Vonke spat by debat oor grondhervorming sonder vergoeding

Argieffoto

Lede van die gehoor het Maandagaand tydens ʼn debat oor grondhervorming sonder vergoeding by Unisa in Pretoria vurig van die sprekers verskil. Verteenwoordigers van verskillende politieke partye sowel as akademici het aan die debat deelgeneem.

Oproeriges in die gehoor het egter die sprekers wat nie die ideologieë van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) oor die saak deel nie afgejak en beledigings toegesnou.

Mosiuoa Lekota, leier van die Congress of the People (Cope), is tydens sy toespraak as ʼn “hensopper” uitgekryt.

“Dit is maklik om ons lafaards te noem. Dit is maklik om ons te beskuldig as julle nie weet hoe ons hier gekom het nie,” het Lekota gesê voordat hy die verhoog verlaat het.

Ronald Lamola, uitvoerende komiteelid van die ANC en voormalige adjunkpresident van die ANC-jeugliga, is ná skaars vyf minute op die podium uitgejou en verhoed om verder te praat.

Kort daarna het ANC-lede protesliedere begin sing, waarna die verrigtinge tydelik vertraag is. ANC- en EFF-lede het mekaar daarna in die gehoor begin uitjou.

Nadat die verrigtinge weer hervat is, het Andile Mngxitama, die leier van die Black First Land (BLF)-beweging, sy toespraak sonder enige ontwrigting gelewer.

“Toe die wittes die grond tydens die apartheidsregime gevat het, het hulle dit onder geen vorm van ʼn wet gedoen nie. Dit behoort so te wees dat ons as swart Afrikane saamstaan en vat wat aan ons behoort,” het hy gesê.

Khanyisile Litchfield-Tshabalala, voormalige EFF-parlementslid, is ook een van die min sprekers wat nie onderbreek is nie.

“Wittes is die toppunt van bedorwenheid. Hoekom moet ons kolonialiste enigsins vergoed. Hoekom loop ons op ons tone tussen wittes. Wittes het ʼn huis in Europa, hoekom gebruik hulle dit nie,” wou sy weet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

Wonder Maar Net? ·

Ek wonder nou. Waar die duiwel is my huis in Europa?
Ek is nou die 5de geslag van my familie in Suid Afrika.
As ek kon sou ek beslis getrek het, maar ek is heeltemal te lief vir Afrika en sy sonskyn.

Ben ·

Ek het ook baie jare in Suid-Afrika gebly maar eks bly dat ek in Nederland woon ook met baie minder sonskyn. Ongelukkig het ek ook kanker maar eks so dankbaar dat ek gehelp word in n skoon hospitaal deur n dokter wat na my luister en waar nie gestaak word en geen rommel gestrooi word nie. Dankie dankie tog dat ek hier, ondanks, my siekte voluit en veilig kan lewe.

Loerie ·

Vryf jy sout in ons wonde of wat probeer jy nou doen Ben. ‘n Lewe in ‘n hospitaal is ook nie veel van ‘n lewe nie, al is hy ook skoon. Sal maar dankie sê vir my gesondheid vanaand al gaan dit rof in die land. Sonder gesondheid het jy in elk geval niks.

LB S ·

Loerie, Ben het nie nodig om sout in die wonde te vryf nie, dis die reine waarheid. Hier word ek nou deur my ten duurste (R12 500 p.m.) mediese fonds aangesê dat ek nie meer na ‘n Medi-Kliniek (waar my kankerdokter praktiseer), mag gaan nie. Nou moet ek na ‘n Life Care hospitaal na ‘n vreemde dokter gaan om my te behandel? As ek net kon myself en my naasbestaandes in ‘n beter land kon kry was ek weg! Dit is ons ongelukkig nie beskore nie want jy het baie geld nodig om dit te doen. So ja, Ben is heeltemal reg.

AD ·

Tyd raak min. Binne kort gaan die lae IK volgelinge net alles orals begin vat. Todat daar niks is en oor is wat bruikbaar is nie.

Dan le almal in die straat en verlang na die dae toe daar nog iets soos produkte op rakke was.

