‘Vonke spat by Verenigde Nasies’

'n Afvaardiging van Solidariteit by die Verenigde Nasies in Genève, Switzerland. Foto: Solidariteit

‘n Afvaardiging van Solidariteit by die Verenigde Nasies in Genève, Switzerland. Foto: Solidariteit

Volgens die vakbond Solidariteit het gemoedere vandag hoog geloop by die sitting van die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie.

Suid-Afrika se beleid oor regstellende aksie was veral onder die vergrootglas ná Solidariteit se aanbieding vroeër vandeesweek.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, was daar onder meer beskuldigings van die komiteelede dat die Suid-Afrikaanse regering se beleid te rigied is en selfs neerkom op ou-apartheid. “Die Suid-Afrikaanse regering het dit ontken en gesê hy volg nie ʼn kwotastelsel nie. Die regering het Solidariteit daarvan beskuldig dat die gebrek aan vordering onder meer toegeskryf kan word aan Solidariteit se hofsake en die klagtes wat aan die Verenigde Nasies voorgelê is,” sê Hermann.

Die adjunkminister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, John Jeffrey, moes vrae beantwoord na aanleiding van die verslag wat hy gister namens die Suid-Afrikaanse regering aan die komitee voorgelê het. Dié verslag volg op die aanbieding wat Solidariteit en AfriForum Maandag aan die VN-komitee gedoen het oor die Suid-Afrikaanse regering se beleid van rassekwotas in werk en sport.

Volgens Hermann het die komiteelede die regering geroskam omdat sy verslag laat ingedien is en omdat dit oor gebrekkige inligting beskik.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

“Een van die komiteelede en ʼn voormalige voorsitter van die Belgiese konstitusionele hof, Marc Bossuyt, het gister gesê die regering se beleid van regstellende aksie is rigied en die toepassing daarvan in die privaat sektor, ekonomie en sport is absurd. Die gebruik van ras kom neer op ou-apartheid en word nie deur die konvensie beskerm nie,” sê Hermann.

Jeffreys het egter ontken die regering volg ʼn kwotastelsel. Hy het gesê ʼn lang pad lê nog voor en die stadige pas is deels te wyte aan Solidariteit wat hom tot die howe en die Verenigde Nasies wend.

Bossuyt het in reaksie op die minister se antwoord gesê hy kan nie die verskil tussen kwotas en teikens insien nie. Spesiale maatreëls moenie die vorm van omgekeerde rassisme aanneem nie. Volgens hom kan daar nie iets soos goeie rassisme wees nie en mag spesiale maatreëls nie op grond van velkleur toegepas word nie. Hy meen die fokus moet eerder op skole wees, aangesien dit meer voordelig is, al is dit meer uitdagend.

Nog ʼn komiteelid het gesê kwotastelsels is nie goed op die lang termyn nie en ander beleidsrigtings moet oorweeg word.

Renate Barnard en Freddie Engelbrecht by die Verenigde Nasies in Genève, Switserland. Foto: Verskaf

Renate Barnard en Freddie Engelbrecht by die Verenigde Nasies in Genève, Switserland. Foto: Verskaf

Daarby het komiteelede sterk gefokus op opleiding. Die komitee se rapporteur, wat vir Suid-Afrika verantwoordelik is, me. Dah, het gesê Suid-Afrika beskik oor ʼn groot onderwysbegroting. Befondsing is dus nie die probleem nie; daar moet ʼn ander probleem wees.

“Ons vind dit ironies dat die regering Solidariteit se hofsake as weerstand beskou. Die regering is geïrriteerd met die inmenging van die howe in die implementering van sy rassebeleid. Die regering wil nie deur wetgewing gebind word nie. Die Suid-Afrika regering is al verskeie kere deur howe skuldig bevind op aanklagte van onbillike rassediskriminasie,” het Hermann gesê.

“Ons is uiters tevrede met ons vertoë. Ons voorlegging het die sitting tot ʼn groot mate oorheers en het tot hewige debat gelei. ʼn Ander stem is op ʼn internasionale platform gehoor. My indruk van dit wat vandeesweek by ʼn VN-komitee gebeur het, is dat Suid-Afrika sy status as liefling van die wêreld verloor het,” het Hermann gesê.

Die komitee gaan nou ʼn verslag saamstel en aanbevelings maak. Suid-Afrika moet dan binne twee jaar verslag doen oor hoe die aanbevelings geïmplementeer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

97 Kommentare

Twakkie ·

So draai die wiel. Na meer as 20 jaar van stilbly en opvreet, sit ek persoonlik hier met ‘n baie groot glimlag. Uitslag van munisipale verkiesings en nou hierdie. Dankie 100 maal aan die Solidariteit-groep.

