Vonke spat by grondverhore

Andile Mngxitama by die grondverhoor Woensdag. Foto: ANA.

Die spanning onderliggend aan die gronddebat en die konsep van onteiening sonder vergoeding het Woensdag in die parlement na die oppervlak geborrel toe mense twee keer hul humeure verloor het.

In albei gevalle was die EFF betrokke. In die eerste geval het AgriSA se adjunk-hoofbeampte, Christo van der Rheede, warm onder die kraag geraak vir hulle. In die tweede geval het die EFF in belang van die Orania Beweging ingegryp teen Black First, Land First.

AgriSA se Van der Rheede en Annalize Crosby het in hul voorlegging voorgestel dat die Grondwet nie verander word nie. Hulle het verskeie belewingswerklikhede oor kommersiële landbou gedeel, en ook die onregverdigheid van grondbesit uit die vorige stelsel erken.

Die organisasie se rustige en deurdagte standpunte en hul omvattende statistiek was een te veel vir die EFF-LP Tebogo Mokwele, wat aanhou vra het waarom onteiening met vergoeding moet geskied as grond in die verlede sonder vergoeding, maar met geweld van swart mense afgevat is.

Nadat Mokwele haar punt verskeie kere luidrugtig herhaal het, het Van der Rheede haar kaalkop vertel hoe die vurk in die hef steek – daar kom ’n tyd dat jy nie net die heeltyd by die verlede vashaak nie; jy moet aan die toekoms ook dink, en aan die werklikhede vir armes as voedselpryse onbeheerbaar die hoogte inskiet omdat Suid-Afrika sy voedselsekerheid inboet en ’n deurgaanse netto-invoerder van kos word.

Die voorsitter van die ad hoc-komitee, die joviale ANC-LP Lewis Ndzimande, het omtrent sy hande vol gehad om Mokwele – wat meer bekend is in die parlement om haar uitgesprokenheid as haar goeie maniere – in bedwang te bring.

Maar dit was nog niks teen die drama wat voorgelê het toe wie ook al besluit het om die Orania Beweging en die drukgroep Black First Land First direk na mekaar te skeduleer, se stommiteit na vore gebring is nie.

Hoewel hulle basies dieselfde doelwit het (onteiening sonder vergoeding) is daar ’n openlike vyandigheid tussen die EFF en Black First Land First – miskien omdat Black First Land First se leier, Andile Mngxitama, eens op ’n tyd ’n EFF-LP was, maar toe daar weg is met ’n groot gedruis en vele onbewese wedersydse beskuldigings tussen hom en die EFF-leierskapskorps.

Wie sou nou ooit kon dink dat daardie tweespalt tot Orania se voordeel kon uitspeel? Maar dit het.

In ’n tipies vurige voorlegging het Mngxitama gesê die sentrale probleem is dat “wit mense swart mense se grond gesteel het”, en dat “geen wit mense – van Orania of elders – die reg het op grond nie”.

Mngxitama het voortgegaan deur te beweer sy organisasie sal grond met geweld afneem en dat die Amerikaanse president, Donald Trump, die vader van die burgerregtegroep Afriforum – wie se voorlegging vandag aan die beurt kom – is.

Mngxitama het homself teen die Grondwet uitgespreek.

Die groot drama het na afloop van sy voorlegging gekom, toe die Orania Beweging se Carel Boshoff IV sy plek gaan inneem het en Mngxitama daardie einste stoel moes ontruim.

Die Black First Land First-afvaardiging het gedreunsing “Phantsi, Orania, Phantsi!” (weg met Orania, of letterlik ondertoe met Orania) en hulle wou nie die lokaal verlaat nie.

Toe het Floyd Shivambu, onderleier van die EFF, ingegryp en aangedring dat Orania die kans moet kry om hul saak te stel. Black First Land First het toe op Shivambu begin skel en is uiteindelik by die saal uitgeforseer, onder meer deur die ANC-LP Loyiso Mpumlwana.

