Vonke spat oor SAL-sakeredding

Deur Jan-Jan Joubert en African News Agency 

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan (Foto: Ntswe Mokoena/GCIS)

Sakeredders van die Suid-Afrikaanse Lugdiens wil meer geld hê, maar Pravin Gordhan soek eers ʼn reddingsplan.

Die vonke het Vrydag behoorlik gespat tussen die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, die sakeredders belas met die redding van Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en parlementslede oor die toekoms van die SAL en sy filiale.

Sakeredders het aangevoer dat ʼn gebrek aan befondsing hul werksaamhede aansienlik benadeel. Gordhan het egter hul bestedingsbesluite en hul toekomsplanne vir die lugredery bevraagteken.

Gordhan het die vergadering grootliks gebruik om uit te wys dat die R50 miljard wat die publiek sedert 2003 as reddingsboeie vir die SAL verskaf het, nie op ʼn standhoudende lugdiens uitgeloop het nie.

“Likwidasie van die SAL is nie vir die regering ʼn opsie nie. Dit is die regering se doel is om ʼn kleiner, nuwe lugdiens daar te stel as ʼn nasionale bate met deelname en aandeelhouding deur die private sektor en die meerderheidsaandeel deur die staat,” het Gordhan gesê.

Pravin Gordhan. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Siviwe Dongwana, een van die sakeredders, het aan die komitee gesê wanneer ʼn sukkelende onderneming herstruktureer word, is dit noodsaaklik om vooraf te weet hoeveel geld beskikbaar is en dit betyds te ontvang. “Anders word dit noodgedwonge ʼn likwidasieproses.” Hy sê die uitbreking van Covid-19 en die gevolglike onderbreking in die lugvaartbedryf het dit onmoontlik gemaak vir hulle om betyds die sakereddingsplan voor te lê. Hy sê ook die sakereddingsproses het amper onmoontlik geraak toe die regering op 10 April die sakeredders se versoek vir meer befondsing van die hand gewys het.

In antwoord hierop het Gordhan gesê die sakeredders het R5,5 miljard gehad om mee te werk. “Ons wag steeds vir ʼn omvattende plan wat die herlewing van die lugredery uiteensit. Eers wanneer ons weet waarvoor die geld aangewend sal word, kan ons nog befondsing beskikbaar stel. Dis nie dat ons nie die plan ondersteun nie. Ons hét nie ʼn plan om te ondersteun nie.”

Die onderskeie politieke partye stem nie saam oor die SAL se lot nie. Die DA meen die SAL moet geprivatiseer word en/of dat die bates verkoop word. Die party meen die sakereddingspraktisyns het onwettig opgetree.

Die EFF het op sy beurt onderneem om kriminele klagtes teen die sakeredders in te dien en wantrou Gordhan ook. Die EFF meen Gordhan wou van die begin af die lugdiens verkoop, moontlik aan mense wat donateurs van die CR 17-veldtog tydens die verkiesing van pres. Cyril Ramaphosa tot ANC-leier was. Die EFF meen die SAL kan gered word.

ANC-LP’s het beweer die sakereddingspraktisyns probeer net soveel geld as moontlik maak.

Die sakeredders moet teen 26 Mei skriftelik antwoorde verskaf op vrae wat na die mening van LP’s nie beantwoord is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Marthinus Johannes ·

Tipies net soos enige ander instansie wat uit ANC ondersteuners bestaan. Hande volgeskep met buitesporige sallarisse, praat net heeldag en dan is dit oor allerkei. ipv om hul werk te doen waarvoor hulle gehuur is. Nou soek hulle meer geld. Wil altyd net He he he en doen niks.

Yvonne ·

En dan is daar natuurlik die ander probleempie: hoe vlieg die amptenary gratis die wêreld vol as daar nie meer ‘n Suid Afrikaanse lugdiens is nie!

Kobus ·

Jong, hulle moet net hel vinnig besluit wat hulle en hoe hulle dit gan doen, ek sit tans vas in Laos en kan glad nie uitvlieg oor SA se grense wat toe is nie!

Francois ·

Ek stem. Ek is gestrsant in Togo en moes oor 2 weke teruggevlieg het maar weens die geslote grense in SA kan ek nie

Fedup ·

That poor cow is only skin and bone, pravin.
Let the damn thing go for pete’s sake.

Burgermeester ·

The day SAA is being liquidated, will be the day a few creditors will come and knock on Pravin’s door to collect their loans with interest. The SA Government already lined their own pockets, so they won’t have any money to pay the creditors.

ElizeK ·

Kan nie verstaan hoekom hier so gesukkel word nie.
Die EFF SÊ die SAL kan gered word. Nou my goeiste, gee die SAL vir hulle om te red. So maklik soos dit.
Ons is voos gestroop.

JN ·

Natuurlik kan die SAL gered word…en weer …en weer …en weer…. Die parsietiese kaders wil nog miljarde uit die belasting betaler suig…Hierdie mense laat my lag dit is eintlik n tragedie!

Kokerboom ·

Sosialisme slaag net as jy met ‘n ander mens se geld werk…totdat dit op is!
R5 miljard is ‘n enorme hoeveelheid geld vir ‘n basiese plannetjie. Hier is ‘n groot skroef los.Deld het egter geen waarde vir die Regime aan bewind. Sal graag ook wil weet waar die plantasie geldbome is!
Emosie en nie realisme dryf Minister Gordhan om sulke sotlike besluite te neem. Vervang hom asb CR.
Gee die SAL aan die partye wat so skree om behoud dat hul met eie geld dit herskep en bedryf. Hul kan nie eers ‘n sjebeen bedryf.

Nie Verbaas ·

Mnr Ghordan, as jy so slim is om te se likwidasie is nie n opsie nie, le dan n plan voor sonder om belasting betalers se geld te gebruik. Daar is nie genoeg geld in die staatskas om vir totale onbevoegdheid te kompenseer nie.

marius ·

Sou goed gewees het as die vonke in die vliegtuie op die grond gespat het . Letterlik.

Willem ·

Hoekom moet die SAA ten alle koste gered word? O ja, ek het vergeet – anders kan al die ministers, adjunk- ministers, voriges en huidiges nie meer verniet vlieg nie!

Niklaas ·

Dit wil tog voorkom asof daar alweer groot bree bakhande gereed is om te ontvang. Privatiseer is dalks ‘n oplossing. Wat gaan gedoen word omtrent diegene wat die SAL gemors veroorsaak het, kry hul bevordering instede van vervolging?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.