Ekwilibrium ·

Absoluut, mag dit die begin van die einde van die selfsugtige, wrede monopolie wees wat ons so lank moes verduur. Die laaste ding wat ons egter nou kan doen is om knus agteroor te sit; nou is die tyd om onsself te bewys as hardwerkend en betroubaar. Die ANC het steeds 54% van die nasionale stem op hom verenig, dit gaan nog jare vat maar kom ons druk deur vir veral ons nageslag…

Loeis ·

Twakkie, die ANC het pak slae gekry in die verkiesing. Maar, die DA, wat die ANC se regstellende aksie steun, het gegroei, en erger, die EFF het gegroei. Ons is baie ver van wen by die stembus.

Wat die VN aanbetref doen Solidariteit baie goeie werk, maar die VN het geen werklike mag om besluite af te dwing nie, en die Suid-Afrikaanse regering kan enige aanbevelings en bevindings net ignoreer. Dalk word daar dan teen ‘n aantal individue ‘n reisverbod ingestel, dalk enkele sanksies, wat hulle ignoreer, en dan?

JC ·

EK IS VANDAG BITTER TROTS, MOOI SO OUENS.
JULLE IS AWESOME VERBY!!!

Cherokee ·

Hoe op aarde kan mens bitter maar trots wees? Dit is teenstellend.

Jan ·

Baie dankie Solidariteit vir volgehoue pogings om rassisme in ons mooi land uit te roeI.

Elize Grensemann ·

Amen!So draai die WIEL!!!Geseend is julle en Dankie dat julle die Wereld se oe oopmaak!!Word lank genoeg al belieg en bedrieg

Ekwilibrium ·

Kom ons hoop die VN hou ons ‘comrades’ onder die vergrootglas en dat dit kan help om ‘n einde te bring aan die ewige vergryping en selfaanbidding. Intussen is die beste wat ons kan doen, om ons beste te doen in ons verskeie velde…

Kerneels ·

Baie dankie! Voorwaar goeie nuus. Hoog tyd dat die wêreld daarbuite kennis dra wat régtig in Suid Afrika aangaan. Al die vergrype en diskriminasie moet nou hokgeslaan word.

Andre Badenhorst ·

Ek dink nie die heethoofde sal hul veel steur aan internasionale liggame nie. Net soos wat nommer 1 hom steur aan die grondwethof. Indien “inmenging” ondraaglik word, sal hul eerder hulself verskoon (soos by die Internadionale Strafhof) en dan gaan kruip by ander muishonde – indien daar van hulle oor is wat nog bestaan, kan hel of wil luister.

dea ·

Baie baie mooi!!!!!! Baie geluk!!!
Julle verdien dit – julle het so hard – vir ons – daarvoor gewerk!!
Sterkte vorentoe vir al die uitdagings wat nog voorle!!

Corrie ·

Al die koerant opskrifte en aanhalungs oor afdwinging van die kwotastelsel op alle vlakke is genoeg bewyse oor wie die wasrheid praat. Veral die minister van sport se beleid oor rasse kwotas en weiering dat SA gasheer is vir toernooie. Dink hulle mense in die res van die wêreld kan nie lees nie en dat hier ook nie buitelandse joernaliste is wat weet wat aangaan en verslag lewer nie? Die wiel draai. Dankie Solidariteit!

Johann ·

Volgende is die Regering (ANC) wat homself onttrek en kwytstel van die Verenigde Nasies; net soos die slapgatte gedoen het na die Wereldhof se debakel na die weiering om n volksmoordenaar te aresteer….want hoe kan die ANC dan tog verandwoordbaar gehou word vir iets anders as almal.se skuld behalwe hulle…o ja en Apartheid. En Jan van Riebeeck …en natuurlik.die verkiesing wat hulle n gatslag van formaat gee…GREAT SOLIDARITEIT…

vermeende ·

So ons kan nog 20jaar wag voor daar n verskil op soolvlak is, teen daai tyd is hierdie volkie so uitgebaster en alle pogings maak dan nie meer saak nie.
Hierdie is n stuierhou teen rassisme teen ons maar die slim manne moet aan n meer agresiewe oplossing dink wat haalbaar is. Kan ons nog 20jaar uithou?????

