Volskaalse soektog na ‘ontvoerde’ Pta-sakeman

Omar Carrim (76)

ʼn Volskaalse soektog is van stapel gestuur na ʼn sakeman van Pretoria nadat hy vermoedelik verlede week ontvoer is.

Omar Carrim (76), eienaar van Home Hyper City in Pretoria se middestad, is verlede Donderdag om 18:00 vir die laaste keer gesien toe hy sy onderneming verlaat het om huis toe te gaan.

Sy familie het bekommerd geraak nadat hy nie by die huis opgedaag het nie en ʼn saak is by die polisie aanhangig gemaak.

Carrim se motor, ʼn Mercedes-Benz C300, is Vrydag buite Atteridgeville op die R511 gevind. Die motor is uitgebrand maar daar was nie ʼn liggaam in die motor nie.

Zizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Carrim se familie Maandag besoek om die familie te verseker dat die polisie onverpoosd na hom soek.

Yusuf Abramjee, ʼn teen-misdaad-aktivis wat as die Carrim-familie se woordvoerder optree, het Maandag gesê geen losprys is tot dusver geëis nie.

“Ons doen ʼn beroep op die publiek om met enige inligting na vore te kom. Êrens moet iemand iets weet. Dit blyk dat ons met ʼn gevaarlike sindikaat te doen het,” het Abramjee gesê.

“Die familie pleit by sy ontvoerders om hom ongedeerd vry te laat. Hy is op chroniese medikasie en het ʼn harttoestand.”

Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om hul naaste polisiestasie te besoek of 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

Hi MM. Dit maak seker nie saak nie, maar, dit was n C300, en nie n E300 nie. Groete!

Dalene de Vente ·

Dagsê Johann

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Wern ·

Baie sterkte aan die familie en ek hoop hy word gou veilig gevind.

Hettie ·

O gaats hy is ontvoer en ek ken hom goed want ek koop altyd material daar. Hy help altyd graag en is vriendelik! Hoop hy veilig terug sal wees. Sterkte aan sy familie!

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek het ‘n “dokument ” met allerhande verkeerde of uitgelate letters maar as jy dit so aaneen lees kom jy wel agter daar is spel en uitgelate letters maar steeds volg jy die sinne goed. Maw dit maak sin. Ek kom soms nie eens agter Maroela se foute kom voor in berigte nie.

lorayne ·

Ek dra Meneer Carrim en sy gesin aan die Here op . . . mag hy veilig gevind word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.