Vonke spat tydens gronddebat

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Vonke het oudergewoonte gespat tydens die parlement se nuutste debat oor die grondkwessie en meer spesifiek onteiening sonder vergoeding.

Die geleentheid in die Nasionale Vergadering was eintlik maar net om die ad hoc-komitee oor die verandering van art 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, weer daar te stel nadat hul termyn op 31 Mei verval het.

Hoewel die geleentheid dus ‘n tegniese verstelling was en die mandaat tot 31 Desember verleng is, het alle partye weer die geleentheid gebruik om hulle in te grawe wat onteiening sonder vergoeding betref, met emosies wat by tye hoog geloop het.

Die ANC, wat verdeeld is oor die kwessie, het hierdie keer verkies om te benadruk dat die grond “gesteel is en teruggegee moet word”, onder meer deur ‘n kreatiewe en enigsins feitelik kreatiewe weergawe van die geskiedenis wat die Slag van Isandlwana (1879) chronologies voor die Slag van Bloedrivier (1838) geplaas het sodat Bloedrivier eerder as die Slag van Ulundi skynbaar (vir die ANC) die einde van die Zoeloeryk beteken.

Die DA het by monde van sy koukusvoorsitter, dr. Annelie Lotriet, gesê dit is belaglik dat die meer verantwoordelike vleuel van die ANC, soos pres. Cyril Ramaphosa en die minister van finansies, Tito Mboweni, beleggings na die land probeer lok terwyl die pogings tot onteiening beleggers wegjaag.

Lotriet het voorts aangevoer dit is ‘n klap in die gesig van die boeregemeenskap wat tydens die Covid-19-pandemie gemeenskappe gehelp het om die bedreiging van hongersnood te oorkom en dikwels op eie onkoste ingespring het om armes by te staan. Nou wil dieselfde regering wat die boere bedank het, hul eiendom vat, het Lotriet uitgewys.

Namens die EFF het die party se adjunkleier, Floyd Shivambu, aangevoer sy party is die eintlike aandrywer van onteiening sonder vergoeding. Hy het aangevoer nie eens die koronavirus kan onteiening keer nie.

Narend Singh van die IVP het gesê sy party is teen die verandering van die Grondwet, maar ten gunste van die herinstelling van die ad hoc-komitee – ʼn standpunt wat deur Cope gedeel word.

Corne Mulder van die VF Plus het aangevoer dis ANC-faksiepolitiek wat hom uitspeel, en dat die moontlikheid van onteiening beleggers sal wegjaag. Hy het aangevoer dat die beleid idioties is, dat dit neerkom op diefstal en dat dit Suid-Afrika ‘n uitgeworpene in die wêreld sal maak.

Wayne Thring (ACDP) het gesê die beleid is verkeerd en sal slegte gevolge hê. Hy het uitgewys dat 93% van begunstigdes geld bo grond verkies en dat 93% van die grondhervormingsprojekte van die staat misluk.

Die ander politieke partye was ten gunste van sowel die ad hoc-komitee as onteiening sonder vergoeding, en die heraanstelling van die komitee is met 237 stemme teen 89 aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johanncb ·

Die ANC bly ou oorloë aanhaal ter stawing van hulle argument, maar verwyder tog ou standbeelde wat as simbole van apartheid uitgekryt word! Dubbel standaarde !

Michael 1 ·

Dit is hoekom ek aanhoudend sê n onafhanklike tuis staat moet op die tafel geplaas word vir onderhandeling

Nell ·

Michael 1 dink jy hulle gaan jou met rus en vrede in jou ”onafhanklike tuis staat” laat bly? Dink weer. Hierdie mense gun ons niks nie. Ons is die nr. 1 vyand wat ten alle koste uit Afrika uitgeroei/verwyder moet word. So vergeet van daardie droom.

Werner ·

Wel as die DA dink CR is verantwoordelik bly hulle nog steeds in lalla land

Jakes ·

Gee asb vir elke persoon dan n stukkie grond en kyk wat hulle daarmee sal doen? Die volgende sal vry boumateriaal wees, vry elektrisiteit en n maandelikse inkomste van R10000 sonder om te werk. Alles is nsiek grap.

Fedup ·

This anc and eff circus’s are more corrupt and profligate than any individuals, because they have more power to do mischief, and are less amenable to disgrace or punishment. They feel neither shame, remorse, gratitude, nor goodwill.
Go ahead, take what you want. One day south africa will be just a small little burned out black dot on the world map.
And YOU will be blamed.

Jacques ·

Dit verbaas my dat die parlementslede nie prontuit daarop wys nie dat die cANCer China se vuilwerk vir huille doen om grondgebied in die eintlike juweel van Afika ook in te palm. Die regerende party is te dom om te weet dat China baie gou enige vennoot wat met hulle sake doen, uitskakel. Dan sit hulle weer in strooise. Is daar een met gesonde verstand? Hulle sal NOOIT weer ‘n eerstewereldland regeer nie!

Fedup ·

Agree. china knows all to well that they are doing “business” with incompetent and greedy fools. Not one of the circus puppets will ever understand the bad situation they have all off us in.

Oujongvrou ·

Seblief tog, doen dit nou en kry klaar. Dan kyk ons hoe kry hulle daarna stemme. Want dis waaroor dit gaan. Stemme om in bewind te bly of in bewind te kom. Niks omgee vir out people soos hulle aanmekaar se nie. Hulle gebruik die grond as n wortel voor mense in ruil vir stemme. Maar dis al wat oorbly. Alle ander beloftes het nie realliseer nie.

Pieter ·

Die ANC verdraai die geskiedenis soos dit hulle pas. Al die geskiedkundige oorblyfsels van die blanke moet verdwyn, want hulle het niks om te wys nie. Wys dat die ANC se redenasies op valse gronde berus om hul dwase ideologie en agenda te pas. Die standbeeld van hoofman Tshwane in Pretoria is gebaseer op ‘n illusie.

Althes ·

Karma wag vir julle ANC en EFF!! Jul kan nie eens jul personeellede se salarisse betaal nie.
Wil jul saai wat jul maai soos in Zimbabwe wie se inflasiekoers oor ñ 800% is?

Jack ·

Altyd gewonder en nog steeds hoe die swartman sonder enige dokumentere bewys kan aanspraak maak op grond wat waarskynlik weereens op bedrog gaan neerkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.