Veronica ·

As ek tog net kan uitvind waar my huisie in Europa is???? As sy my net kan inlig begin ek vannaand al my tassie pak! Kan jy glo dat daar wragtig van hulle is wat daai storie glo!! My hele lewe lank moes ek flippin hard werk vir die bietjie wat ek het!

Kannaland ·

Ja die tyd raak min en ons moet almal saamwerk aan planne maak om voorbereid te wees, al is dit om te vlug na Europa vir oorlewing.

Hennie ·

Hoe Moet mens n intelligente debat of gesprek met mense probeer voer wat jou verskree, geraas maak of in die rede val? Die wat niks weet het altyd baie te sê, en die wat baie weet bly stil.

Ek sal ook graag wil weet waar die stawende bewyse is van al hierdie grond wat die witmense onregmatig gevat het. Hulle laat dit klink of dit 80% van die land se grondoppervlak gaan wees, maar in realiteit is dit waarskynlik Nader aan 5%. Deesdae is opinies wat geskree word met meer gewig oorweeg as feite wat neergeskryf is.

Hulle moet bekend maak WATTER grond onregmatig geneem was, en ook wie dit wil hê/wat hulle beplan om daarmee te doen. Van al die grond wat wel met vergoeding onteien en herverdeel was, het 95% van die eisers finansiële gewin geskies bo die fisiese grond! Hierdie is alles net skynheilige, moedswillige anti-wit, rassehaat gedrewe opstoking.

Knaag ·

Dis nog steeds nie vir my duidelik of daar enige wit deelnemers aan die debat deelgeneem het of teenwoordig was nie. Klink of daar slegs swart mense “debatteer” het oor blanke grond; dus geen debat.

Wolf ·

Aag mense wat se twak is dit die?
Hierdie is n “smokescreen” om ons aandag van die groot prentjie af the ly.
Nerens in die wereld is daar n regering wat so n sotlikke wet het nie. Lees tussen die lyne, Die ANC en EFF saam met al hulle werkersunie “comrades” is besig met n ander agenda. “Mark my words” Die res van die wereld sal nie hierdie twak toelaat nie. Wat is blanke Suid Afrikaners dan anders, as deel van die bevolking? So hoe vat jy die grond wat produktief bewerk word weg, en gee dit aan ander wat nie wil of kan boer nie? Dit maak nie sin nie.

bea ·

Dank almal af wat vir jou werk dan sal ons sien hoe vinnig gaan alles agteruit..dis wat ek doen …sal self my werk by my huis doen !!!!!

Bert ·

Dis wat ek 20 jaar gelede al gedoen het.
My grassnyer hou langer, daar raak niks weg nie, en van die geld wat ek spaar gaan ons elke jaar see toe.

Programmeerder ·

Dit is my werk om sagteware te skryf om robotte te leer om werk te doen wat stakers en milletante vakbondlede nie meer wil doen nie. Hulle gaan honger word soos robotte hulle gaan verplaas. Daarom moet ons almal hard werk en toekomsgerig dink. Berei julself voor vir n digitale era waarin ons beweeg. ANC en EFF, word wakker en spring op die trein van harde werk en tegnologie voor ander lande wat dit doen ons gaan kom oorvat.

Johanna Botha ·

Ek weet nie hoe mens n sinvolle gesprek ooit sal kan he met van die mense daar …dit ontaard in n groot sirkus as jy my vra …en dot is nie snaaks nie want die hele lamd kan val soos zim

Andre ·

Ja, de Klerk en sy gespuis het ons in ‘n liederlike dilemma.

Dissie ·

Nee…. Verwoerd is die sondebok… Hy het die apartheid genoem…

Cherokee ·

Is jy seker jy weet waarvan jy praat? Verwoerd het dit met reg afsonderlike ontwikkeling goenoem. Gertryda sê juis daarbo dat dit gevaarliker is om bietjie te weet as niks.

rollie ·

Afsonderlike ontwikkeling, ha ha. Ontwikkel net die blankes en neem die ander se menseregte weg. Ha, ha, julle apartheids-simpatiseerders is werklik lagwekkend.

ferdi ·

Dit is sedert 1652 die land se geskiedenis nog altyd geveg oor grond dit sal altyd so gaan

Gemsbok ·

Daar is lank reeds voor 1652 oor grond geveg in Suid-Afrika. What het van al die San geword wat rotsgrafures in Natal en die Drakensberge gelaat het? Jy val eenvoudig vir die valse stereotipe dat Europeërs konflik na Suid-Afrika gebring het. So asof hier ‘n paradys van vrede en vooruitgang was.

