‘Volledige opname van plek in skole nou nodig’

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die Gautengse onderwysdepartement móét ’n volledige oudit van elke skool in die provinsie doen ten einde te bepaal waar die grootste druk is en waar skole onderbenut of leeg staan.

Só meen die Skoleondersteuningsentrum (SOS) nadat Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, Donderdag “aansoek”-sones vir skole in Gauteng aangekondig het.

Leerders wat binne ’n 30 km-radius van ’n bepaalde skool woon, sal nou toegelaat word om by hierdie skool in te skryf. “Dit sal verseker dat leerders wat ver van ’n goeie skool woon, nie benadeel word nie,” het Lesufi gesê.

Die GDO onderskei skynbaar nou tussen 5 km-voedersones en 30 km-aansoeksones. Bestaande voedersones van 5 km-radius is steeds van toepassing en hoe nader ’n leerder aan die skool woon, hoe beter is die kanse dat hy of sy hier aanvaar sal word. Hierdie regulasies sal geld wanneer ouers volgende jaar aanlyn aansoek doen om plek vir hul kinders in Gautengse skole.

“Om die gebied waarbinne leerders aansoek kan doen te vergroot, is nie die oplossing vir ’n gebrek aan beplanning en plek in skole nie,” sê Melanie Buys, onderwyskenner verbonde aan die SOS.

“Die departement moet eerder ’n behoorlike oudit doen van hoeveel skole in elke distrik is en presies hoeveel plek elk van hierdie skole beskikbaar het.” Sy wys daarop dat Olievenhoutbosch Primary in Centurion die afgelope paar jaar leeg staan, al kan die meeste skole in Centurion nie voorbly met aansoeke nie.

“Ouers wil eenvoudig nie hul kinders na Olievenhoutbosch Primary stuur nie omdat die gehalte van onderrig wat leerders hier ontvang, nie op peil is nie. In sulke gevalle moet die departement eerder die gehalte van onderpresterende skole verbeter as om meer leerders per bus aan te ry na enkele uitnemende skole.”

Buys beklemtoon ook dat die departement steeds verplig is om bestaande protokol te handhaaf wanneer leerders by skole geplaas word. Hiervolgens moet die departement eers leerders plaas wat die naaste aan ’n skool woon, dan leerders wat reeds broers of susters in die skool het, en dan leerders wie se ouers binne ’n 5 km-radius van die skool af werk.

“Dan eers kan leerders wat verder as 5 km van die skool woon, geplaas word. Die skool se taalbeleid speel ook steeds ’n rol en die departement moet die taal van onderrig aan ’n bepaalde skool in ag neem voor ’n leerder geplaas word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

m.d.r. ·

Waarom skole verskil in standaard van onderrig, terwyl ALMAL dieselfde sillabus moet volg, sal Meneer Lesufi dalk kan verklaar.
Die logiese optrede is sekerlik om alle skole op ‘n minimum standaard van opleiding te kry…..en sodoende die toelatings druk te verminder…
Wat ook duidelik blyk, is dat onder Lesufi se beheer, baie aansoeke uit rassisme geplaas word, en dat die taal van onderrig gebruik word as verskoning vir sy blatante rassisme.

Die logiese uitweg is dat Lesufi baie vinnig vervang moet word,– sonder promosie en sonder die gewone goue handdruk…

Martin ·

Sy hele plan is om die taalbeleid by Afr skole te verander.

Andrea van Vuren ·

Presies soos die taalbeleid van universiteite. Verkoop jou taalbeleid en jy word beloon. Ek verwys hier na Maties!

1+1 ·

Om opvoedkundige beginsels te gebruik ter verdediging van oorvol skole, Taalkwessies ens. gaan ons niks help nie. Die realiteit is in die voorafgaande nuusberig vervat. “Dit gaan oor die gehalte van onderrig”. Verander daardie sake wat jy kan soo,s beter onderwysopleiding en keuring van studente,

Om statestiek in te samel oor skole wat leegloop is te reaktief. Werk aan langtermyn en volhoubare oplossings.

Johann ·

Hierdie Lepoefi se dom astrante moedswillige ras behepte arrogansie gaan onderwys kelder. n anargis wat als sal verwoes om sy sin te kry

Andrea van Vuren ·

Hoe raak mens van die vent ontslae? Daar moet iewers iemand wees wat kan help!

Dell ·

Hierdie voedingsarea is ‘n groot klug. Ek praat uit ondervinding. My kind gaan volgende jaar graad 8 toe. Ons het n skool 2km van ons af en een 14km van ons af. Albei Afrikaanse skole. Kinders om ons kry nie plek in die naaste skool nie en moet 14km verder skoolgaan. Kinders wat weer daar bly het met die eerste inname plek by ons gekry. Jy kan 6 uur die middag by die skool verby ry, dan sit daar nogsteeds kinders by die hekke, wat moet wag vir vervoer huis toe. Die kinders lei daaronder.

