Vonke spat tussen regering en AfriForum oor VN-voorlegging

Ernst Roets en Alana Bailey tydens verlede jaar se besoek aan die VN

Ernst Roets en Alana Bailey tydens verlede jaar se besoek aan die VN

Die burgerregte-organisasie AfriForum voer aan dat ʼn verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse regering, die VN se Forum vir Minderheidsaangeleenthede misbruik het om hom en ander organisasies aan te val.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum verantwoordelik vir internasionale skakeling, het die personeellid van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking begin met kritiek op die VN vir die feit dat deelnemers aan die forum nie meer deeglik gekeur word deur die VN nie. “Sy [die verteenwoordiger] het verwys na AfriForum en TLU SA as randorganisasies en die VF+ as ‘n oorblyfsel uit die apartheidsjare, wat die regering se planne om ‘n demokratiese gemeenskap gebaseer op een nasionale identiteit en die beginsel van Ubuntu te bou, probeer ondermyn ter wille van wit dominasie.”

Volgens Bailey het die verteenwoordiger ook gesê dat die drie organisasies “sogenaamd die regering beskuldig van ‘n program van volksmoord teen blanke boere”. Bailey het gesê die bewerings is totaal ongegrond. “Die organisasies het slegs daarop gewys dat die regering nie van plaasmoorde ‘n prioriteitsmisdaad wil maak nie.”

Volgens Bailey beklemtoon die heftige reaksie die regering se ongemak met die blootlegging van hulle mislukkings voor internasionale oë en bewys dit die noodsaak van deelname deur organisasies van die burgerlike gemeenskap aan byeenkomste soos die Forum se jaarlikse sitting.

“Die wêreld se oë gaan oop vir die verval waarvoor die regerende party verantwoordelik is en ‘n junior diplomaat se persoonlike aanval teen burgerlike organisasies met deeglik begronde voorleggings gaan niks doen om die wol oor die oë van kundige buitelanders te trek nie.

Die ironie van die verteenwoordiger se aansprake op demokratiese regte en waardes, teenoor haar betoog dat burgerlike organisasies en opposisie partye se stemme nie gehoor mag word nie, sal hulle ook nie verbygaan nie. Nog minder dat die sessie waartydens sy die aanval geloods het, oor die bevordering en beskerming van diversiteit gaan, terwyl sy die regering se ideaal van ‘n enkele identiteit probeer verdedig het,” het Bailey gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Drieks ·

Dankie AfriForum, TLU SA en VF+ Dankie.
Die ANC het rassisme en haat bevorder en nou wil hul ontken wat hul doen aan ons minderhede.

adrian ·

waarheid maak seer daar is nog baie wat na die anc toe spoel, hul probeer wal gooi maar die dam het groot krake soos by eskom se silos en dan:…….. stort als inmekaar. Die buiteland is nie onnosel nie hul lees elke dag alle koerante en berigte… waarom word ons afgegradeer. Afriforum moet die wrede manier hoe die hardwerkende landbouers vermoor word die wereld instuur dag vir dag totdat almal wereldwyd daarvan bewus word. Elke moord wat hier gebeur moet uitgebasuin word soos die sinlose moord in Primrose……. my hart bloei vir die land

George Barnard ·

Die Regering moet nie net beskuldig word van volksmoord nie maar ook dat hulle n land vernietig het

rissiepit ·

Adrian, die probleem is dat die buiteland nie elke dag dit in die koerante lees nie en die tweede probleem is dat die buiteland (veral Europa) ongelooflik baie liberale idees het en nogsteeds bevorder. Die houding van – julle verdien dit a.g.v. apartheid loop nog oral rondtes in Europa. ´n Paar ingeligtes kom voor en ek het die gevoel die paar ingeligtes word meer, maar daar is nog baie werk voor om die boodskap uitgestuur te kry.

Johannes Blom ·

Afriforum, TLU SA en VF+ wat kan ons se behalwe dat ons almal in die selfde bootjie is, maar as dit nie vir hierdie instansies was nie het ons al lankal gesink. Baie dankie vir jul opoffering en diens.

Pieter ·

WIE IS DIE JUNIOR DIPLOMAAT, HOEKOM WORD DIE PESOON BESKERM DEUR NIE SY NAAM BEKEND TE MAAK NIE. AS EK N BIETJIE OP DIE INTERNET GAAN SOEK SAL EK DIT OP N BUITELANDSE WEBWERF KRY MAAR SNAAKS GENOEG IN S A IN ONS DOODSTIL ! ! !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.