John ·

… en die dae toe daar werk was… Maar een ding is seker as die witmense die pad vat sal geen een van hierdie sulkes saamgaan nie… die rubberbote sal vol wees en aan die oorkant is reeds genoeg klaagpotte. En al die storieboeke is reeds vol gejok. Die Zimdollar gaan ‘n maatjie kry… die amandla-pond. Almal lief mos die woord ‘triljoen’…

Selfbeskikking ·

Hierdie is n tyd waarin ons nou moet gronduitruilooreenkomste met die regering en buiteland moet doen sodat ons ons eie stuk grond nog kan behou voor ons als verloor.

Reguit ·

Hierdie sinnelose repeterende “selfbeskikking” gebabbel is futiel en infantiel. Tegnies het jy lankal jou land en jou seggenskap verloor – reeds in 1994 – toe die spul linkse wittes met trots alles op ‘n goue skinkbord weggegee het. Verder het jy niks om mee te onderhandel nie – geen weermag, dws geen mag. Jy is ontwapen en in boonop die verre minderheid. So, hou asb op om mense met jou strooi praatjies op te sweep. Dit is futiel en misleidend.

Reguit ·

Jy is klaar omsingel. Mens kan slegs uit ‘n posisie van mag onderhandel. Daardie mag is reeds in 1994 prysgegee. Watter mag het jy? Windbuks? Knipmes?

Eie stuk grond ·

‘Selfbeskikking’; jy sing nou al so lank dieselfde deuntjie, hier, kry vir jou >>> https://www.youtube.com/watch?v=dlTSGGZJyJ0
Registreer gratis op usaf.org.za –
UNITED SOUTHERN AFRICAN FEDERATION
Verenigde Suid Afrikaanse Federasie

Waarvoor ons staan

Eenheid, onafhanklikheid, selfbeskikking en selfregering.

Zero toleransie teen misdaad en dit sluit in alle kriminele oortredings!

Eerlikheid, integriteit en deursigtigheid in elke sektor van regering.

Familie waardes.

snoefie ·

reguit,selfbeskikking wil n volkstaat gaan skep. so dalk is die knipmes n n kettie.
Khanyisile Litchfield-Tshabalala, waar kom die litchfield in jou van vandaan? swart mense het ook huise in ethiopia en noord afrika. so bon voyage.

Jodin ·

Reguit, het jy vergeet dat die Joodse mense uit hulle slegte posisie gekom het? Daar is baie nasies wat in erger situasies was en nou welvarend is.

D. Louw ·

Lees mens op Twitter en Facebook is dit duidelik dat daar ‘n verwagting geskep is dat alle eiendom gevat kan word, Ek lees groepbesprekings van jongmense wat uitsien na die dag wanneer hulle nie meer nodig het om huis- en woonstelhuur te betaal nie. Daar is mense so ver as Ghana en Kenia wat ook beplan om hierheen te kom vir ‘n lappie grond (wat skynbaar kodewoord is vir alle roerende en vaste bates in blanke besit). Dit word ook duidelik dat hulle dit met geweld wil vat, ek dink dit is dalk tyd dat hierdie kwessie ernstige aandag moet kry.

Groottrek2 ·

Daar sê hulle dit vir ons, ons moet europa toe vlug. Ons moet europa dwing om ons terug te vat, massa asiel.

Nog n Koos ·

Wys my die huis wat ek in Europa het, en ek gee jou my huis wat ek hier het verniet.
Indien jy dit nie kan wys nie, reël asseblief vir my dat een van die afrikane in Europa wat n huis daar het, asseblief met my plek ruil hier sodat alle afrikane kan terugkom na hul eie huise (wat hulle hier het).