Gert Van Wyk ·

Ek is net versigtig dat die ANC vinniger gaan beweeg om die blankes te onderdruk, die lot het baie sleg gevaar met die verkiessing, en iemand gaan betaal.

Klong ·

Gert blankes weet nog nie regtig wat meen dit om onderdruk te wees.Destyds sou eimand waag om te doen wat Solidariteit nou doen ,sou die persone dadelik in die trunk beland het.
Kom laat ons almal saam staan met Solidariteit en los die ons BLANKES

John ·

Nog ‘n gewonde buffel… binne ‘n week. Die probleem van die regering is dat werkloosheid weens hul swak bestuur buite beheer is. Hulle wil nou aanhou om korrup op te tree om die korrupte foute te herstel. Verkeerd baar verkeerd… en nou is Solidariteit die sondebok. Dis mos hoekom daar altyd so ‘n bok is. In die antieke tyd is die’ bok na die wildernis verban sodat dit deur leeus verskeur kan word…

Lillies ·

Dankie, dankie dankie Solidariteit! Daar is nog hoop vir my kinders se toekoms in SA.

Oudste ·

Puik nuus! ….en nou gaan Piet Kopdoek en Max die Manteldraaier verder teem oor hoe Solidariteit en Afriforum die Afrikaners gekaap het en stereotiep regs geswaai het. Hierdie voorlegging is gedoen ten opsigte van ALLE minderheidsgroepe wat deur die drakoniese toepassing van swart gebasseerde kwota syfers beinvloed word: Bruinmense, Indiers, Blankes, insluitend Afrikaans sprekendes. Die regering, volgens my opinie, vat nou houe vanaf oraloor, insluitend die plaaslike verkiesing en Grondwet Hof, wat hulle toekom. Vatso Katvis!

andrea van vuren ·

Het iemand raad asb. Hoe raak mens van Max du Preez en Piet Kopdoek ontslae? Met hulle nog in ons midde het ons nie kans op oorlewing nie…

Buitestander ·

Dit is die konderste en koudste net voor dagbreek.
Ja, hou goeie moed Afrikaners is besig om op te staan. Ons moet net tot God drie-enig bid en vertrou. Hy het ons al uit baie diep donkerplekke kom haal en sal weer.

Wilma Hanekom ·

Dankie vir julle werk, Solidariteit! Ons gaan van krag tot krag!

Piet ·

Nou wat gaan met Jeffreys gebeur omdat hy so blatant lieg, terwyl hy onder eed moet getuig? Hoe de duiwel kan hy se daar is nie ras kwotas nie as na die swart rugby spelers as “kwota spelers” verwys word deur die minister van sport? Hy het seker gesien dat Zuma nie vervolg word vir al sy leuns oor Nkandla nie. Sal dit nie n lekker dag wees as mense eendag tronk toe gestuur word omdat hulle so lieg nie!

Popeye ·

Hierdie aksie gaan nie vinnige verandering meebring nie (2 jaar tyd). Tweedens het die VN nie werklik tande nie. Derdens sit ons met ‘n kultuur dat die regering hulle nie steur aan selfs hofuitsprake teen hulle nie. Dit is wel net nog ‘n tou wat getrek is om die situasie/s in hierdie land op die kaart te sit. Daar gaan egter nog meer blootstelling op verskeie vlakke moet verkry word om hierdie kanker uit te wis.

Wessel Pretorius ·

Hulle sê mens eet ‘n olifant stukkie vir stukkie. Al gehoor van ‘n papier spoor ? Hierdie is grondwerk. Die res sal vanself kom…

Cilliers van Niekerk ·

Dankie Solidariteit, en geluk met wat lyk na ‘n deurbraak gegrond op goeie, deurdagte strategie en voorbereiding. Voorspoed verder! (En dankie aan Maroela vir uitnemende verslaggewing!)

Jan Jooste ·

Puik werk Solidariteit en Afriforum. Julle het ‘n hele paar noodsaaklike spykers in die ANC se houtpakkie ingeslaan. Ons wil tog nie he die knape moet voor die Wederkoms kan uitkom nie. Die deksel moet dus verantwoordelik bevestig word.
Puik ook dat julle by diue VVO werk. Dit gee onmiddelik internasionale publisiteit aan ons omstandighede en na alles het die ANC juis ook vanuit die VVO reeds bewindsverandering in SA bewerkstellig. Eish – die wiel hy draai …

Tiger ·

Die engelse se “the proof is in the pudding”.So ek wil baie graag sien tot hoe ‘n mate kan die VN enige voorstelle op die regering afdwing.Hierdie spul narre gaan hulle eenvoudig uitlag!