Met die orde herstel, het Boshoff op sy deurdagte en besadigde wyse daarop aangedring dat ’n algemeen aanvaarbare en gebalanseerde oplossing wat vir alle groepe aanvaarbaar sal wees, gevind moet word. Dit sou nie insluit dat die Grondwet verander moet word nie.

Jaco Schoeman, voorsitter van die Afrikanerbond, het toegegee dat wit mense gebaat het by apartheid – hyself persoonlik ook. Hy het gevra dat die kwessie nie in ‘n verkiesingsjaar op die spits gedryf word nie.

Dr. Marc Wegerif van die Universiteit van Pretoria het by ander akademici aangesluit deur daarop aan te dring dat ‘n formule vir wanneer en hoe vergoeding uitbetaal word – en wanneer nie – gevind moet word eerder as om bloot onteiening sonder vergoeding goed te keur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Charles ·

Die mense wil nie onderhandel nie, ek hoop en bid julle wil dit besef.

Netso ·

Soos ek al hoeveel keer gesien het en van die begin af gesê het! Die oomblik as jy as minderheid dink jy onderhandel het jy reeds verloor!

Hanna Hoekom ·

Fyn lyn tussen versoening en vergelding… En die onbeskofte klomp stel net in laasgenoemde belang!

JY IS REG ·

Hanna. Jy is heeltemal reg. Hulle is daarop uit om die blankes te straf. Grond te vat. Maak nie saak wat met die ekonomie gaan gebeur. Worry nie. Ek sê weer. Hulle moet die blankes straf : Straf blankes met apartheid…Sit die blankes in aparte skole, aparte woonbuurte, aparte sport fasiliteite, aparte springbok span ..net vir blankes. Laat die blankes voel hoe erg is apartheid.

Ronel ·

@Jy is reg. Jy is doodreg. Ons het nou die aand dieselfde gesprek gehad. Deel SA in 2 en bou ‘n muur. Jip Donald Trump style.. Laat die wat land soek eerste ‘n kant kies. Oos of Wes. Kies. Ons vat die ander kant. Oos kom nie by wes nie en wes kom nie by oos nie. Punt. Oor 10 jaar kyk ons weer hoe lyk wat. Maar as jy moet trek, wat jy alles wat jy het. Ek reken die wat kan kies sal Oos kies van die muur vir obvious redes, maar om op te staan uit die stof, het niemand nog ooit gekeer nie, of het dit?

John ·

Die storie van kolonialisme is al holruggery want in 1652 was hier nie ‘n swart land wat met mag deur Europeers afgeneem is nie. Hier het vir feitlik 150 jaar niks aangegaan wat nie deur witmense gedoen is nie waarna Afrokane uit die noorde suid beweeg het en meer wit mense van verder noord wat nou Europa heet, alles een stuk aarde. Baie Afrokane se voorsate wat nou in die parlement skreeu kom van baie ver noord. Eintlik is dit bloot aanwas en getalle en ‘n magstryd wat nou geld en vir Agri om namens almal te wil praat en nou weer ‘n U-draai maak, het baie gevaarlik infame leuens ingebou. Dit het ‘n DKM- gekruide botoon wat nou tot in Sjina strek as die waarheid wat CR oor mikrofone uitsaai. Dit gaan ons duur bekom. Nie alle Afrikaners het hul naaste se belange vooropgestel nie.

Stuiwer ·

Toe Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het, was hier slegs koi-san gewees. Geen van hulle nasate gaan nou so tekere oor grond nie. Makes you think, doesn’t it.

Cherokee ·

As ek ook ‘n stuiwer in die armbeurs kan gooi, die laaste sin in jou kommentaar klink uiters geleerd. Dit maak indruk. Dankie daarvoor.

Herman ·

En ongelukkig begin die arm massas hulle al meer glo dat die witman die wolf in die verhaal is.
Hier is geen vooruitgaan nie, net afbreek en ellende wat wag – net soos dit Afrika se skoen pas.