Daan ·

My voorouers kom uit Frankryk en sal met graagte soontoe gegaan het as ek nie so lief was vir Suid Afrika en sy ryk Afrikaanse kultuur nie. Ek hoop net al die swart mense wat uit Afrika kom, die Negers van Amerika ingesluit. kom dan ook terug hierheen. Dan gaan jy ‘n ding sien!

Johann ·

STICKER op n ISUZU bakkie gelees: “NO BOER… NO PAP”. Min of meer die vlak wat mens met die ongeskoolde massas sal moet kommunikeer…

Johan. H. ·

Bea! dis wat ek gedoen het, werk nou met die minimum personeel , en dit gaan voor die wind, Groete!

Gert ·

Glo my as ek n huis in Europa gehad het was ek lankal daar , maar ek sit vas in n wetteloos Suid Afrika waar n lewe n selfoon werd is .

Adrian ·

Huis in europa waar gesien, ek het net een huis en hard betaal aan dit vir 20 jaar en dit aan die oos rand dit is myne finish en klaar. Kry een ding in jul koppe …. ek is n suid afrikaanse burger, hier gebore hier geregistreer. Enige persoon wat in amerika of europa gebore word is outomaties n burger in daai land ongeag van kleur maar hier in die land word die blanke aanmekaar verwys as n kolonisalis … word wakker ???

Niel ·

Wel hierdie witte het net n huis in SA wat jy NOOIT sal kry nie.

andre ·

Nee.dit is nie fw en sy gespys nie…dit ons almal…gaan boer sonder jou plaas volk…sny jou eie gras.maak jou eie huis skoon…nee wat ons te sleg…te besig om te worry oor aardse goedjies…sport .geld.weelde..en fancy bakkies….behandel jou hond sleg en eendag gn hy jou byt…ps..gn kerk toe en probeer jou weereens oorreed dat jy die edele wyse en reg een is…wit mense vertrap dan wit werkers ter wille van geld…dit is die oordeelsdag wat almal so oor te kere gn

Hendrik ·

En moet Europa dan al die swartmense terugstuur Afrika toe? Dis jammer dat iemand met so min insig ‘n politieke leier is…

Gatvol ·

Dat so ‘n dame so oningelig is, en wragtig op ‘n verhoog toegelaat word???!!!!
Eerstens is ons langer in die suidpunt van Afrika as enige swart mede burger.
Tweedens het ons GEEN ander huis NÊRENS!!!
Ek gaan ‘n deal aan met die hele EFF en Ramaphosa se maters:
Kry AL die swart Amerikaners om terug te kom na Afrika..(hulle praat met soveel lof van hulle ‘Mother Land…)…
Laat alle wit Australiërs, en die Kiwis die stukke land wat hùlle van hulle inheemse maters gevat het, teruggee, stuur alle wit Amerikaners terug Europa toe…
Want die Hemelse Vader weet…. ONS IS LANGER IN HIERDIE LAND AS ENIGE WIT AMERIKANER, AUSTRALIER, of KIWI!!!
Hoekom moet NET ons altyd daarop gewys word ons moet uit???
As jy dit nie kan regkry,
Mr Ramaphosa… reel JY asseblief, dat ALLE wit Suid Afrikaners terug Europa toe
gaan… dan is Afrika mos swart soos julle dit wil hê??
Dan sal geen witmens julle ooit weer pla of help nie!!
Julle moet eerder bekommerd wees oor al die onopgevoede siek buitelanders wat hierdie land binnestroom as die handjievol wittes wat belasting betaal en julle almal se kospotte, ten spyte van alles, aan die kook hou!!!
Wees eerder dankbaar vir elke witmens in hierdie land, want sien….ONS DRA JULLE AL VIR JAAAAARE!!!!?

Reguit ·

Mooi gestel. Net jammer oor daai groot fout wat die wittes gemaak het, naamlik “DRA AL VIR JAAAAARE”.

Joshua ·

n Klomp idiotiese en tragiese narre wat help om hierdie land op te neuk.