Frederik ·

Kom raak kalm. Dink weer. 22jaar gelede was die Westerse lande teen ons gekant. Alle simpatie was vir die sogenaamde onderdruktes. God is groot. Hy sien die leiding van sy kinders. Hy het lankal ingegryp. Dinge verander verskriklik vinnig teenoor die oormag onderdrukkers. Ons ervaar die verandering dalk baie stadig. Onthou dat regoor die wêreld ook gelowige Suid-Afrikaaners woon. Ons sien nou die afgelope paar maande hoe die onregverdiges se stelsels en planne inmekaar tuimel. Ons moet op ons knieë bly, daarsonder kan ons nie. Die wat glo dat daar niks gedoen kan word nie moet besin. Positiewe denke en optredes steek aan en hef sodoende in geloof almal op…

Veritas ·

Ditto Frederik. Enige platform moet gebruik word om hierdie rassistiese regering aan die kaak te stel.

Nic ·

Daar is nog ‘n lang pad voor. Die VN het seker nie tande nie, maar hulle uitspraak kan sekerlik help in sake waar hierdie kortsigtige rassekwotas onder skoot kom.

Wonder nog steeds wat oorverteenwoordiging beteken. Rasoorverteenwoordiging? Hoekom sal dit nie rassisme wees nie?

Cherokee ·

Ek hoop Solidariteit is bewus daarvan dat vele van die dankies kom van mense op ‘n wipplank. Hulle stem saam met die DA vir regstellende aksie en sê dan dankie vir Solidariteit omdat diè daarteen veg.

Oningeligte DA blanke stemmers. ·

Stem 110% met jou…Daars maar min egte Afrikaners in bloed en vlees oor. Die meeste sal sy eie uitverkoop , sy rug draai teen sy kultuur sy taal sy mense…hoeveel keer hoor ek nie al die laaste paar maande dat uit Afrikaans sprekende monde en penne dat hul se wat maak dit saak of Afrikaans aan die pen ry….daai soort manteldraaiers twee gesig jakkalse is die einste verraaiers wat ons mense se belange uitverkoop aan die DA en Eff en kie.
So dom blind is hul om te glo daai partye staan vir die blankes se belange,sal hul eie siele verkoop so min integriteit het hul… Ai siestog..Die Here gee my krag asb…

Zeplin455 ·

Ek het vir DA gestem nie oor ek met hulle saamstem nie maar omdat ons ten alle koste van die ANC ontslae moet raak en dan is die enigste logiese haalbare eerste stap om te stem vir ‘n ander party wat ‘n kans staan en in ons geval is dit die DA. Na mens die ANC wat die plek afbreek uit het kan mens weer stem vir iemand wat meer in lyn is met jouself.

Linda ·

Baie geluk, Solidariteit! Soos met alles, het julle julle huiswerk deeglik gedoen!

Patat ·

Wat n blaps van mens is Danny Jordaan wat appartheid beskuldig dat Nelson Mandela baai deur DA gewen is. Ek vra mooi dat hy en sy meelopers asb tronk toe gaan. DA. ek daag julle uit , vang hulle en sluit toe asb. Ek wil weer trots wees om n Suid Afrikaner te wees. asb.

Ou Vlakvark ·

Voor 1994 het sekere Suid-Afrikaners binnelands en buitelands hulself as fakkel-en vaendeldraers van reg en geregtigheid, Vryheid, Gelykheid, Broederskap en demokrasie voorgehou. Hulle het hulself voorgedoen as slagoffers van ongeregtigheid, rasisme, kolonialisme en apartheid.

MAAR na 1994 het hul ware kleure as landsregeerders na vore gekom: Hulle ware motiewe was om ‘n South African Animal Farm te stig waar hulle as die klein selfgesentreerde regerende elite die mag bekom en sodoende die landsbates kan stroop.

MAAR op die lange duur seëvier geregtigheid. Ingeligte buitelanders en Suid-Afrikaners is nie onnosel SA Animal Farm skape nie. Die gety het teen die regerende elite gedraai. Ons moet ons mede-nasiegenote mondeling en deur die media deeglik inlig oor hoe die Animal Farm-stelsel werk. Ingeligte mense is bemagtigde mense. Voorwaarts in belang van ALLE Suid-Afrikaners!

M A ·

Dis reg, Vlakvark. Dis nie net anderkleuriges wat deur die regering onderdruk word nie. Hulle onderdruk en minag hulle eie mense ook. Maar die munisipale verkiesing wys mooi dat die skape nou omdraai en begin dink.

