‘Volkome selfbeskikking of niks’, eis party

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die politieke party Front Nasionaal het Vrydag ʼn Vryheidsmanifes aan die regering oorhandig.

“Hierin eis ons dat volkome selfbeskikking, ingevolge artikel 235 van die Grondwet, aan die Afrikaner/Boerevolk en elkeen wat met ons verbind word, toegestaan word,” het Daniel Lötter, die party se inligtingshoof, in ʼn verklaring gesê.

Volgens Lötter is die nuwe bedeling van ʼn veelrassige eenheidstaat, waarin daar geen beskerming van minderheidsregte is nie, in 1994 geskep. “Ons is tot aanvaarding daarvan gekul, geboelie en afgepers deur leë beloftes, vae dreigemente en emosionele pleitdooie. Hierdie skepping het ons niks anders as verdriet, korrupsie, skande en bloedvergieting besorg nie. Die 1994 politieke proses was geen finale oplossing vir Suid-Afrika se probleme nie – dit was ʼn skietstilstand waarvan die vervaldatum nou aangebreek het.”

Lötter het gesê Front Nasionaal sal van hier af vorentoe elke politieke, grondwetlike en wettige proses volg, binnelands én buitelands, om selfbeskikking te beding. “En as daardie prosesse uitgeput is, sal ons ander prosesse volg, wat ons as regverdigbaar voor die mensdom beskou. Volkome selfregering, asook die vryheid en veiligheid van ons mense is die oogmerk. Daar sal geen oorweging aan ʼn kompromis geskenk word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Gerhardt ·

Sterkte FN! Selfbeskikking is die antwoord maar hoe dit sal realiseer in ons leeftyd is ‘n ope vraag. Die Natte moes ‘n afrikaner tuisland ook begin het, ons sou baie geld met Sun City kon maak.

Sarie ·

‘n Federasie van kultuurgroepe was die antwoord vir 1994. Ongelukkig het die res van die wêreld daarop aangedring dat die ANC die kitaar slaan en ons D Span van onderhandelaars aan die neus gelei met die gevolg dat ons in hierdie penarie sit waarin ons vandag is. Snaaks hoe baie groepe nou op selfbeskikking aandring. Die Khoi en Afrikaners.

Ernest ·

Sarie, jy maak ‘n fout………..die res van die wereld of niemand kon namens ons besluit nie. Dit was jou mede wit Afrikaners wat besluit het om hulle land op ‘n skinkbord weg te teken in 1994. Die ENIGSTE volk in die wereld wat dit nog gedoen het. Grond wat ons ge-erf het van voorsate wat met 26 000 lyke betaal het. Dis die WAARHEID, nie jou bespiegeling nie…!!!

GES ·

Selfs Ramaphosa het na die onderhandelings in ’94 gesê dat hy nie kon glo hoe min weerstand FW en sy “onderhandelaars” gebied het nie. Om sy woorde te gebruik: “It was a walk in the park.” Ons is uitverkoop vir 30 silwer stukkies. Ons volk het duur betaal vir die dade van ons eertydse leiers.

Juan Olivier ·

Die Afrikaners het nie met 26 000 lyke betaal nie, die Boere het. Afrikaner is net ʼn versamel naam vir die Boerevolk en die Kaap Nederlanders en die Boere is by ver die minderheid in daai versamel naam. Die enigstes families wat in daai kampe gesit was, was Boere, nie die Kaap Nederlanders nie.

Kaspaas ·

Uiteindelik iemand wat vir ons regte opstaan. Die ander is net ruggraatloos.

Dan ·

Die tuislande wat Verwoerd vir hulle gegee het moet nou vir die afrikaners gaan, dan kan ons ook se …..Dankie!!!!

Riaan Joubert ·

Wanneer trek ons dis al wat ek kan vra 29 aanvalle op boere in net 30 dae dis erger as n oorlog in Suid afrika
Die boere oorlog was nie eers so erg nie ja en ons slaap vas want ons het in 20jaar begin glo ons kan tog niks daaraan doen nie so hoekom bekomerd wees.Ons leer bly weg van jou familie vriende hulle skinder net op die einde van die dag word ons beroof en gemoor want ons gee nie meer om nie ons sien ons burevmaak ken hulle nie
Word wakker SUID AFRIKA ons sit reg in die middel vam daaglikse aanvalle

Leonie Booysen ·

Ek dink almal het die kat aan die stert beet. Trek waarna toe ek glo nie wat is die geskiedenis van die land. Lees meer op FN se fb blad dat julle ingelig kan word en om rus vir julle gemoed te kan kry

Juan Olivier ·

Wil hulle nou ʼn Afrikanervolk (Cape Dutch) tuisland of Boerevolk tuisland stug want dit is nie dieselfde nie. Ek sien nie die punt om selfbeskikking te eis as hulle nog nie eers die grond gebied beheer nie. Hulle sal eers soos Orania of Kleinfontein moet begin en dan uitbrei om die grond gebied te beset wat hulle wil hê vir selfbeskikking en dan dit eis, nie eis en dan die grond beset nie.

