 lewer.

Die staatsrede word vanaand vanuit Kaapstad-stadsaal gehou ná ʼn groot brand die gebou van die nasionale vergadering verwoes het.

Die tema vir die 2022-staatsrede stem ooreen met die tema van die sesde parlement: “ʼn Opvolg op ons toewyding: ons maak jou toekoms beter”, het die parlement vroeër in ʼn verklaring gesê.

ʼn Imbongi sal die president met ʼn gedig verwelkom. Die Imbongi vanjaar is Mosimanegape Jeremiah Jason (31) van Noordwes en hy sal sy gedig in Setswana voorlê.

Altesaam 298 LP’s sal in die stadsaal wees met 38 LP’s op die galery. ʼn Beperkte getal verteenwoordigers van ander staatsorganisasies, afgevaardigdes en media sal ook op die galery toegelaat word.

Die nasionale vergadering word as volg verteenwoordig: ANC (138), Demokratiese Alliansie (50), Ekonomiese Vryheidsvegters (26), Inkatha Vryheidsparty (8), Vryheidsfront Plus (6) en ACDP (2). Die oorblywende agt kleiner partye, UDM, ATM, Good, NFP, AIC, Cope, PAC en Al Jama-Ah sal elk deur een LP verteenwoordig word.

Altesaam 38 LPs op die galery is: ANC (17), DA (7), EFF (4), IVP (2), en een LP elk vir die VF Plus en agt kleiner partye.

Uit die nasionale raad van provinsies: ANC (26), DA (12), EFF (7), VF Plus (1), Salga (5) en nege premiers.

Die afgevaardigdes wat uitgenooi is, sluit onder andere voormalige presidente en voormalige toesighoudende beamptes in.

Gaste wat bevestig het dat hulle die staatsrede sal bywoon, sluit in oudpres. Thabo Mbeki, voormalige adjunkpres. Phumzile Mlambo-Ngcuka en voormalige speakers Baleka Mbete, Max Sisulu en dr. Frene Ginwala.

Volg die president se toespraak regstreeks vanaf 19:00 net hier op Maroela Media:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Samuel ·

Wie wil na ‘n spul spekskiettery luister? Ek het beslis nie krag óf tyd om na die President te luister nie.

Harley Davidson ·

Baie niksegende gepraat maar geen aksies nie ,sluit die korrupte leiers toe en skrap alle diskriminernde wette teen huidige benaadeelde minderhede en ek sal regop sit en aandag neem .

Nie Verbaas ·

Net begin praat en sien op nuus dat leuens al klaar oorhand het. Hy kan maar net nie waarheid praat nie. Praat van bydrae van Suid Afrikaners maar waar is die geld heen? Ons weet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.