RAK ·

Bemaak 10% van jou polisse aan Solidariteit en Afriforum. Die aanslae gaan toeneem en die organisasies gaan fondse benodig. Goeie werk. Hou so aan

JD ·

Lees weer wat LOEIS 14 ure terug geskryf het. Julle almal is nou vreeslik opgewonde en deel gelukwense links en regs uit, Neem aan almal wat so opgewonde is, is juis die wat DA gestem het sonder om die DA se manifes te lees. En nou beplan die DA om in die bed te spring met die EFF. En dit was geen geheim dat Solidariteit en Afriform die DA so ondersteun het nie. Wat Geld aanbetref doen mense nie altyd wat hulle preek nie..

Lizan Burger ·

Baie goeie idee!! Ek doen dit dadelik! Solidariteit en Solidariteit Helpende Hand doen ongelooflike werk!

Merkur ·

Uitstekend Solidariteit. Dankie vir die uithou vermoë.

Baie mense in die buiteland weet presies wat aan die gang is. Maar dié wat in die buiteland die toon aangee, probeer dit ignoreer.

Ek hoop dit is deel van die begin van die einde.
Dit lyk asof meer en meer van ons, tenminste innerlik, gereed raak.

Jakes ·

VN sê grondslag lê in skole?
Sjoe, in Vumani 25 skole DIE jaar afgebrand…

Anthonie Van Bosch ·

Solidariteit – Ek bedank u.

Ek hoop ek kan nou ook weer werk kry. Maar help eers die ander.

petro ·

Ek voel baie posetief oor ons Land. Dankie aan Solidariteit vir al julle harde en deursettende werk! Ek voel so sterk oor ons plaasmoorde, as dit heel eerste kan stop met die goeie verkiessinguitslag, se ek baie,,baie dankie ! Hoeveel weet die VN daarvan? Want mense dit is vir my net so erg as die moorde wat deur Isis gepleeg word en dit is oral op die nuus regdeur die werld. Maar nie n woord van ons vermoorde boere en fam. lede nie! Groot sterkte aan al ons mense wat vir hierdie land en sy mense omgee!

Christine ·

Dit klink as of mense uit eindelik op sit en luister. Puik werk. Hoop net die regering gaan luister en toe pas wat aan beveel word.

Drikus ·

Baie baie geluk en opreg dankie. Dit is ‘n grootse poging en kom op ‘n goeie tyd. Komaan mense sluit aan by Solidariteit. Hulle verdien ons ondersteuning.

Waars Max nou ·

Wat het ou Max nou tese oor Afriforum? Neewat ou Max, die wereld kan nie verkeerd wees en jy reg nie!

Oom Ekonoom ·

VN is reg, onderwys is die manier om ongelykhede se oorsaak aan te spreek, nie rassekwotas nie! Gelyke en effektiewe onderwys sal swartmense ophef.

Nico Groenewald ·

Ons is dankbaar dat Solidariteit soveel sukses behaal het. Die volgende probleem is dat die VN eers oor 2 jaar wil sien hoe hierdie regering gevorder het. Dis baie lank in moderne politiek. Saamtrek, hergroepeer en bres slaan is die enigste uitweg vir hulle wie hul kinders se toekoms ongeskonde in hierdie land wil verseker. Eureka is die enigste werkbare oplossing. Doen dit of word opgeslurp deur die massas.

jan malherbe ·

As jy nie sterk is nie (in getalle) dan moet jy slim wees! Dankie Solidariteit….hierdie afgelope 2 dekades + het gewys die Afrikaner gaan lê nie!

Esmay ·

Wanneer die kwota ras reggestel is in ons banke, kettingwinkels ens sal ek met n glimlag weer klere ens gaan koop want my klere al vodde in my klerekaste !!!

Peter ·

Baie dankie ook aan Maroela Media!
Julle is die enigste publikasie wat hieroor berig het! Ek het gaan kyk by 7 ander aanlyn koerante, almal swyg soos die graf! Tells you something doesn’t it….

Uiltjie ·

Dankie VN, maar julle is meer as 300 jaar te laat! Waar was julle toe die wittes die anderskleuriges so vertrap, onderdruk en verneder het??? Noudat die wittes dit aan hulle basse voel, hol hulle na julle toe vir hulp!
*Ns. Ek dink nie Maroela sal dit plaas nie!

