Vonke spat by debat oor grondhervorming sonder vergoeding

Argieffoto

Lede van die gehoor het Maandagaand tydens ʼn debat oor grondhervorming sonder vergoeding by Unisa in Pretoria vurig van die sprekers verskil. Verteenwoordigers van verskillende politieke partye sowel as akademici het aan die debat deelgeneem.

Oproeriges in die gehoor het egter die sprekers wat nie die ideologieë van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) oor die saak deel nie afgejak en beledigings toegesnou.

Mosiuoa Lekota, leier van die Congress of the People (Cope), is tydens sy toespraak as ʼn “hensopper” uitgekryt.

“Dit is maklik om ons lafaards te noem. Dit is maklik om ons te beskuldig as julle nie weet hoe ons hier gekom het nie,” het Lekota gesê voordat hy die verhoog verlaat het.

Ronald Lamola, uitvoerende komiteelid van die ANC en voormalige adjunkpresident van die ANC-jeugliga, is ná skaars vyf minute op die podium uitgejou en verhoed om verder te praat.

Kort daarna het ANC-lede protesliedere begin sing, waarna die verrigtinge tydelik vertraag is. ANC- en EFF-lede het mekaar daarna in die gehoor begin uitjou.

Nadat die verrigtinge weer hervat is, het Andile Mngxitama, die leier van die Black First Land (BLF)-beweging, sy toespraak sonder enige ontwrigting gelewer.

“Toe die wittes die grond tydens die apartheidsregime gevat het, het hulle dit onder geen vorm van ʼn wet gedoen nie. Dit behoort so te wees dat ons as swart Afrikane saamstaan en vat wat aan ons behoort,” het hy gesê.

Khanyisile Litchfield-Tshabalala, voormalige EFF-parlementslid, is ook een van die min sprekers wat nie onderbreek is nie.

“Wittes is die toppunt van bedorwenheid. Hoekom moet ons kolonialiste enigsins vergoed. Hoekom loop ons op ons tone tussen wittes. Wittes het ʼn huis in Europa, hoekom gebruik hulle dit nie,” wou sy weet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

87 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wonder Maar Net?

Ek wonder nou. Waar die duiwel is my huis in Europa?
Ek is nou die 5de geslag van my familie in Suid Afrika.
As ek kon sou ek beslis getrek het, maar ek is heeltemal te lief vir Afrika en sy sonskyn.

Getryda

Dis gevaarlike om bietjie te weet as niks

AD

Tyd raak min. Binne kort gaan die lae IK volgelinge net alles orals begin vat. Todat daar niks is en oor is wat bruikbaar is nie.

Dan le almal in die straat en verlang na die dae toe daar nog iets soos produkte op rakke was.

Hennie

Hoe Moet mens n intelligente debat of gesprek met mense probeer voer wat jou verskree, geraas maak of in die rede val? Die wat niks weet het altyd baie te sê, en die wat baie weet bly stil. Ek sal ook graag wil weet waar die stawende bewyse is van al hierdie grond wat die witmense onregmatig gevat het. Hulle laat dit klink of dit 80% van die land se grondoppervlak gaan wees, maar in realiteit is dit waarskynlik Nader aan 5%. Deesdae is opinies wat geskree word met meer gewig oorweeg as feite wat neergeskryf is. Hulle moet bekend… Lees meer »

Knaag

Dis nog steeds nie vir my duidelik of daar enige wit deelnemers aan die debat deelgeneem het of teenwoordig was nie. Klink of daar slegs swart mense “debatteer” het oor blanke grond; dus geen debat.