ʼn 40-jarige man het ernstige beserings opgedoen toe ʼn volstruis hom by ʼn vulstasie in Harrismith in die Vrystaat aangeval het.
Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het in ʼn verklaring gesê die man was besig om ʼn advertensiebord by die vulstasie in Wardenstraat te vervang, toe die volstruis hom van agter aangeval het.
“Die man is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling,” het Mathe gesê.
Nou raak dit erg in SA as tot diere soos perde en volstruise mense begin aanval….. sjoe. Wat is volgende?????
Ai tog, wat het in die diereryk ingevaar. Eers n perd en nou n volstruis. Is hul dalk bewus van al die onluste gepaard met geweld en begin doen hul na.? As hul vyand nie aan die verkeerde kant is nie, het ek geen probleem met hulle nie
Zoo?
Mense, ñ volstruis bly ñ wilde ding. Ek bly in Harrismith en ek weet daardie volstruise is baie befoeterd. Ek is nie verbaas nie, hoor. Hulle is in ñ kamp maar dit is per slot van sake hulle territory.
Ja en die slang en die hond!
Hierdie aggressiewe diere is seker deur ‘n EFF/ANC veeaarts behandel.
Hehe…wat anders.
Jammer,……. maar is dit dalk vandag 1 April?
Volstruis hou nie van die nuwe advertensiebord nie. Sterkte vir die beseerde.
Nou waarvandaan kom oom vollie of loop hulle los? By n vulstasie?
Ek het simpatie met die man, n volstruis het my ook al lelik geboelie.
Dink tot die diere begin aanvoel hier is chaos in hierdie land.
Wat soek ‘n voilstruis by ‘n vulstasie? Het hy gehoor die brandstof raak aanstaande week duurder, toe wou hy net betyds vol maak?
Hahahaha Retief, lekker lag ek nou – jy het my Woensdag gemaak!!!
Die volstruis het net sy eienaar se belange beskerm, seker gedink die bord word afgebreek vir skroot metaal.
En dan is hy wit en swart so geen rasisme is hier van sprake nie. Ama volvol
Agge nee…..
Wat het Jan van Riebeeck NOU weer aangevang?
Ons stop altyd by daardie vulstasie in Harrismith op pad na en terug van die Suidkus. Die diere by die vulstasie is afgekamp en doodveilig vir enigeen. Uiteraard glo ek hierdie volstruis was NIE by die vulstasie nie, maar seker in ‘n nabygelee kamp maar NIE deel van die vulstasie gebied nie.
Miskien wil die boere daar van Oudtshoorn se wêreld (volstruis-wêreld) ‘n paar vollies vir die Universiteitskampusse wat nou so onder rassehaat en geweld gedruk gaan, leen? Ek meen, ‘n vollie is ‘n gedugte kandidaat, lekker aggressief en sommige van daai studente het ‘n stewige klap en skop teen die kop/onder die jis nodig … :-))