Kerke van alle denominasies en kerkgroepe het die afgelope week planne gemaak om steeds Sondae hul gemeentes van geestelike kos te voorsien deur hul dienste digitaal uit te saai. Boodskappe word in verskeie formate verpak: Sommige kerke het regstreekse uitsendings vanuit hul leraars se huise, terwyl ander vooraf opgeneemde boodskappe op hul webwerwe, YouTube-kanale en Facebook-blaaie beskikbaar stel. Talle boodskappe is ook agterna as video- en podsendings beskikbaar.
Maroela Media het ʼn lys saamgestel van sulke dienste wat onder ons aandag gebring is. Skakel gerus môre in by een van die kerke en gemeentes in onderstaande lys se dienste. Vergewis jou vooraf op die kerk se digitale platform van die tyd van uitsending.
(Let asseblief daarop dat dit nie ʼn poging is om ʼn volledige lys van alle digitale kerkdienste beskikbaar te stel nie. Maroela Media sal hierdie lys aanvul deur die loop van die week en weer op Saterdag 4 April deel. Laat weet ons gerus waar jou gemeente se diens gevolg kan word deur ʼn e-pos te stuur na [email protected]).
- Lewende Woord Brummeria
- Lewende Woord Centurion
- NH kerk Middelburg-Noord
- Valleisig Huiskerk (Tema: Vrees na Vrede)
- Ooskerk (NG kerk Pretoria-Oos), of die kerk se Facebook-blad en YouTube-kanaal. Podsending ná die diens: ooskerk.com/podcast
- NG kerk Parys-Oos
- Gereformeerde kerk Brits
- Doxa Deo Raslouw: Regstreeks op Facebook en YouTube
- Doxa Deo Brooklyn: Oggenddiens en aanddiens
- Doxa Deo Kameeldrift
- Doxa Deo Wonderboom
- Doxa Deo Faerie Glen
- Doxa Deo Langeberg
- Gemeente van Oorwinning (Lede in Christus-kerk) (Tema: Deurbraak)
- AP kerk Sanddrift
- AP kerk Bloemfontein Moedergemeente
- AP kerk Kathu
- AP kerk Kareedouw
- AP kerk Pretoria-Oos
- AP kerk Standerton
- AP kerk Kimberley Die Kruis
- AGS Bellville-gemeente
- AGS Goodwood
- Oakhill Church (Sonstraalhoogte, Kraaifontein, Kaapstad)
- Die gemeenskapsradiostasie Eden FM in George saai elke Sondag vanaf 09:30 tot 12:00 verskeie kerke se dienste uit. Besoek die radiostasie se webblad om te sien watter kerke se dienste hoe laat uitgesaai word.
- Kruispad
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Nou is AP Kerke leeg. Normaalweg is hulle mos net oop vir wit mense. Ek wonder hoe hulle wegkom daarmee?
Jaco jy is ook seker een van die liberaliste as jy so ‘n uitlating maak. Verseker weet jy nie waarvan jy praat nie.
Pretoria-Oosterlig NG gemeente kan ook hierby gevoeg word. Die gemeente maak gebruik van al die elektroniese media om bemoediging, preke en selfs ‘n Bybelskool aan almal te bring.
Baie dankie Maroela Media. Wonderlike nuus ek sal verseker dit geniet om na die AP Kerke te luister.
Julle kan ook na Die Bron se uitsending om 10:00 am kyk op hulle facebook blad. Ons saai elke Sondag oggend ‘n diens uit, en deur die week word daar ook ‘n “padkos” boodskappie geplaas. Mooi loop!