Volledige kortlys van SAUK-raad bekend gemaak

Foto: Argieffoto

LP’s sal volgende week met voornemende raadslede vir die SAUK begin onderhoude voer nadat die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie Dinsdag ʼn kortlys van 36 kandidate gefinaliseer het.

LP’s het ooreengekom dat die tussentydse raadslede, naamlik voorsitter Khanyisile Kweyama, haar adjunk Mathatha Tsedu, Febe Potgieter Gqubule, Krish Naidoo en John Mattison ook op die lys ingesluit sal word.

Altesaam 15 name het op meer as een politieke party se lys voorgekom. Die komitee het daarna ooreengekom dat die ANC nog agt name uit die lys van 363 aansoeke kan kies, die Demokratiese Alliansie kan vyf name kies, die Ekonomiese Vryheidsvegters twee name, en die kleiner partye elkeen een naam.

Afgesien van die tussentydse raadslede, is die ander kandidate:
– Nomvuyiso Batyi
– Rachel Kalidass
– Thabiso Ramotso
– Kharidzha Dzuguda Rufus
– Michael Markowitz
– Wllie Currie
– Deenadaylen Konar
– Harriet Meier
– Dawn Earp
– Michael Bauer
– Regter Chris Greenland
– Desmond Golding
– Mathumo Manaka
– Victor Rambau
– Tshifhiwa Khoromba
– Mcebo Khumalo
– Seipati Khumalo
– Thidzimba Nethengwe
– Cikizwa Dingi
– Louise Vale
– Yaasir Haffejee
– Kwanele Gumbi
– Jack Devnarian
– Bongumusa Makhatini
– Nkosana Mbokane
– Michael Sass
– Jim Matsho
– Jack Phahlane
– Dinkanyane Mohuba
– Leanne Govindsamy
– Sandile Kama

Die termyn van die huidige tussentydse raad verstryk op 26 September. Hulle is aangestel ná ʼn parlementêre ondersoek die vorige raad ontbind het ná bevindings van onder andere wanbestuur, onreëlmatige spandering en probleme met redaksionele beleide.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

piper ·

wat word gedoen aan die mense wat verantwoordelik was vir die wanbestuur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.