Volkswagen herroep duisende nuwe Polo’s

Die nuwe Volkswagen Polo Comfortline (Foto: Volkswagen)

Die motorvervaardiger Volkswagen het Dinsdag bevestig dat hy duisende van sy nuwe Polo’s gaan herroep weens ʼn moontlike veiligheidskwessie met betrekking tot die sitplekgordel op die agtersitplek van die motor.

Matt Gennrich, Volkswagen se kommunikasiehoof, het dié nuus aan Maroela Media bevestig.

Gennrich sê dié internasionale herroeping sluit 8 000 voertuie in wat by die Uitenhage-fabriek in die Oos-Kaap vervaardig is.

Volgens hom het die vervaardiger bewus geword daarvan dat die sitplekgordel van die middelste agtersitplek moontlik ten tyde van ʼn botsing of trefslag kan loskom. Hy sê dít sal egter slegs gebeur wanneer drie mense agter in die motor sit.

“Daar bestaan ʼn geringe kans dat die sitplekgordel nie noodwendig die veiligheid kan bied wat hy veronderstel is om te bied nie, daarom gaan ons al 8 000 van dié voertuie wat reeds verkoop is, herroep,” sê hy.

“Volkswagen verkry tans die nodige inligting van die buiteland en ons sal in kontak met klante wees sodra ons presies weet wat die besonderhede is en hoe die proses moet verloop.”

Gennrich sê die tegniese probleem sal vanweë die aard daarvan eenvoudig wees om reg te stel.

Die motorvervaardiger sal binnekort meer inligting bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Vonkprop ·

Fabrikate fokus deesdae so baie aan fieterjasies en tegnologiese goetertjies hulle vergeet om die basiese goed reg te doen soos ‘n eenvoudige sitplekgordel of enjinpype, noem maar op. Dit gaan oor geld en om so veel en so vinnig as moontlik uit kry om verkope te druk. Ek dink dit doen meer skade vir jou beeld om heeltyd motors terug te roep as om jou tyd te vat om seker te maak jou produk werk en dit dan beskikbaar te maak. Al vat dit ‘n maand of twee langer.

Wonder ·

O genade! Nou is daar ook towenaars by hulle? Gelukkig ry ek nie Volkswagen nie.

VW ·

Ek Wonder net wat ry jy? Seker Ford of Toyota. Het jy geweet hulle kom nie met flikkerligte uit nie? Gelukkig ry ek NET Volkswagen.

Janine ·

Ag nee wat!Ek ry al vir 12 jaar my TWEEDEHANDSE TDI 1900 Polo. BESTE kar ooit!

Vraagteken ·

@VW, wat bedoel jy met flikkerligte? VW bestuurders is die skuldigste daaraan. Hulle is ook van die grootste varke op die pad (saam met die Audi manne). Dit kom al van die 80’s af.

Cherokee ·

So ten spyte van volkswagen se onlangse uitgesproke uitsluiting van blankes (wat vir hulle werk!) by ‘n kompetisie, ondersteun julle steeds vw.

Andre C ·

Geen blankes vir VW se motorsportprogram ,hoop VW bly in die nuus.!

Bert ·

Ja, as ek ‘n blanke koper was van so’n polo sou ek dit as rede verskaf om die koop te kanseleer aangesien hulle in elk geval nie met blankes wil besigheid doen.
Twee vlieë in 1 klap, hulle is van ‘n blanke klient ontslaë en ek van my VW, alby geholpe.

Piet Pompies ·

Blykbaar kan die middelste en een kant passasier se gordel knip los knip indien daar 3 passasiers op die agtersitplek sit. Dit is omdat twee knippe langs mekaar is en indien daar sykant beweging tussen die passasiers is haak die knippe aan mekaar waar die een die ander losknip. So dit is asof iemand jou sitplekgordel los knip.

Mrs H ·

Hulle kan die gemors maar hou ook aangesien ons te wit vir hul kompetisies is. Kry maar swart geld vir die motors asb.

Bernard Hellberg ·

Arme Matt – eers die diesel skelmstreek, toe die “only people of colour” en nou dit. Sy aftrede word ‘n nagmerrie??

DS ·

VW – ek neem aan jy kwalifiseer vir hulle motorsport kompetisie…. Nie ?? Nou dan moet jy miskien jou lojaliteit heroorweeg.

Heinrich ·

Ek het 5 VW’s gery… klaar met hulle. Only people of colour for our add campaign, competitions and motorsport. Maar julle wittes se geld is welkom asb. ons benodig dit vir ons swart advertensies. Sien die bohaai oor Mercedes se gebruik van wittes in hul advertensies. FVW!

Piet Pompies ·

Die meeste kommentaar op die berig is totaal onverwant, waarskynlik van mense wat nie eers VW ry. Lees mooi waaroor die re-call gaan en lewer daarop kommentaar ipv om op die band wagon van, kla oor alles te klim. My skoonma het eenkeer per ongeluk ons kleinkind se kinderstoel veligheidgordel los geknip terwyl ons op pad Kaap toe was. Vir omtrent 300km het ek gedink die kind is veilig vas gegordel maar hy was nie. Ek kan nie nou my skoonma uit die kar verban, dit was ‘n fout. Volgende keer tref ons beter voorsorg soos om haar bo-op die sleepwa te laat sit…

Bert ·

VW is mos ook die ouens van die diesel vervuiling verneukspul …oeps, ek lees nou ons moet by die gordeltjies bly, sorry

Kobus ·

Ek ry ‘n witte soos in die foto en ek is oneindig dankbaar vir my nuwe wa. Hy ry heerlik en het al my verwagtinge oortref. Die agterste gordel is nou regtig nie ‘n groot probleem nie, maar ek is bly Volkswagen skroom nie om te erken hulle het ‘n fout gemaak nie. Ek sal die motor graag aanbeveel.

Landi ·

Nee Dankie. My morale waardes sal die aanbeveling liefs van die hand wys. Soos Spur bv.

X-VW Groep Ondersteuner ·

Ek besit ook ‘n nuwe Polo, een van drie VW’ s tans in my besit, om nie te praat van die talle VAG produkte wat ek sedert die 80’s aangeskaf het.
Die motorsport aangeleentheid het net-net te laat gebeur, net na ek die Polo in ontvangs geneem het, anders het ek die transaksie summier gekanselleer
Het iemand opgelet die Polo advertensie op TV het ook geen wit persoon gewys? VW het op FB gesê dit weerspieël ‘diversiteit in Mzansi’

BOALNDER ·

VW ek het vanoggend agter ‘n volkswagen gery wat nie sy flikker aan gesit het nie en sodoende amper ‘n baie groot ongeluk veroorsaak het. Seker een van daardie volkswagens wat nie met ‘n flikkerlig vervaardig word nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.