Jody ·

BRAVO!!!Asb neem leiding en vat ons vorentoe. GENOE IS GENOEG

Poplap ·

Ag asseblief tog. Word wakker daae gaan NOOIT selfbeskikking vir die boere nasie wees nie. Wie is in elk geval hierdie boerenasie waarna julle verwyz. Afrikaans zprekende mense iz nie almal verkramp en onnosel genoeg om nog te glo dat ons verhewe oa bo die res van die land nie. Patetiese partytjie net vir LOSERS

Leonie Booysen ·

Sjoe maar jy se die meerderheid van die Afrikaners sleg ne. Dit is duidelik jy is nie op datum wat met die res van die wereld gebeur nie. Selfs nie wat in SA aangaan nie. So ek dink die “verkramptes ” is nie so verkramp soos jy dink nie. Die boere nasie is die Engelse wat saam met die boere geveg het vir die land. En die selfbeskikking hang nie van jou SACP/ANC af nie. Dit hang van jou en die verkramptes af. Die Internationale arena is gedek daarvoor met regte wat die “verkramptes” toekom volgens Internationale regte. Nou wie is hierdie verkrampte om nee dankie te se daarvoor nie. As ek gaan vir selbeskikking is ek n “verkrampte” en ek is trots daarop

Leonie Booysen ·

Omdat Internationale wette die reg tot die minderhede gee vir selfbeskikking en hierdie mense het n dekselse goeie werk gedoen. Nie een ander politieke party het die wil gehad om eers te prober nie. Gee krediet waar dit toekom

Shannon ·

Weereens, ons het reeds Orania en Kleinfontein. Hierdie gemeenskappe is ‘as good as it gets’. Indien enige van hierdie politiekers daad by die woord wil voeg behoort hierdie (soort van) gemeenskappe te dien as groeipunte. `n Mens maak gebruik van wat jy het.

Maar, soos gewoonlik, wend hierdie loopbaan politici hulself tot hul eienaar – die Regering van Nasionale Eenheid. En soos gewoonlik sal nie een van hulle 2 meter vêr loop op grond vlak nie, dis alewig mandate, manifeste, ope briefies en protes geskrifte wat die lig sien. Dit, en die 200 hofsake wat (durf ek die naam noem hier voor ek weer gesensor word !) die ander Front reeds geveg het, en wat nou, soos verwag, geen doel gedien het nie.

So, na 20 jaar van moord, roof en verkragting onder die reënboog regering, wat het “die Afrikaner/Boervolk en elkeen wat met ons saamstem” bereik ?? Ek sien niks anders as 2 Fronte nie. Front 1 onder leiding van Doktor No 1. Front 2 met Doktor No 2 wie ook graag sy eie politieke party wil hê … met regerings voordele en gratis parkering by die parliament.

Die ander kwessie natuurlik is die : ‘Indien die regering, met volle goedkeuring van die Verenigde Nasies, die Boervolk, die Afrikaner, die volk van die Almagtige en die Gelofte Volk more selfbeskikking toeken, wat dan ?’. Wie gaan trek ? Waarna toe word getrek ? Is dit nie miskien die eerste oorweging nie ? Nog voor daar enige eise en verdere hofsake ingedien word.

Marius ·

Ek is jammer om ‘n speek in die wiel te wees, maar Jesus het gekom om alle nasies in hom te verenig. Alle nasies het die reg om deel van Sy bloedlyn te wees. Ons probleem is nie die “swart” ANC regering nie. Dis korrupte harte wat die probleem is. Dieselfde korrupte harte wat erg gediskrimineer het teen ander volke op grond van hulle ras. Ja die Afrikaner het vooruitgang in dié land gebring, maar hy het homself ongelukkig vertel dat hy op een of ander Bybelse gronde meer reg tot alles in die land het. Ek respekteer mense se kommentaar vir ‘n onafhanklike staat. Hou egter net die Christelike geloof uit die hele prentjie. As God se prentjie in die Bybel praat van alle nasies wat een is in Hom, dan klink ‘n boerestaat nie heeltemaal dieselfde nie. Ons probleem is die harte van mense in die ANC en my en jou.