Trisha ·

Snaaks hoe God mens beskerm. Wou in Orania gaan woon maar dit was net te duur vir my as jong mens en ek het geworstel daarmee. Nou is ek half bly dit het so uitgewerk.

Werner ·

Wonder of deurmekaar Agri vir ons bewyse kan gee vd onregverdige grondbesit vd verlede julle het nie die boere se mandaat om oor ons grond te onderhandel nie glo nie meer julle het meer lede oor na van Zyl se manewales nie ons stel ook nie belang in onderhandelinge nie kom vat ons grond dan sal jy sien dit dit nie in jou broek nie

Thinus ·

Werner, jy is 100% reg. Van ons eie mense is net so n gevaar vir ons soos BLF, EFF. Ek weet nie hoekom ondersteun ons boere en landbou verenigings nog Agri SA nie.

Johnnie ·

Die vorige eerste minister van zimbabwe Ian Smith het destyds gese dat zimbabwe se val is hard maar suid afrika gaan ook val en sy van gaan 10 keer erger wees as zimbabwe sin en hier is dit nou oppad met die grond onteiening. Hoor wat ek vandag vir die boerevolk wil se maak julle oe oop ons het nerens heen om te gaan nie.

Cherokee ·

Johnnie, sê asseblief aan die gehoor wat die boerevolk moet doen nadat ‘oë oopgemaak is’.

Koi San?? ·

Andile beweer hy is ‘n Koi San. Weet iemand dalk van watter stam hy is?

Ja ne ·

Ek het n voeltjie hoor fluit dat dit die xiexomxax stam was

Thinus ·

Agri SA wil te polities korrek probeer wees, daarom verteenwoordig hulle my nie. Hulle het nie ruggraat om die fight verder te vat nie. Stem maar al te graag saam met die ANC. .

skerfies ·

ag andile jy het seker al die bewyse van gronddiefstal deur blankes. gaan kla elke dief persoonlik aan. dan maak jy jou land van herkoms bekend en lê jou bewyse van eiendomsreg op jou voorvaders se grond voor.

Ruan ·

Dit is gewoonlik die liberales wat hulle eie volk uitverkoop om witvoetjie by die ANC te soek. Die jingos of die verengelsde boere wat ons so in die rug steek. Hulle is die eerstes wat gaan brand in die vuur waarmee hulle besig is om te speel.

Frans C ·

‘n Halwe waarheid is soms erger as ‘n leuen.Ja witmense besit grond,maar nie 70% van die land nie.Witmense besit 70% van privaat grond en dit is ongeveer 21% van die totale oppervlakte van Suid Afrika.
Anders om gestel.79% van Suid Afrika se totale oppervlakte behoort aan swart mense en regeringsinstansies en van privaatgrondbesit is 28 % in die hande van swart en ander mense.
Die oplossing lê dus daarin nie om witmense se privaat grondbesit te verminder nie,maar om swart en ander se aandeel te verhoog deur as ‘n begin grond in staatsbesit veral die ongeveer 4000 plase te privatiseer.

Maar dit is nie wat die ANC en sy volgelinge wil hë nie want hul is Vryheidsmanifes en nie grondwet gebonde nie,want in die Vryheidsmanifes bestaan privaat besit,die bousteen van ‘n demokratiese bestel nie.

Hendrik ·

Die BLF bestaan omtrent net uit 8 lede en die media het soos met die EFF hulle bo normale blootstelling gegee. Hierdie ouens moes al lankal agter tralies gesit a.g. van hulle dade tydens optogte en hul rassistiese uitprake. Ek weet nie hoekom hulle enige voorlegging gegee het in die parlement oor grondsake. As die BLF toegelaat was om ‘n voorlegging kon doen moes die plaaslike vroueverening ook toegelaat word. Alles is regtig skeefgetrek in hierdie grondkwessie en dit is die lliberale nuusmedia wat die oorsaak is daarvan.

