Vonke spat in parlement se Eskom-debat

Natasha Mazzone. Foto: Facebook

Die vonke het vanmiddag behoorlik gespat in die Nasionale Vergadering toe ’n debat oor Eskom plaasgevind het.

Die debat is aangevra en ingelei deur die DA-LP Natasha Mazzone. Sy meen die Suid-Afrikaanse publiek word deur Eskom gyselaar gehou met beurtkrag as die mes teen die keel.

Mazzone het met vers en kapittel bewys dat pres. Cyril Ramaphosa reeds sedert 2014 die man in politieke beheer van Eskom is, en dus nie die verantwoordelikheid op enigiemand anders kan afskuif nie.

Mazzone meen privatisering is die antwoord en het uitgewys sy het reeds ’n wysigingswetsontwerp in daardie verband ingedien.

Een van die redes wat sy aanvoer is dat die R69 miljard wat oor die volgende drie jaar vir Eskom bewillig is, nie die oplopende Eskom-skuld van R419 miljard kan delg nie.

Mazzone voer dus aan Eskom in sy huidige vorm gaan sink, en dat al die ANC se praatjies tot die teendeel beteken hulle dink die kiesers is dom.

Namens die EFF het Nazier Paulsen gesê Eskom word tans ondergrawe as ’n komplot om privatisering te verseker. Hy meen Ramaphosa en Jeff Radebe, minister van energie, is deelkragtig daaraan om hul familie, by name die miljardêr Patrice Motsepe, te bevoordeel, en dat ’n staatsmynboumaatskappy die antwoord is om uitbuiting met steenkoolpryse te keer.

Narend Singh. Foto: IVP

Die IVP‑LP Narend Singh het gesê onder ANC-beheer het Eskom binne agtien jaar van die beste kragvoorsiener ter wêreld in een van die swakstes verander.

Vir die VF Plus het Wouter Wessels die skuld vir die Eskom-krisis voor die ANC se deur gelê, byvoorbeeld omdat hulle geen stappe doen om die skuld aan Eskom in te vorder nie en omdat hulle toegelaat het dat Eskom twaalf hoofamptenare in tien jaar kry.

Hy het regstellende aksie die skuld gegee en gesê verskeie Eskom-ingenieurs bou tans aan ’n kragstasie in die Filippyne omdat hulle weens hul ras nie by Eskom welkom is nie.

Hy het sowel die ANC as die DA die skuld vir regstellende aksie gegee en gevra dat die beste persoon vir die pos in die pos aangestel word.

Wouter Wessels. Foto: Facebook

Die DA-LP Kevin Mileham het gesê Eskom word drooggebloei deur ANC-munisipaliteite soos Maluti-A-Phofung in Phuthaditjhaba, Emalahleni (eens Witbank), Dihlabeng (Bethlehem) en Thaba Tsweu (Sabie), wat gewoon nie hul rekeninge betaal nie.

Mileham het aangevoer die grootste sondaar is Soweto, en gevra dat hulle onder die bestuur van Johannesburg geplaas word sodat kostes verhaal kan word.

Agang se LP, Andries Plouamma, het gesê as die ANC ernstig was oor die bekamping van korrupsie, was die voormalige ANC-LP Brian Molefe al in die tronk, en die DA-LP Solly Malatsi het gesê die VF Plus moet maar kyk – die DA slaan die ANC eerste terwyl die VF Plus nog wonder hoe om terug te slaan – en dit met iemand soos die voormalige Wes-Kaapse premier, Peter Marais.

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het ’n lang toespraak oor verantwoordelike debatvoering gehou, ontken dat Eskom geprivatiseer sal word en die versekering gegee die presidensiële taakspan is aan die werk om te verseker Eskom funksioneer beter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

John ·

Gordhan speel te veel engeltjie. Hy is ook een van die oupas was al aftree-ouderdom bereik het saam met talle ander ou kaders wat net nie wil laat los nie. Maar daar is ook nie ander bevoegde mense nie: 12 van die een en ‘n dosyn van die ander.

Ella ·

Ek dink dis n groot fout om enige geld vir Eskom te gee. Dit gaan verdwyn soos al die ander geld wat hulle ontvang het.
Die regering moet self uitvind vir wie geld geskuld word en di aan hulle betaal. Maar met die korrupsie tans is dit dalk ook fataal.
As ek nie verkeerd is het Soweto n paar weke gelede aangebied om R100 per huishouding per maand te betaal. Is dit nie beter as niks nie?
Ek het nie goeie moed dat die probleem opgelos gaan word.

