Volle eiendomsreg aan Soweto-ondernemings, sê Mashaba

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg (Foto: Itumeleng English/African News Agency (ANA))

Altesaam 36 sake-eienaars en nieregeringsorganisasies in Soweto het Maandag titelaktes deur die grondreguleringsprogram van die Johannesburgse eiendomsmaatskappy ontvang, het burgemeester Herman Mashaba gesê.

Dié program is ʼn inisiatief van die Stad Johannesburg om wanbalanse in die verspreiding van munisipale grond te takel.

“Dit is ʼn belangrike veldtog en as dit doeltreffend aangepak word, sal dit as ʼn katalisator dien vir die ontwikkeling om gemeenskappe, klein ondernemings en ontwikkelaars te bevoordeel,” het Mashaba in ʼn verklaring gesê.

Dit is die tweede keer die afgelope nege maande wat titelaktes aan ondernemings in Soweto se Diepkloof-gebied oorhandig word. Altesaam 22 ondernemings het reeds titelaktes ontvang en die persele is vir 30 jaar aan hulle verhuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

humor ·

Baie positief. Juiiiiiiiiiiig miskien sal daar in die verre toekoms tog ook so ietsie na ons kant toe val.

Vonkprop ·

Kan ek ook my titelakte kry asseblief of kry die primêre landskleur voorkeur?

Arno ·

Hulle KRY dit….ek moes werk vir myne en dit koop. Gaan hulle nou die water en ligte ook verniet kry??

Maljan ·

Kry hulle dit nie reeds gratis en mahala nie? Ons subsideer hulle dan met die henske bedrae wat ons moet betaal. Hulle HUUR nou vir dertif jaar. Bwetaal hulle darem huur?

Johanna Botha ·

En Soweto skuld eskom miljoene ! ! Hoe sal die situasie OOIT kan verbeter ! Met die uitstaande geld kon beurtkrag minder gewees het aangesien die uitstaande skuld kon help met die onderhoudswerk waarvoor hulle WEER moes gaan geld leen !

SjN ·

Hoop hul is nou ook aanspreeklik vir rates and taxes op die gratis aktes.

willem Botha ·

Op die oog af lyk dit soos vry na stemme voor die verkiesing maar dit is nog steeds n goeie gebaar,skaf nou BEE af in die stadsraad dan kan julle stemme wen,nie myne nie ek bly VF+.

DeVill ·

Die VF+ het net so laag gedaal soos al die ander partye met hulle politieke aanstelling in die Wes Kaap.

In plaas daarvan om die BESTE persoon aan te stel het hulle ‘n bruinman aangestel, net omdat hy bruin is en nie noodwending omdat hy die beste is nie!

So ek stem vir niemand nie! Alles is net politiek en gaan oor mag en geld!

Gemaskerde Sopbeen ·

Wat was die “munisipale wanbalans in grondverspreiding”? Het ‘n klomp wit sakemanne hulle titel-aktes gekry en ‘n klomp swart sakemanne NIE?

Frikkie Geld en huis ·

Ek verstaan nie die berig mooi nie. “22 Ondernemings het titelaktes ontvang en die persele is vir 30 jaar aan hulle verhuur ” ???? As die eienaars titelaktes ontvang het, behoort die geboue aan hulle, en kan geen huurgeld ter sprake wees nie.

Henk ·

Hulle koop nie die grond nie. Hulle kry dit. Hulle betaal nie belasting nie en hulle betaal ook nie erfbelasting nie. Hulle betaal nie krag nie en hulle betaal nie water nie. As hulle krag koop betaal hulle nie btw nie en kry hulle meer eenhefe per rand as die wit man. Daarom is elke stadsraad n reuse sukses en eskom het geen finansiele probleme nie.

DeVill ·

Betaal hierdie mense belasting, dra hulle by tot die ekonomie?

Gaan hulle nou belasting betaal of is dit nie wat regtig saak maak nie.

Solank hulle net ‘n titelakte kry dan is alles reg, maar niks word gedoen om Suid-Afrika op te bou nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.