Pieter ·

Ek het 3 karre en 2 huise, als klaar betaal,het n wit vel en nie skaam daaroor.

Jannie ·

Ons het probleme daar kan nie met sulke mense geredeneer word nie hulle sus hul gewete dat hulle reg is en niemand gaan hulle anders oortuig nie. Hulle is ongelukkig die meerderheid en oningelig.

LHS ·

Dit is die jaar 200 n.C. Suid van die ewenaar in Afrika is die enigste lewe behalwe diere en plante, klein groepe rondtrekkende mense, jag alleenlik diere vir vleis en versamel wilde vrugte en ander eetbare plante. Dan skielik word hulle vreedsame leefstyl bedreig en drasties verander vanaf ongeveer 300 n.C. Swart stamme uit wes- en sentraal Afrika begin suidwaarts aftrek opsoek na landbou grond om gewasse te kan plant en weiding vir hulle beeste, asook ystererts. Veral aan die Ooskus, suidwaarts. Van die oorspronklike bewoners begin vir die swartboere werk vir beeste as vergoeding. Verdeeldheid vind plaas, die San bly jagter versamelaars, die Khoi begin met beeste boer maar bly steeds versamelaars. Hoe meer swart boere suidwaarts aftrek, hoe verder word die Khoi weggedryf.
As ek Europa toe gaan, gaan jy terug Wes Afrika toe, Nigerie se kant toe, daar is jou huis.

Reguit ·

Baie wittes slaap nog. Die wittes van Azanië gaan op die harde manier leer.

Johann ·

So much for DEBATEER!!! Die ANC en EFF en BFLF anargie strategie. Skree en intimideer en dwing hulle eie “feite” af GEEN gesprek, logika,. So ek neem aan dat ek my volle reg en die van my gesin mag en sal gebruik sou my regte van en vir die beskerming van MY eiemdom bedreig word.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis nogal teleurstellend hoeveel mense hier reageer asof hulle enige bestaansreg het in die nuwe Suid Afrika….en bly praat van “ons” land? Dis nie meer “julle land” nie…..julle, en julle bleskop liegbek president het dit weggegee, afgeteken, verkwansel, opgegee…..aan die swart meerderheid. Hulle kan nou maak wat hulle wil, op verhoë van hulle keuse, so rassisties en aanmatigend as wat hulle moontlik kan…..en NIEMAND gaan enige iets daaraan doen nie. Dit is waarteen ons gewaarsku het……maar afgemaak is as onpatriotiese, verregse, verkrampte idiote wat NIE die wonderlike “potensiaal” van die swart onderdrukte meerderheid raaksien nie, en bedreig voel deur hulle vermoëns en produktiwiteit. Hahahahahahahaaa……en nou? Het die “reënboog” nou verdamp?

Lana ·

Gemaskerde Sopbeen, jy is besig om erg te veralgemeen.
Belangrikste nuus wat ek egter vir jou het, is die feit dat ek WEL ‘n bestaansreg het in SA en ek eiendom hier het – solank as wat God dit aan my toevertrou.

Reguit ·

Presies. Net so, Mnr Sopbeen. Daar gaan altyd diegene wees wat dit wil ontken. Maar hulle gaan dit wel op die harde manier uitvind, of hulle wil of nie.

Jean ·

Ek is net bitter dat so baie van die liberaliste wat so aangegaan het oor die nuwe Suid Afrika, nou in die buiteland sit. Ek hoop dat die gevolge van hulle aksies een dag gaan opvang met hulle. Niemand verdien die hel wat ons voorland is, meer as hulle nie.

Reguit ·

Hierdie tipe optrede is maar net een van die vele rigtingwysers wat nog vir die wittes in SA voorlê.

Anthony ·

Hierdie chaos by die debat te Unisa ís mos nou klinkklare bewys dat jy NIE met hierdie spul kan redeneer. Hul stel nie belang in enige vorm van debat rondom die grondkwessie. Hul is van mening dat hul REG is en gaan nog hierdie land tot stilstand ruk indien daar nie aan hul eise voldoen word. Ek kan nie insien dat die situasie enigsins kan verbeter. Dis nou afdraende al die pad. Of hul na dese gaan swaarkry pla hul ook nie, want ten minste sal die wit man weg wees!