Casper Labuschagne ·

@Hendrik, die BFLF kan soms ‘n paar honderd na hul betogings trek. Wat verseker is, is dat hulle klaarblyklik goed befonds is. Wat ons nie moet vergeet nie, is dat die oogmerke van die BFLF asook die EFF ook dieselfde oogmerke van die linkervleuel van die ANC is. Die verskille tussen die ANC-EFF-BFLF het alles te doen met die persoonlikehid van die EFF leier, Julius Malema en nie soseer met ideologie nie.

Op die oomblik pas dit vir die ANC om die rol te speel van ‘n behoudende bemiddelaar wat ‘n sentrale posisie inneem sodat die ekonomie nie geskaad word nie. Dit terwyl die stemme van links buite die ANC, die eintlike ANC beleid is en die ANC kan dus nou toegee op populistiese druk van links sonder om self die skuld te kry vir die beleid. Ons moet op die ANC fokus, maar nie op wat die ANC sê nie, maar op wat die ANC doen.

Die eintlike probleem met die BFLF asook die EFF is dat alhoewel hulle klein partye is, gooi hulle ‘n skadu wat val oor tientalle miljoene. Ek probeer om te volg wat Malema sê, gevolglik kyk ek oorsigtelik na sy toesprake op YouTube en kon ‘n verandering waarneem in die EFF ondersteuners. Waar dit eens uitsluitlik jong radikale was, sit daar nou groot getalle ouer persone in Malema se gehoor, fabriekswerkers en huiswerkers. En ek raai hulle het in die verlede ANC gestem?

Jerry ·

Kom ons bewys onsself n moewiese guns. Ons fokus net op ons eie voorleggings en behoeftes en wetstoepassing en ignoreer die anargistiese toneelspelery van die EFF en BLF. Ons kan ons aan hulle steur as die skote eenda begin klap. Tot dan is hulle die ANC, wetstoepassers en beleggers se probleem. Hulle het n probleem en ons moet nie toelaat dat hulle, hulle probleem ons probleem maak nie!

Andrew ·

Miskien moet iemand net sê hoeveel honderd vierkante kilometer het elke swart inwoner in 1652 beset, en besit.

Hendrik 2 ·

Onthou julle so 20jr terug was Agri SA ook voor in die koor met die 20% grond oordrag wat toe voorgestel is. Na al die tyd het hulle nog nie die swart man van Afrika leer ken nie. Skuif heeltyd die doelpale. Agri SA praat slegs namens ‘n paar mega boere wat hulself wil veskans. Daars net een organisasie wat nog geen duim teruggestaan het oor die grond kwessie nie. TLU SA. Maar daar is steeds boere wat apaties staan en toekyk hoe ander sy probleem moet aanspreek. Molon labé.

Stuiwer ·

As Ramaphosa dink dat hierdie onteiening van grond, sonder vergoeding, nie ‘n impak op die ekonomie gaan hê nie, moet hy weer dink. Die ekonomie is al reeds in ‘n negatiewe fase, omdat hierdie landkwessie aanmekaar op die voorgrond kom. Ramaphosa moet wakker skrik. Niemand glo hom meer nie (miskien net sy “volgelinge”).

HOOR HOOR ·

Stuiwer. Jy praat baie waar. Nou hoor ek Ramaphosa sê die negatiewe fase is die landbou se skuld…laat reen en laat oeste. Praat niks van sy beleid om grond te vat sonder vergoeding

Afrikaanse Knaap ·

Die vrede en versoen projek het duidelik misluk. Ons enigeste uitweg is af sny van Suid-Afrika en ons eie Afrikaner Volkstaat stig. Elke haan wil koning kraai oor sy eie mishoop.

Casper Labuschagne ·

Die misdadige booswig op straat en die radikale swart nasionaliste deel die oortuiging dat die welvaart van die wit minderheid weggeneem moet word deur onteiening van hul eiendom sonder vergoeding. Die verskil is dat die swart nasionaliste dit op ‘n wettige wyse wil doen deur die beskerming van eiendomsreg uit die grondwet te verwyder.

