‘Volgende president moet ʼn vrou wees’

Bathabile Dlamini, die president van die ANC Vroueliga. Foto: Flickr/GovernmentZA

Bathabile Dlamini, die president van die ANC Vroueliga. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die volgende president van die ANC moet ʼn vrou wees, het die ANC Vroueliga (ANCVL) Sondag gesê.

Meokgo Matuba, die liga se sekretaris-generaal, het joernaliste toegespreek na afloop van ʼn vergadering van die liga se nasionale uitvoerende komitee en gesê die liga sal nie afsien van sy veldtog om te verseker dat ʼn vrou as die party se volgende president verkies word nie.

Bathabile Dlamini, die ANCVL se president, het beklemtoon dat ʼn bekwame vrou “Suid-Afrika en die ANC sal verenig”.

“Die rede hoekom ons aankondig dat ons steeds aandring op ʼn vrouepresident is omdat ons nie wil hê iemand moet verward wees nie. Al word ons gedreig, is ons steeds toegewyd aan ons stryd om ʼn vrou as president verkies te kry. ʼn Vrou wat eerstens die land kan verenig, die ANC kan verenig en wat beslissend kan optree – wat optree wanneer daar opgetree moet word. Ons dink daar is baie vroue in die ANC wat gelykstaande is aan hierdie kaliber,” het Dlamini gesê.

Die ANCVL het aangedui dat hulle nie ʼn versoek vir ʼn vroeë spesiale verkiesingskonferensie, na afloop van die party se swak prestasie gedurende die afgelope munisipale verkiesing, ondersteun nie. “Ons het nooit saam met die ANC Jeugliga gesit om hierdie kwessie van ʼn spesiale nasionale konferensie te bespreek nie. Volgens die ANC se prosedures, insluitend ontevredenheid, moet dit deur die takke geopper word. Al hierdie mense wat nou kla, wil soos baie toegewyde comrades lyk, maar moet ʼn voorbeeld stel deur by die reëls van die ANC te hou,” het Dlamini gesê,

Matuba het bygevoeg dat die veldtog om Luthuli Huis vandag te beset word deur “lafaards” gedryf. “Hierdie mense is lafaards, hulle is nie lede van die ANC nie. Hulle is te bang om in die strukture van die ANC te dien. Dit is ʼn goedkoop politieke toertjie om vir mense te wys hulle kan sekere dinge van die ANC eis,” het Matuba gesê.

“Ons sal hulle nie toelaat om dit te doen nie. Ons sal hulle [Maandag] by Luthuli Huis ontmoet om die ANC te verdedig. Moet ons nie verkeerd aanhaal nie – ons sal die ANC en ons revolusie verdedig. Ons as die ANCVL sal daar wees. Ons is nie bang om enigiemand aan te vat wat die organisasie wil aanvat nie.”

Maroela Media het vroeër berig veiligheid is Sondag buite die ANC-hoofkantoor, Luthuli Huis, in die Johannesburgse middestad opgeskerp voor die beplande besetting van die gebou om pres. Jacob Zuma se bedanking te eis. Minstens drie polisie-njalas het Sondag buite die gebou gestaan en rolle doringdraad was gereed om uitgerol te word, vermoedelik om te keer dat betogers naby die gebou kom. Beamptes van die Johannesburgse metropolisie het een laan van Sauerstraat, wat verby Luthuli Huis loop, afgesper. Talle polisiebeamptes het in polisievoertuie buite die gebou gesit, gereed vir die massa-aksie wat moontlik kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Loeis ·

Hulle soek Zuma se vrou.

Dus verruil die ANC een Zuma vir ‘n ander. ‘n Effe slimmer, en dus gevaarliker een, as jy my vra.

CL ·

Powere versluierde poging van die liga. Hulle bedoel Dlamini-Zuma. En so karring dit aan….

zahn ·

DIE GWEBOU WORD BESKERM TEEN MOONTLIKE PROBLEME. HIER OP WORCESTER MOET JY EERS MORSDOOD WEES VOOR DIE POLISIE REAGEER, GEEN VOORKOMENDE AKSIE HIER NIE!!

Karma ·

Snaaks, Zahn, ek bly ook in Worcester en my ervaring van die Polisie is die teenoorgestelde. Gisternag weer die Polisie gebel oor ‘n minder-ernstige saak en fantastiese diens gekry! Dit is maar seker elkeen se eie opinie, nè?