Toe oog ·

Ag asb, ry jy alweer die ou dooie apartheid donkie? Maroela het dit toe geplaas, hulle het nie die SABC se baas wat joernaliste aan bande lê nie. Daar is vir jare teen SA gediskrimineer, daar was boikotte teen hulle ingestel, hulle was vir baie jare die swartskaap van die wereld, hoe bedoel jy die VN het niks gedoen nie? Twak man … verder moet ek se as die huidige regering nou dieselfde doen as die ou apartheidsregering en mense vertrap en verneder en uit seker poste uithou wat doen hulle beter? Hoekom hulle dan laat gaan as julle nie die apartheidsregering wil laat gaan nie? Hoe lank gaan julle mense nog daaraan vasklou? Nog 300 jaar? Vir jou kennisname, apartheid het 40 jaar geduur, daai 300 is darem wyd gevat. Beweeg nou aan, apartheid is meer as 20 jaar reeds dood, dit leef net in die harte van die mense wat nie kan voortbeweeg sonder dat hulle iemand of iets het om te blameer vir die gemors in die lewe nie.

Klong ·

Dankie Uiljie , Ek kan eers sekere vriende van my saam kerk toe nooi

Maria van Dieweeck ·

Die sweep het geklap en die wawiele begin draai! En die grootste probleem in die onderwysstelsel? Panyaza Lesufi is sy naam

Disselboom ·

Lesufi is vir die onderwys wat Malema vir die politiek is: ‘n skynaanval wat met besondere vaardigheid deur die maghebbers aangewend word om al die aandag op een plek te trek – en intussen is onderwys en die sosialistiese breinspoeling deur die nasionale kurrikulum besig om rustig sy skade en verwoesting ook in die verstand en lewensbeskouings van jong Afrikanerkinders in te pomp. Orals, die hele land deur, maar al die emosie en aandag word net op Lesufi gevestig. Lesufi is luidrugtig – terwyl selfs van ons Afrikaner-onderwysers meedoen aan die menseregte-gedrewe onderwys en bevraagtekening van ons eie herkoms en geskiedenis.

Wilhelm ·

So jammer Solidariteit kan nie sommer die kabinet vervang nie; wanneer nommer een en sy trawante uit is is die situasie klaar beter! Sterkte aan Solidariteit vir meer sodanige optredes.

Johan Longland ·

Maria, jy is 200% reg oor Lesufi en die feit dat hy die grootste probleem in Onderwys is (in Gauteng in elk geval). Ek het al ‘n hele paar briewe aan koerante geskryf om sy argumente aan te vat (op ‘n logiese, nie-rassistiese wyse), maar sekere koerante publiseer mos net hul “gunsteling skrywers” se briewe. Lesufi se standpunte is alles rassisties en knou Onderwys. Hoe gouer hy weg, hoe beter vir Onderwys, die jeug en ons land.

Melt Olckers ·

Niks word ook daarvan in die hoofstroom pers geskryf nie. Iemand wil die storie dood druk.

neelsie ·

Solidariteit/Afriforum , julle is ware staatmakers.
Ons is trots om deel van so n groep te wees!!
Maak hierdie verslae wereldwyd bekend.
Hierdie rassiste in ons samelewing kom met moord weg.

Johan marx ·

As ek so lees kom ek tot die gevolgtrekking dat daar nog baie dwarstrekkery onder ons afrikaans sprekendes is. Hoekom so teen DA gekant? Kry ers die anc uit die stoel dan vat ons die party wat nie reg handel aan! DA is tenminste die enigste moondheid in hierdie stadium

Chris ·

Het jy hulle advertensies gesien op TV tydens die verkiesing? Het jy na hulle toesprake geluister? Het jy hulle manivesto gelees? Die D.A. is die anc, net in blou geklee

Sê maar net ·

Dis ironies. Die ANC het rassisme aan die grootklok gehang tydens hulle “groot gesukkel(struggle)”. Nou is hulle die beskuldigdes by dieselfde VN wat hulle so ondersteun het, en dit oor rassisme. Dieselfde rasisme wat hulle die vorige regering van beskuldig het. Die blinde sambok is ‘n blikskottel! Internasionale sportliggame begin ook kla oor kwotas. Interessante tye waarin ons leef.

