Volksblad gaan bly

Volksblad_(S.A)Media24 het bevestig dat Volksblad gaan bly ná vele bespiegeling oor dié Afrikaanse dagblad se toekoms.

“Ná bespiegeling oor die toekoms van Volksblad, het Media24 vandag bevestig dat dit die prestasie van sy nuus-­afdeling hersien het en besluit het dat alle huidige bedrywighede onveranderd sal bly,” het Media24 in ʼn verklaring gesê.

Die mediamaatskappy sê voorts hy hersien deurlopend die langtermyn-volhoubaarheid van sy portefeulje.

“Die swak ekonomie en vinnig veranderende medialandskap hou talle uitdagings in wat met realisme hanteer moet word. Die maatskappy is passievol oor sy handelsmerke en streef daarna om die beste besluite te neem om waarde in die besigheid te bou.”

Media24 sê ondanks die uitdagende handelsomgewing word die maatskappy bemoedig deur die toename in sy leserstal, sy plaaslike koerante se groeiende voetspoor en die eksponensiële groei in sy digitale gehore.

Volksblad word uit Bloemfontein bedryf en fokus hoofsaaklik op nuus in die Vrystaat en Noord-Kaap. Media24 besit verskeie tydskrifte en koerante, waaronder Beeld, City Press en die Daily Sun.

Lees ook:
Kommer oor Volksblad wat dalk afskaal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

henk ·

Is dit die swak ekonomie of is dit eerder die passie waarmee koos bekker en news 24 Afrikaans wil ondermyn? So het hulle klaar die Afrikaanse weergawe van News 24, naamlik Nuus 24 van die internet verwyder en vervang met Zulu. Vir Afrikaanse nuus naamlik Beeld, moet jy inteken en betaal voor jy dit op internet kan lees.
En nou die aanslag op Volksblad. Wat is volgende koos bekker?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.