Boerseun ·

Wat daar gebeur het is verstaanbaar. Dat daar nog liberale is wat dink jy kan en moet aan so debat deel neem is wat verstommend is. Ek onthou hoe n klomp hier op maroela gal gebraak het oor die verkrampte regstes wat nie wil deel neem nie.

Ina ·

…tensy God ingryp.

By Bloedrivier was Hy die enigste Hoop van ons vaders. En Hy was genadig. Sy lig kon Suider-Afrika instroom. Hoe lyk ons harte vandag? Dalk vol hoop op my beroep, my bankrekening, my eiendom, my voertuie, my invloed, my verstand, my planne, my wapens … en… en… en… Maar geen eiendom, geld, invloed of wapentuig kan ons help in die dag van onheil nie. Slegs die almagtige God van hemel en aarde. Laat ons leer by ons vader Sarel Cilliers en die manne wat saam met hom gestaan het. Laat ons ons harte gereed kry en ons oë en ons hoop op God alleen vestig. Laat ons seker maak ons staan wel deeglik onder Sy gesag. Want Hy alleen kán.

Jo ·

Het jy dit al ooit oorweeg dat dit God is wat hierdie onheil in die eerste plek oor ons gebring het? En die redes daarvoor? Of beperk jy Sy almag net tot ‘n superman figuur wat jou moet kom red as jy drooggemaak het? God het dit gedoen…

t ·

@Jo – Jy is heeltemal reg. Omdat ons so vêr van Hom afgedwaal het sal dit ons oorkom. Wie van ons bid nog? Vra nog “Verlos on van die bose”? Die bose is daar, jy moet aktief Sy genade en beskerming afbid. As jy dit nie doen nie het jy dus nie Sy hulp nodig nie en is jy op jou eie. ‘n Bitter slegte plek om te wees.

Reguit ·

“Jo” en “t” hierbo is in die kol. Die kerk christene en “mighty men” glo steeds dat God nie hulle liberale dade en denke sal straf nie. Hy sal, en Hy doen, en die voltrekking van Sy strafgerig is nog nie volbring nie. Dit kom nog.

Dissie ·

Dalk is die uitweg nie om jou mense af te dank nie, dalk is die uitweg om hulle in te lig. Onthou, jy is die gesig van die Afrikaner vir jou mense wat by jou werk. Benader jy hulle met naaste liefde en behandel hulle soos ordenlike mense, werknemers, soos jy ander ook behandel? Of kyk jy neer op hulle uit die “hoogte”? Vra jouself die vraag: Sal ek saam my werknemers in die kerk sit?
As jou antwoord is “Nee” of jy weet nie wat om te sê nie, is jy deel van die probleem.
Pride is concerned with who is right. Humility is concerned with what is right.
Ezra Taft Benson

Bosveldknap ·

Ek is ook by die LDS jou benadring sal ongelukig nie help nie die wansinge hordes is klaar te ver gebreinspoel dat jy n verskil so kan maak …

Reguit ·

Dissie, mens behoort ALTYD jou werkers met kalmte, respek en vriendelikheid te behandel, en mens hou ALTYD jou eie kant skoon. Of hulle jou naaste is of nie jou naaste is nie, is irrelevant. Werkers word primêr in diens geneem suiwer om ekonomiese redes (noodsaaklikheid, goedkoopste arbeid teenoor die nodigste en relevante kwalifikasies, ensovoorts) en werkers se godsdiens het zero met die saak uit te waai. Sy godsdiens is sy saak, en my godsdiens is my saak. En dit alles het regtig niks met jou (derde persoon) te make nie.

Dissie ·

Ag ou Reguit… Jy mis duidelik die punt… Dit gaan oor hoogmoed, my maat, nie oor godsdiens nie. Die kerk was maar net ‘n metafoor… Ek sien daagliks hoe mense hul werknemers sonder die nodige respek hanteer. Ek het ook mense in my diens… vir ekonomiese redes. Ek sal hulle met my lewe vertrou. As almal saamstaan en net saam werk en saam inlig, kan ons reeds ‘n groot verskil maak…

outop ·

Al wat hulle by my sal kan “vat” sal ‘n uitgebrande murasie wees.