Katrien ·

Ag asseblief!ons hoop hulle praat van Thuli maar hoekom dink ek hulle dink aan iemand groot van statuur en met n van wat ons alreeds naar maak?

John ·

Is die president van die ANC-Vrouliga familie van mev ex-Zuma? Albei se vanne is Dlamini. Bkykbaar het beide ambisie om die land se president te word. Spaar ons dit. Wat net so erg is, is as pres Zuma aanbly of sy pienk/pers assistent oorneem. Thuli sou die droom-kandidaat wees, maar haar eerbaarheid staan in die pad van die oormassa wat reeds die afgrond bestorm.

Sarie ·

Ek stem vir Thuli, maar sy is nie in die ANC se gedagtes nie. Kan die hele bevolking nie asseblief vir die president stem nie? Dan kan ons mos sê dis ons president en nie ANC s’n nie.

erica ·

thulie.sys ia eerlik opreg en bang vir niks ek stem vir haar ,

Jan maak n Plan ·

Jaek stem saam – ‘n vrou soos Hellen Zille of Patricia De Lille.

Hendrik ·

Dit is vir party mense moeilik om verby te huidge kyk. Die demokrasie, soos baie grontwetkenners beaam, werk nie vir minderheidsgroepe nie. Dus moet ander oplossings verkry word en ons word so maklik in die huidige demokrasie se gemors ingesuig. Dink anderste, dink oplossings, dink nuut.

Scalla ·

Jy moet slegs twee dinge in die lewe doen, wie dink sy is sy

Henk ·

hulle weerk nie deur die strukture nie, want hulle weet reeds soos die res van die wereld dat die strukture reeds korrup is en net hulle eie belange dien. die strukture weerspieel dit duidelik in hul verset teen die eise dat zuma strafregtelik vervolg word op die meer as 780 korrupsie en bedrog aanklagte teen hom en deur hul verset teen die eise van die SA publiek dat zuma summier as president weggejaag moet word!

m ·

Man of vrou maak nie saak nie, ons kort leierskap in hierdie land…………………

Louise ·

Wanneer gaan die dag aanbreek dat die president van ons land iemand moet wees wat n paar grade van n egte universiteit agter sy of haar naam het. Bv Staatkunde, finansies ens. En nie iemand wat gr 5 ‘gepass’ het, en boontoe ‘gestruggle’ het nie.

Sakkie ·

As dit dan moet , laat dit dan maar eerder Caster Semenja wees? :)

My opinie ·

Sê dieselfde klomp wat gesê het hulle sal zuma met hul agterstewe beskerm….Hulle het Kwezi uitverkoop ter wille van zuma.

Mamparra ·

Kom ons maak geskiedenis. Wat van die eerste vroulike diktator in Afrika?

Willie ·

Daar is nie leirskap in die ANC nie, nie nou nie, nie later nie… geen leierskap kan gegrond word op selfveryking en korripsie nie.. In die staat is jy in die diens van die mense, nie jouself te veryk nie… Kyk na die ou Presidente het hulle Nkandlas en Buffels ter waarde van oor die 250mil? Jy as staatshoof moet die mense dien, dis jou belofte en plig…

Leon ·

Daar is net twee dinge wat moet gebeur.
ANCVL moet flippin wakker word…..hulle pap word koud!
Tweedens, hierdie is nie ‘n kwota stelsel van een of ander aard nie, hierdie is die land se toekoms, vir dit wat oor is!

Maria van Dieweeck ·

Asseblief nie die een met die gat in haar kop nie!

Louwrens ·

Jis mense ek stem vir eenkeer heeltemal saam met die ANC. Ek wil graag my vrou nomineer as president.
1. Sy weet alles van alles af en kan sinvol redeneer totdat jy saam met haar stem.
2. Sy skep gereeld werk vir my en kan dit daarom vir die land en sy mense ook doen.
3. Sy glo in absolute mededeelsaamheid. Wat myne is, is hare en wat hare is, is hare.
4. Van n jong ouderdom af het sy reeds streng gesinsbeplanning toegepas….!
5. Sy is op hoogte van al die nuutste navorsing rondom diete en ander gesondheidskwessies.
En so kan ek aangaan. Die lys is onbeperk.
Groete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.