D B ·

Elke dag dieselfde siek stories. Mense, aanvaar nou maar, net soos met die grond kwessie, dat hulle ALLES wat ons “het” gaan vat.

Jy kan die pragtigste skool op hulle voorstoep bou en hulle sal nogsteeds na ons skole toe wil kom, want hulle WIL en GAAN ons uitwerk. Kyk maar na ons winkelsentrums. Daar’s ‘n pragtige een in Shosh, maar elke naweek kom hulle na ons sin toe by die busvragte vol.

Waar ek bly is ‘n Engelse laerskool. So bietjie meer as 5 jaar terug was die skool nog redillik “wit”. Vandag is daar amper nie meer ‘n wit kind in sig nie. Elke oggend kom taxi- en busvragte vol van hulle daar aan. Hulle bly beslis nie in die area nie. En dis hoe ons Afrikaanse skole ook gaan word.

AmY ·

Solank as wat hulle die petrol en die ‘goeie skool’ kan bekostig, is alles doodreg.

Elize ·

Hierdie rankplante sal hulle tentakels orals laat inslaan om ons te verwurg tot op die laaste. Geen plek is vir ons beskore nie en moet alles oorgeneem en vernietig, bemors word want wragtig die gemors word elke dag net erger

Bekommerde ·

Waarom ou reels verander – die skool naaste aan jou is waarheen jy gaan – as daar te min plek is – word daar gou tydelike klaskamers opgesit (party het jare gehou en is so gebruik)

Almal wil net die beste vir hule kind verkry – so as die kinders ver heen ry omdat die naaste ene nie op standaard is nie – FLITS daar mos ROOILIGTE. Die departement moet dan mos ondersoek instel.

Ek wonder of daar nog skoolinspekteurs is wat die onnies kom op’check’.

Sterkte vir almal wat nog plek soek. Hou maar aan baklei vir jou kind !

Leonard van der Dussen ·

Die regering van die dag hou die troewe in onderwys solank sy voorgeskrewe kurrikulum gevolg word, sy assesseringsvereistes gevolg word, en veral solank sy skole (staatskole of openbare skole, wat jy dit ook al noem, is staatsbesit) die enigste plek vir onderrig is. Daar moet meer onafhanklike Afrikaanse skole opgerig word sodat daar ‘n alternatief is waar die staat nie die seggenskap het nie. Die groei en sigbaarheid van ‘n beskikbare en werkende alternatief is noodsaaklik om enigsins ‘n strategiese platform vir onderhandeling met die regering oor skole daar te stel: op die oomblik hou die staat die Afrikaanse bevolking gyselaar, omdat Afrikaners nie die wil het om werklik eie skole te bou nie.

Gustav ·

Ek stem saam Leonard. Almal sanik heeltyd dat privaat skole te duur is, maar tog is al die skole in Orania privaat. Orania se inwoners is nie ryk nie, net gemiddeld. As hulle dit kan regkry, hoekom nie ander mense ook nie? Waar n wil is, is n weg. Waar daar egter nie n wil is nie, is daar egter ook nie n weg nie.

Juffrou ·

Lesufi sê: Dit sal verseker dat leerders wat ver van n goeie skool bly, nie benaddel raak nie.”
Nou vra ek: waarom is daar nog steeds swak skole? Sorg dat alle skole goeie skole is. Dis jóú job, Lesufi! Stel aksieplanne op en sien toe dat dit gedoen word. Indien nie, fire die onbevoegdes. Ek betaal belasting dat daar goeie skole in die land moet wees.

Andrea ·

Presies! Daar slaan jy die spyker op sy kop (jammer dis nie letterlik nie). Dit wys mos sy hele tirade gaan oor raseisme, nie om die gehalte van onderwys uit die riool op te trek nie.

Mrs H ·

Lesufi? Moet al jou skole dan nie ewe “goed” wees nie? Hoe bedoel jy dan as jy praat van “ver van n goeie skool af bly”?! So jy erken jy is n mislukking in ons onderwys voorsiening in SA. Oeps, uit onnoselheid het jy jou bek verby gepraat!

Mrs H ·

O ja Lesufi, soos jy self weet, is dit net die skole wat jy nie finansieel wil bystaan, alhoewel dit staat skole is, wat GOEIE skole is, maar jou haat het n sewe dodigge rasistiese pyn, omdat dit Afrikaanse Bekwame Eerlikke Belasting betalende Minderheids burgers is wat vir jou en AL jou skole wat jy wel ondersteun en finansier, ore aan sit! Ons sien deur jou jaloesie en jy kan die skaamte nie hanteer nie. Dit kon baie anders gewees het, ons wou nog altyd saam werk en ons het. Wat jou dwars in die krop steek, is die feit dat ons nie uitsterf of ondergaan, al doen jy WAT! Hoe werk dit vir jou Lesufi wat nie goeie skole het nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.