Volkies rou ná leerder se dood

Michael Brauckmann (Foto: Verskaf)

Die Hoër Volkskool Potchefstroom in Noordwes is in rou gedompel ná die dood van ’n skrander leerder die afgelope naweek.

Die 18-jarige Michael Brauckmann, ook bekend as Boeta, is vroeg Saterdagoggend ná ’n ernstige motorongeluk oorlede.

Boeta was in graad 11 en ’n geliefde inwoner van die seunskoshuis Jack Pauw.

“Hy was altyd ’n baie vriendelike en hulpvaardige jongman. Hy het altyd gekies om die positiewe dinge in die lewe raak te sien en om altyd in liefde en harmonie te funksioneer,” sê die skool in ’n inskrywing op sosiale media.

“Hy was ’n jong dinamiese outjie met kerngesonde waardes. Sy glimlag was aansteeklik en mense was altyd bewus van sy liefdevolle en omgeehart.”

Boodskappe van medelye stroom sedertdien in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Riaana ·

Baie sterkte aan ouers en almal WAT hom geken het, mag God julle dra deur hierdie verskriklik verskriklik seertyd, ek het ook n seun verloor in 2000,en daar is geen groter seer in hierdie lewe, as om jou kind te begrawe, die seer gaan nooit ooit weg maar met die Here se grenade Leer jy om met dit saam te leef, mag God julle dra deur hierdie tyd, want net Hy Kan dit doen… Niks en niemand anders????

Ietsanders ·

Innige meegevoel aan almal wat vir hom lief was. Mag jul vertroosting vind deur Sy Hand.

Casper ·

Onwillekeurig vra en myself hoekom hy.Hy is nog so jonk maar dan vra ek of ons die Goddelike weë wil bepaal.Ek het my eerste seuntjie verloor tien minute na sy geboorte in 1987 en alhoewel ons nou weer geseënd is met ‘n seun wonder ons nog altyd hoekom, hoe sou sy lewe gewees het.Ek ken daardie hartseer en alhoewel tyd genesing bring en aanvaarding sal die hartseer altyd daar wees.Aan die familie wees sterk en onthou hy is deur God geroep.”Ek het jou by jou naam beroep jy is Myne”.

Danny ·

Hoe tragies.. Almal moet uitkyk vir MEKAAR, veral met die Feesseisoen op ons voordeur.

Elsa ·

Ek het nie woorde nie! My kleindogter in matriek het die afgelope naweek ‘n ongeluk oorleef toe ‘n ander motor hulle motor se hele agterkant weggestamp het. Dit in die belangrike eksamen van haar lewe. Ek besef net weereens hoe afhanklik ons van Gid se genade is. So bitter jammer vir sy ouers en hele familie wat hierdie tragedie beleef. My innige simpatie.

Wondermaarnet ·

So hartseer. Mag God sy geliefdes dra deur hiedie tyd.

Regverdigheid ·

RIP Srekte aan die familie so eina om n kind te verloor .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.