DIe enigste verskil tussen die ANC, EFF en BFLF is die tydsberekening en of alle eiendom dadelik in staatsbesit moet kom of nie. Alhoewel kollektiewe eienaarskap die grondslag van al drie bewegings is, wil die ANC onteiening stelselmatig en oor ‘n langer tyd toepas, die EFF en BFLF wil onteiening onmiddelik toepas maar slegs die EFF is ernstig daaroor dat alle eiendom ook oombliklik aan die staat moet behoort.

Met ander woorde oor die graf van die wit minderheid is daar geen dispuut nie, maar daar is ‘n twis oor hoe vinnig die graf gegrawe moet word en of ‘n doodskis asook grafsteen regverdigbaar is, of nie. Maar wat die swart nasionaliste nie oor twis het nie, is dat die teregstelling sal kom.

Derf ·

So, hierdie mense het nie eiendom. Daar is net soveel grond in SA. Dit gaan of op grond gryp manier of Tax almal (wit) betaald voor wees. Ongeag, die wanbalans gaan ‘n oplossing noodsaak. Dis maar net die natuurlike resultaat as jy alle mense in jou grense erken as burgers… klink nie of dit te slegte ding was om te doen, net jammer almal en sy maat was in die land toegelaat en geen beheer op aanwas was gehandhaaf. Die enigste ding om mee vrede te maak is dat die mense wat ons op hierdie pad gesit het van nie-bestaan, is of dood of een voet kla in die graf.

Dirk ·

Was bevooreg om gisteraand na Prof. Thule Madonsela te luister oor hoe die konstitusie die ‘expropriation’ klousule beskou en sy het almal verseker dat die hele gedoente nie reg gekommunikeer is deur die regering nie en dat daar politieke agendas agter die kommunikasis is wat ongelukkig nie in die land se belang is nie. Ons konstitusie is baie sterk en elke liewe voorstel moet eers deur die howe goedgekeur word voordat enige veranderinge oorweeg sal word. Moet asb nie ingesuig word deur al die media en geraas nie. Kry die feite en gaan luister na die waarheid voordat enige gerugte en vrees oorneem. Onsekerheid lei tot vrees en dan word liefde uitgewerk..staan vir waarheid en vir geduld…dinge gaan draai…en vir die beter??❤

Darius Els ·

En die “sg” opposisie,DA,is “silence is golden”??
As DA iets wil uitrig moet hulle hul ENIGSTE goeie lid leier maak,Burgemeester H Mashaba ,JHB.
Die res is van DA is clowns.
Terloops,Andile is n Xhosa, nie Khoi of San nie.

Edward ·

Sou die wet op grondvatsonderbetaling deurgevoer word, is daar een ligpunt; indien die ANC oor vyf jaar nog aan bewind is dan kan hulle Julius se plaas vat sonder vergoeding, of as die EFF aan bewind is kan hulle Ramaphosa en Zuma se plase vat sonder vergoeding. As die wet klaar met die witmense afgereken het, dan moet die swartmense onthou daardie wet kan omdraai en swart grondbesitters in die hakskeen byt.

Ben ·

1) Ek verstaan dat volgens die swart kulture van Suid Afrika dat jy slegs iets kan besit as jy dit saam met jou kan neem, so hoe nou met grond? Tegnies kan ‘n mens nie grond besit nie. 2) Wat help dit jy kry grond en jy weet hoe om te boer nie? Nie almal van ons het “Groen vingers nie”. Dit is ‘n God gegewe gawe. 3) Meeste wit mense het ook nie grond nie. 4) Met die Anglo boere oorlog is grond geneem deur die Britse Offisiere en is nooit weer aan hulle regmatige eienaars gegee nie 5) Die swart kulture het meeste “Tribal Grounds” maar bewys asseblief aan ons by wie julle die grond gekoop het, met ander woorde, julle het grond gevat. DIe Aarde behoort aan die skepper en ons almal het reg to ‘n stukkie grond. Agri Suid Afrika, kry julle feite reg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.