Johannes Meintjes ·

Dit is jammer dat engheid van denke, gebrek aan kennis en onverskilligheid rondom die beskikbare prosesse, asook die herhaalde versuim van ons eie mense, rondom selfbeskikking onderling tot negatiwiteit en apatie aanleiding gee. Selfbeskikking vir minderhede is ‘n erkende en inderdaad reeds geverstigde proses, ook in SA. Ons moet net vingertrek, saamstaan en doelgerig saamwerk.

Leonie Booysen ·

Hoor hoor en hul wil toon en die minderheid het dit nie ek weet ek prober maar die wil is net nie daar nie dit lyk my die mense het toegelaat dat die ANC hulle van hul respek en moed gestroop het. Die ANC is te magtig vir hulle

Peet J ·

Ek sê baie dankie aan Front Nasionaal en al die persone wat nie gekant is teen selfbeskikking vir ons boere nasie nie. Die leiers van FN asook die van die ander partye wat deel uitmaak van FN beskik oor die nodige intelligensie skranderheid om hierdie voorlegging aan die regering te laat bewerkstellig. Die ideale gedeelte grond vir afstigting volgens vorige voorstelle is van die grens van Namibië af tot onder aan die Suid kaapse kus.
Ons moet maar net hande vat en saamstaan en FN ondersteun anders weet ek nie wat gaan van ons word nie.

GES ·

Dit is onmoontlik om 4 waardestelsels in 1 te probeer druk. Dit lei net eenvoudig tot te veel spanning en verdriet wat omsit in haat. Afsonderlike ontwikkeling is die enigste regverdige, redelike en eerbare manier om in vrede voort te bestaan. Vryheid van assosiasie is belangrik maar die reg van toegang tot ‘n volk moet deur die betrokke volk self bepaal word.
Die Afrikaner Geloftevolk het egter ‘n vyand waarmee gehandel sal moet word en dit is die ‘hensoppers / joiners’. Dit is diegene wat hulle brood aan albei kante gebotter wil hê. Die mense is nie welkom nie maar dit staan hulle vry om met ander volke te integreer waar hulle welkom is.

Chris ·

Selfbeskikking vir sekere groepe is inderdaad n reg binne die RSA grondwet en ook in internasionale reg. Afrikaners maak so n groep uit.

maar …

FN moet besef dat selfbeskikking iets is wat met die nasionale regering onderhandel moet word en nie op provinsiale of streeks vlak nie. FN se verbintenis met die BAV/VVK is problematies aangesien lg. reeds met die regering probeer onderhandel het, maar stert tussen die bene daar weg is omdat hulle nie n mandaat het van afrikaners in n gespesifiseerde gebied nie of wie ook al hulle verteenwoordig nie.
Hierdie lyk vir my meer na electioneering as n
a ware poging vir selfbeskikking, alhoewel hulle daarin kon slaag om goeie dekking te kry in die engelse media …..

Christiaan ·

FN is lankal besig om Internationaal te onderhandel, gaan kyk gerus op hulle web werf wat daar al bereik is. Al die negetiewe ouens is welkom om te bly waar hulle is. 480 Boere het 18 000 Zulu impi’s verslaan

Leonie Booysen ·

Ek verskil van jou dit hang nie af van die SACP/ANC nie. VF het die reg gehad en hulle het dit mandaat laat stof op gaar. Gaan na Front Nationaal se fb blad gewis jou van die waarheid

pop ·

Om selfbeskikking te he sal ons n hawe, n lughawe en bruikbare grond moet kry. Die enigste plek sou die kaap wees. Daar is hawens (ystererts se treine by Saldanha) Kaapstad se groot hawe, lughawe, en les bes vrugte en koring en weiveld. En baaaaie wyn. Natal sal nie werk nie, dis die zulus se domain. En dis enigste manier hoe mens dit haalbaar kan maak. Almal moet n lewe kan maak. Uitvoere in invoere kan doen.Dink julle vir een sekonde die regering sal dit afstaan. soos dit is, is dit die enigste plek wat net net skoon audit kry en dinge werk darem nog. Doodgebore plan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.