Vonke spat oor parlement te min wette skryf

Argieffoto

Verlede jaar het die parlement die minste wette aangeneem sedert die ontstaan van die Suid-Afrikaanse demokrasie – net 11, waaronder die begrotingswetsontwerpe.

Gister het die vonke hieroor in die Nasionale Vergadering se programkomitee dermate gespat dat die parlement se hoofsweep, Jackson Mthembu van die ANC, beveel het dat komitees in die reses sal moet sit om wetgewing te voltooi.

Alle politieke partye teenwoordig het hul frustrasie en woede uitgespreek dat daar tans 47 stukke wetgewing voor die parlement dien. Van die 121 wetsontwerpe wat sedert die vorige algemene verkiesing in 2014 ingedien is, is nog net 47 afgehandel.

Mthembu en die DA-hoofsweep, John Steenhuisen, het gesê dit beteken die parlement doen nie sy werk nie en dat strenger bestuur voor hande lê.

Steenhuisen het uitgewys dat die Grondwet slegs vier take aan die parlement toewys: om kiesers te verteenwoordig, wetgewing te aanvaar, as forum vir openbare debat te dien en die regering verantwoordbaar te hou oor die uitvoer van hul pligte en die aard en besteding van hul begrotings. Hy het gesê die parlement misluk bepaald wat wetgewing betref.

Mike Waters, adjunkhoofsweep van die DA, het egter uitgewys dat dit LP’s self – onder wie die invloedryke lede van die programkomitee – is by wie die versuim lê, want hulle ontvang elke week ʼn lys van die wetsontwerpe wat sloer.

Die stotterende stuk wetgewing wat die meeste kritiek weens tydmorsery ontlok, is die wetsontwerp op buitelandse diens, wat reeds drie jaar lank voor die portefeuljekomitee oor internasionale betrekkinge en samewerking lê.

Die nasionale boswet is nog ʼn rede tot brommery, want dit vergader al twee jaar lank stof in die portefeuljekomitee oor landbou, bosbou en visserye.

Die ander wetsontwerpe wat meer as twee jaar sloer, is baie omstrede wette, wat volgens die voorsitter van die Nasionale Vergadering, Cedric Frolick van die ANC, een van die redes is waarom dit so sloer.

Van 2015 dateer die onteieningswetsontwerp en die wetsontwerp op die uitsaaiwese, wat albei erge verdeeldheid gesaai en na die Nasionale Vergadering terugverwys is om herskryf te word. En sedert 2016 worstel die portefeuljekomitee oor handel en nywerheid reeds met die wetsontwerp op die beskerming van uitvoerende kunstenaars.

Frolick het die portefeuljekomitees verdedig en gesê daar is verskeie goeie redes hoekom wetgewing kan sloer. Hieronder tel dat daar soms diepgaande kommer is oor die inhoud en toepassing van die wetgewing soos dit geskryf staan, die bewoording van wetgewing, sloerdery of foute in die wetlik vereiste openbare deelnameproses of dat wetgewing deur die presidensie of die Nasionale Raad van Provinsies na die Nasionale Vergadering teruggestuur word om herskryf te word.

Die hoofswepe het egter gesê minstens 17 portefeuljekomitees is agter met hul werk.

Hierop het Mthembu opdrag gegee dat die komitees wat agter is daardie werk in die resesperiode moet inhaal, en dat ʼn nuwe stelsel ontwerp word wat die programkomitee attent sal maak daarop as wetgewing langer as ʼn jaar sloer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Thinus Oosthuizen ·

Die Parlement is tussen die duiwel en die diep blou see! Genoemde wette is almal deur lede wat Openbare fondse ontvang geskryf met die uitsluitlike doel om gratifikasie aan hulle kiesers te maak om hulle stemme te werf. Teenstrydig met die Wet op die Bekamping en Voorkoming van Korrupsie, Wet 12 van 2004. En kan die Parlement dan aaanspreeklik gehou word vir Georganiseerde Misdaad.

marous ·

Maak ‘n wet dat daar wette gemaak moet word , en dan nog ‘n wet dat daar gesorg moet word dat die wat wette maak kyk dat daar nog wette gemaak word om meer wette te maak

LB S ·

Dit is omtrent net so, Marous, wette wat i.e.g. nooit gehandhaaf word nie.

Luka ·

Hoekom plaas news24 Afriforum se fisiese adres waneer hulle berig oor Afriforum. Hul doen dit nie met die eff, DA, Cope of ander nie.

GM ·

Verras dit enige iemand? Moet net nie dat hul salarisse agter raak nie!

Linda van Mosselbaai ·

Hulle sal nou moet besluit oor hoe hulle dit gaan hanteer
LIFO of FIFO
Last in First out maw van die wat nou laaste ingedien is.
First in First out maw begin met die wat heel oud is – klink of die papiere al deur die motte opgevreet is ……

Basson ·

Ek verstaan baie konsepwetgewings word terugverwys agv onkundige & swak taalgebruik, wat weer ander wetlike dilemmas oopknoop?
(Maw daar is nie meer bevoegte ‘wetskywers’)

Koeks ·

Welkom! African country and African time!!! Alles!! Ja Alles het verander! Nog nie agtergekom nie?

Reguit ·

Belaglik. Maar net nóg meer (sinnelose) wette om gebreek te word. Wette beteken niks in Afrika nie. Beste is om die hool te verlaat.

Bokka ·

Maar as hulle n wet gaan instel DAT wittes pas boeke ten alle tye moet dra boeta Dan moet jy sien hoe vinnig sal hulle dit deurvoer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.