Johan Longland ·

SMN jy is reg. Lees gerus boeke en literatuur wat deur gerespekteerde skrywers (soos bv Stephen Ellis) geskryf word, dan sal die mense se oë oopgaan en die ANC sien vir dat wat hy werklik is. Nie-rassisties? Eers na 1969 by die Morogoro konferensie kon “nie-swartes” AMPTELIK lid word van die ANC. Eers na 1985 se Kabwe konferensie kon “nie-swartes” op die NUK dien. So kan mens aangaan. Die ANC was vir die grootste gedeelte van sy “leeftyd” rassisties. Huidige interne struwelinge gebaseer op etniese gronde (Zoeloe vs Xhosa) skep nie juis die indruk dat dinge regtig veel verander het nie. Kwota gebaseerde wetgewing en riglyne is niks anders as rassisme nie. Per definisie is dit immers op ras gegrond. Soos jy sê die blinde sambok is ‘n blikskottel. Die sg Freedom Charter is nie die papier werd waarop dit staan nie. Welgedaan Solidariteit. Dit is tyd dat Solidariteit en ander organisasies die dinge meer doelgerig onder die res van die wêreld se aandag bring. Dalk help dit, dalk nie. As mens nie probeer nie, sal ons nooit weet of dit gaan help nie.

Sê maar net ·

Johan,
Die sogenaamde Freedom Charter is niks anders as die Brise Arbeidersparty (Labour Party) se manifes van 1948 nie! Dis omtrent word vir woord net so oorgeskryf. Die Arbeiders was op pad om Brittanje ‘n kommunistiese staat te maak.

Wat die ANC se “nie-rassigheid” betref, gaan kyk bietjie hoe veel mense anders as swart mense, is onder die eerste 50% van hulle proporsionele lyste vir enige munisipaliteit.

Ek vul nie die vraag oor ras op enige vorm in nie. As ek daaroor gevra word, sê ek aan die persoon agter die toonbank om maar self te besluit wat hy/sy dink ek is. Dit druk hulle in ‘n blik, want dan hang sy rasse-onderrok uit. Vir ‘n slag is ek nie die rassis nie :-)

Piet ·

Uiljie, of eerder uilskuiken, waar val jy nou uit die bus uit? Apartheid het tot ‘n einde gekom in Suid-Afrika a.g.v druk deur die VN. Ek sou jou graag n les in geskiedenis wou gee, maar ek dink nie dit gaan jou help nie. Soek jy n pos in die kabinet?

Ou Erdvark ·

Laat ons almal eerder altyd beskeie wees wanneer ons die geskiedenis PROBEER interpreter of daaroor praat of skrywe. Geeneen het al die historiese feite in hand nie. Daarom, wie is ek om andere gou-gou so ‘n lessie of twee in geskiedenis te leer asof ek al die inligting, kundighheid en wysheid in pag het?

Beskeie en nederige Ou Vlakvark, Ou Bosvark en Ou Krimpvark stem saam met my.

Hannes Pieterse ·

Waar los dit ons nou teenoor die BBBEE wetgewing wat in ons kele afgedwing word. Ek verwys nou spesifiek na die vulstasie kleinhandelaars wat voortaan verplig gaan word om aan die wetgewing te voldoen alvorens hul lesensies weer hernu gaan word. Gewonder of Soladiriteit hier n rol kan speel om kollektief dit teen te staan?

Hein ·

Ek stem saam met jou. Die regering moet binne 2 jaar reageer op die aanbeveelings van die VN. Wat gebeur intussen? Die “AA” , BEE, en kwota werkers sit nog steeds in die munisipaliteite en net nuwe raadslede is gekies om die stoele warm te hou. Die rede hoekom die munisipaliteite in so gemors is agv regstellende aksie. Die raadslede se hulle moet die rioolplaas regmaak maar hulle kan nie. Hoe nou?

Columbiana ·

Kom ons se die VN aanvaar onomwonde Solidariteit se posisie. Wat dan? Sanksies teen SA as dit nie verander nie?
Wat is die pad vorentoe as Solidariteit huiswaarts keer?

Hein ·

Niks keer ons om van binne ons misnoe te wys teen die wetgewing nie. Druk moet vanaf die buiteland en binne af kom. Hoe ons dit doen moet so gou moontlik bespreek en beplan word sodat dit voor die volgende nasionale verkiesing 2019 met drukgroepe. Daarna kan ons besluit watter politieke partye ons sal ondersteun of…. moet ons deelneem aan die volgende verkiesing.

Willie ·

Dis darem nou meer opebaar en op die lippe… dankie Solidariteit en Afriforum.

m ·

Mooi so Solidariteit. Gee hulle al die hel wat hulle toekom!!!! Die wiel sal moet begin draai want hierdie rassisme sal een of ander tyd moet stop want dis besig om hierdie land te vernietig….