Mynhardt ·

Dit is absurd. Soos om te sê elke swarte het ’n huis na die noorde van Suid-Afrika.

Wim Kotze ·

Jy ‘s reg Mynhardt, dit is ‘ growwe veralgemening. Baie swartes het benewens hulle HOP huisies ook ‘n lappie grond wat hulle hoofmanne in trust hou. Sommige van hulle se lappie grond is egter in Mosambiek, Zimbabwe, ens.

Foxterrier ·

As dit so gaan in die begin stadium van die besprekings sal daar nooit ooreengekom kan word oor die grondhervormingskwessie nie.
Die ideale en menings van die verskillende groepe is te uiteenlopend en die beste van alles groepe soos die eff en blf wil die grond he maar hulle weet nie wat om daarmee te doen nie daar is geen plan nie
Dit is soos n foxterier wat n bus jaag as hy hom ingehaal het weet hy nie wat om met die bus te doen nie. Ek het n rukkie terug op news 24 gelees wat die eff gese het wat hulle planne is met die grond. Dit is belaglik ..onuitvoerbaar ….kommunisme niks anders nie

Hendrik ·

Baie mense het dit in hul agterkop dat hierdie grondgryp sonder vergoeding nie kan gebeur nie. Dit kan gebeur en dit het al gebeur en dit is hoekom ons alle wee moet gebruik om dit te keer. Die meerderheid in die demokrasie reken dat dit goed is en in demokrastiese reels sal dit dan gebeur. DIt is tyd dat daar regtig geprotesteer word teen hierdie en die enigste belasting betaling wat nig weerhou kan word is munisipale belasting. Die res van die belastings is almal geoutomatiseer en het jy nie ‘n keuse nie. Tyd om te begin?

Casper Labuschagne ·

Nou gil hulle nog op mekaar. Eendag sit iemand ‘n AK-47 (wat elders in Afrika vir ‘n goedkoper prys gekoop kan word as ‘n brood) in daardie persoon se hande en dan vloei die bloed. Jy kan net ‘n toekoms bou met redelike mense wat na ‘n teenargument sal luister. Die ekstreme retoriek aan die linkerkant het nou die retoriek van die hoofstroom geword, en dit is hoe ‘n totalitêre bewind gevorm word.

Nel ·

Dis die Blanke bevolking wat nog die RSA-skippie op die waters hou. Neem nou maar al die jammer-kry-aksies wat jaarliks miljoene rande vir armoedverligting gee, wie is hulle? Dit is MEESTAL organisasies wat deur blankes gedryf word. Maar dit tel mos nie, nee kom ons byt eerder die hand wat ons voed/help want dis mos meesal ‘n wit hand.

humor ·

n Nare tragedie is besig om dag na dag af te speel. Die huidige regering is vol oningeligdes en wat weier om ingelig te wees. Hoe kan daar op hierdie vlak sinvol gedebateer word.

Liberalis ·

Gemaskerde sopbeen is reg. Julle het geluister en geval vir die liberales se leuns, net soos europa nou doen. Julle afrikaners se einde het gekom as gevolg daarvan, julle het als net weggegee. Julle luister steeds na radiostasies wat julle verneder. Julle koop steeds tydskrifte en kyk kanale van n mediahuis wat julle vernietig. Julle dien steeds julle rugbygod wat jul ondergang beteken het. Nou moet hulle lei vir hierdie sondes.

Lana ·

“Liberalis”, jy doen dieselfde as “Gemaskerde Sopbeen”. (Seker omdat julle nie name het nie). Julle veralgemeen!!

Liberaal ·

Ons moet nie aan die verlede dink nie. Ons was belowe dat ons taal en identiteit nie vernietig gaan word nie en dat ons nie vervolg sal word oor die verlede nie. Al was die belofte vals moet ons nie dit opbring of bevraagteken nie. Ons moet dit net aanvaar dat die lewe onregverdig is.