Stella ·

Hulle kan debatte hou tot vervelens toe,kom nerens nie!erkenning….??..die land is goed en behoorlik op gedinges deur,Ek sal liewer nie verduidellik nie,wat nie meet die job kan doen nie maarwil ook nie UITTREE nie!!

ac ·

Hulle ontken alles,maar as hulle net kan kyk dan kan hulle sien dis net vanaf daardie tydperk wat SA so val.

Magda Smit ·

Witbank betaal nie hulle rekening aan Eskom nie maar ons, die inwoners, word maandeliks gedwing om duisende rande aan rekeninge te betaal. Rekeninge wat hulle nie kan bewys WAAR hulle daaraan kom nie. Betaal ons nie word dit summier afgesny.

LHS ·

Ramaposa het sy vingers baie diep oral in die ekonomie, op geen manier kon hy op n eerlike manier so vinnig so groot gegaan het finansieel nie. Die DA is reg as hulle sê hy is al vir jare die hoof peanut agter die skerms by Eskom, of moet ek eerder die aanname maak, die hoof ontvanger van miljoene.

Elsa ·

LHS, and now he took his assets offshore. What does that tell you?

Gert van Wierdapark ·

Eskom is ‘n geoliede rat van/vir die Sous-Trein. Hoekom sal die Melkkoei dan nou in-of omgeruil word tot nadeel van geldhonger Passa-siers? “Say No More”

Elsa ·

LHS, and now he took his assets offshore. What does that tell you?

Henk ·

Net ,’n regstelling. Bethlehem is Dihlabeng , nie Mahlabeneng soos berig nie

Mariné Lourens ·

Dagsê Henk

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

mapoepoe ·

hulle het al die name verander sodat niemand weet waar dit is nie , as niemand weet waar die dorp ewe skielik is nie hoef niemand te betaal

Hannetjie ·

Hoede af vir Natasha Mazzone…meer van haar soort nodig.Sy skroom nie om te praat nie.

Gert ·

Hierdie Wouter is ‘n voortreflike ou. Dis ‘n plesier om hom in die parlement te sien optree, hy sien altyd die sentrale probleem raak en stel dit sonder voorbehoud.

Altyd reg ·

LHS jy is reg hoe kan die Guptas Eskom so beroof en die een wat vanaf 2014 toesig hou oor Eskam (CR) niks daarvan weet nie. Dit laat mens wonder.

Stella Berning ·

Kyk dan moet die mense mos nou goed staan vir hul foutjies. Dis nou oom edele en so. Lekker man julle Nou kaktusse en olyftakke uit , wat kan ons wat die gelag betaal uithou.?

Boerboel ·

As mens kyk hoeveel nuwe tipe energie word geinstalleer. Wind krag, son krag en warm water sonkrag vir die geysers en steeds het ons nie genoeg krag volgens Eskom?
Ek verstaan dit nie, En steeds moet ons opdok vir ESKOM se voute en will hulle nog steeds meer he.

Chris ·

Die anc se hoof doel is om vir hul comrades en die res van Afrika te bewys, hulle het die mag en vaardigheid om die wiel van die ekonomie te draai.
Dit is soos ‘n kind wat ‘n horlosie uit mekaar haal, en probeer terug plaas om te werk soos voorheen.
Die anc se horlosie is BBBEE, om (hopelik) die wiel van die ekonomoe te olie, en SARS wat miljarde mildelik invorder, ter ere van “hoog geplaasde, toegewyde en bekwame comrades”.
Die miljarde ingevorder word eerste aangewend vir eie gewin (Die horlosie word uit mekaar gehaal), tot die ekonomie uiteindelik in sy peetjie is.
Die wiel van die ekonomie draai met moeite (BBBEE werk nie).
Die (on)skuldiges verantwoordelik vir die gemors in ons ekonomie, word deur hul kinderlike comrades (Unies) met gebalde vuiste vergewe, want hul gekose leiers het besluite geneem en op getree soos ‘n kind. (Natuurlik a.g.v. Apartheid)
viva anc viva!!!

wraggies ·

Wat was Jabu Mabuza, Eskom Voorsitter, voor hy Voorsitter was en op verskillende Rade gedien het???
Taxi drywer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.