Johann ·

Columbiana, jou inskrywing is presies reg. Ek het gister ook dieselfde vraag gevra. Wat en hoe gaan dinge gebeur as daar gevind word dat regstellende aksie wel ‘n groot probleem is. En, ja ons almal weet dat dit ‘n GROOT probleem is. Ek wil ook net hierdie byvoeg. dat die wittes is nie die enigstes wat ly nie. Die Indiers asook Kleurlinge ly ook nou onder die regstellende aksie. En soos voorheen gese is. Wat gaan die wereld (VN) dan doen omtrent dit?
Die ANC regering maak net soos hulle wil

Izak ·

EK is oppad terug SAPD toe na die uitnodiging in die media dat ons moontlik her-indiens geneem kan word op ons ou range. Hopelik sal daar geregtigheid kom oor die tydperk 1994-2009 waartydens ek 7 jaar verloor het as gevolg van openlike diskriminasie en bevordering van swart juniors en swart lede wat oor minder kwalifikasies as ek beskik. Ek voel daar behoort op die basis van die VN verslag ondersoeke geloots word oor die omvang van die diskriminasie wat derduisende wit mense direk geraak het tussen 1994 en 2016. Onsa sal verstom staan oor die lewens wat verwoes is deur regstellende aksie en die sg. equity wet wat links en regs willens en wetens teen wit mense gebruik is in die tydperk!

Andrea ·

Hierdie is n belangrike punt! Hopelik kan dit ook aangespreek word!

John ·

Regstellende aksie is nog lank nie verby nie. Boereplase is volgende op die lys a la Mogabe. Izak, ek hou duimvas vir jou. Al die vuilwerk wag op die wittes en al die skuld vir foute ook. Bid vir wysheid en insig. Ons ander ook.

Disselboom ·

Dis goed dat dinge in die openbaar gebring word. Dis egter maar deel van die proses om ‘n openbare instelling soos die VN te benut om die onreg aan die lig te bring. Solidariteit en kie doen goed om dit te loods, maar euforiese verwagtinge van resultate hiervan is oordrewe.

Daar moet onverpoosd en met nog groter ywer binnelands voortgegaan word met uitbou en oprigting van eie instellings binne eie beheer wat die ekonomie kan oorneem – van onderwys tot medies tot boerdery tot ingenieurswerke, fabriekswese en bouery. Om dit so te stel: “Kragdag” is net so belangrik as die sessie by die VN.

Columbiana ·

Dankie tog vir die DA anders het die ANC nou weer skoonskip gemaak in die verkiesings. Cherokee en sy makkers kan maar die DA en hul kiesers slegse soveel hulle wil. Die REALITEITE is voor die handliggend in die syfers met die DA nie die VF- wat die oposisie is. Probeer tog net bietjie leef in 2016 Cherokee (wat net geskiedenis aanvaar om elke hoek en draai). Jip dis 2016 nie 1960. Sterkte vir jou en jou makkers wat so vasklou aan die verlede. Die blou gevaar is hier om te bly hoor

rudi ·

Ek wil sommer huil as ek die lees en eks n 31jarige man. Ek dink so maand terug het baie suid afrikaners en veral afrikaners, kleurlinge en koi san op n punt gekom wa ons goed gatvol geraak het en nie lig kon sien aan die einde van die siek tonnel nie. Met die verkiesing hoop ek net die d.a doen wat hulle gese het hulle sal en dat die vn die kwota en rasisme stelsels sal stop. Genoeg is genoeg. Dankie vir die mense wat nie op gee nie en so hard werk.

Bob ·

Ag tog! Dit is dieselfde as om te poep teen ‘n windstorm!! Solidariteit en Afriforum sal absoluut niks regkry met hul sogenaamde VN “oorwining” nie. Die beriggewing word nie eens uitgesaai of geskryf in enige ander koerante ens nie. Hoe-Ha stories as jy my vra. En o ja onthou om al jou spaargeldjies vir Solly en Afri te gee! Hierdie Nuus regverdig sekerlik hulle trippie na Switzerland!!

tamboti ·

Bob. Bob, Bob, Bob……wie baklei teen “regstellende-aksie” kwotas, wie vorder daarmee en behaal resultate???
En dit is nie net teen die ANC regering nie, maar die “opposisie” steun ook mos die “regstellende” aksie.
Wag maar en sien, oor “300” jaar sal mense terugkyk en besef wie was reg en nie “links” nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.