Penellope Jones ·

Niks sal aanvaarbaar wees vir hierdie klomp nie.
Hulle wil alles he, maar wil vir niks werk nie, dink alles kom hulle outomaties toe.
Sou “alles” in hul skote beland, sal dit wees soos die klein hondjie wat toe wel die groot bus gevang het.

Ben ·

Al die kommentare hierbo, is op ‘n manier verteenwoordigend van die algemene gevoel onder blankes. Maak jy ‘n opsomming van wat gesê word, kan jy sien dat die skrif aan die muur is. Dit is nie meer of dit gaan gebeur nie, maar hoe en wanneer. Ons weet almal dat wanneer dit begin, gaan dit nie net by grond bly nie. Die stem van redelikheid word al hoe sagter. Mense sal dringend moet besin hoe hulle hierdie ding gaan bestuur.

Vlug ·

Dit is waarom ons moet gereed maak om in massas te vlug en asiel te kry vir almal wat wil oorgaan, bejaardes en ongegradueerdes ingesluit.

Nederlander ·

Hier in Nederland het hulle n aksie opgerig vir die insameling van geld aan swart kinders vir die koop van kos en medisyne.
Maar wat my nou opval aan die aksie wat daagliks op televisie vertoon word is dat alleenlik swart kinders getoon word maar geen blanke kinders wat ook hulp nodig het nie, en dan te se alle kinders is ons kinders.
Hier woon baie swart mense uit heel Afrika en hulle word gehelp op alle vlakke, n huis word hulle toegewys, medies gebied word hulle bygestaan en al hul kinders wat hulle het word kinderbyslag uitbetaal.

hulle woon in huise gebou in 2015 en ten volle ingerig.
Hulle word gehelp om werk te soek en kry by voorkeur altyd die werk waar n witman met diplomas nie aangeneem word nie.
Jaarliks imigreer honderde wit Nederlanders na ander lande , hele gesinne en families.
Daar word verwag dat die swart en bruin mense integreer in n land waar hulle wil woon maar die witman moet homself aanpas in sy eie land. en as jy dit nie doen nie dan diskrimineer jy.

Ons moet eis om teruggevat te word ·

Nederland het ons hier laat beland en het hul rykdom op mense soos ons gebou. Hulle MOET ons terugvat.

Reguit ·

Hallo Jodin hierbo. Ek wil jou graag antwoord. Met respek, die Jode het die Rothschilds (sekerlik die rykste Joodse Bankier Familie in die wêreld) wat hulle gehelp het, deur hulle land en onafhanklikheid te finansier. Gaan lees maar o.a. die Balfour Declaration (1917). Verder was daar die Engelse-Joodse Elite soos Abaraham Benisch wat organisasies soos die AJA (Anglo Jewish Association) gestig het; alles befonds deur die Rothschild Bankiers. Daarteenoor was die Afrikaner gesien as vyande. Want in 1888 het die Jood Cecil John Rhodes met sy Joodse aandelemakelaar-vriend Alfred Beit en die bekende Londonse Joodse Bankiers genaamd Nathaniël Rothchild & Sons saamgewerk om die totale mynbedryf in o.a. die hele Kimberley area uit te koop. Die uiteinde hiervan was die bekende De Beers maatskappy. So het Rhodes oornag beheer van SA se ekonomie verkry, en om hierdie rede het Rhodes & Rothschild die Engelse gefinansier – TEEN die Boere in die Boere Oorloë. Daarna was dit die Joodse Oppenheimers. So, daar het jy dit. Die Boere/Afrikaners het geen land, bank of mens wat hulle gaan help, finansier of bewapen nie. Inteendeel. Die Boere/Afrikaner word steeds as vyand beskou.

Vlug ·

Dit is waarom ons moet gereed maak om in massas te vlug en asiel te kry vir almal wat wil oorgaan, bejaardes en ongegradueerdes ingesluit.

Gm ·

En julle het n huis in diepe Afrika nie aan die Suide van Afrika nie. Hoekom gebruik jul dit nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.