Vonnis ‘herstel geloof in mensdom, strafregstelsel’

Choppie Bruwer en sy vrou, Marian.

Jasper Coetzee wie se ma op ʼn plaas in die Vrystaat doodgeskiet is, sê die vonnis wat aan haar en haar man se moordenaars opgelê is, het sy geloof in die mensdom herstel.

Coetzee se ma, Marian Bruwer (67), en haar man, Choppie (78), is in Junie verlede jaar op die plaas Vanstadensrus naby Wepener in die Vrystaat vermoor. Albei is in die kop geskiet.

Maroela Media het vroeër berig Tshediso Motankoba (27) is Donderdag in die hooggeregshof in Bloemfontein twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moorde. Hy is ook gevonnis tot twintig jaar tronkstraf vir gewapende roof, tien jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en twee jaar vir die besit van ammunisie. Sy vonnis sal gelyklopend uitgedien word.

Sy makker, Motlatsi Motsetse (21), is 10 jaar tronkstraf opgelê vir die rooftog, lewenslange tronkstraf vir elk van die moorde, vyf jaar vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en twee jaar tronkstraf vir die besit van ammunisie.

“Die saak is ʼn oorwinning – van die mense wat eerste op die moordtoneel afgekom het tot by die staatsadvokaat,” het Coetzee gesê.

“Ons kon nie vir ʼn beter vonnis gevra het nie. In my oë, is almal betrokke helde. Ek wens ek kon almal by name noem, maar meer as 30 mense was betrokke in die ondersoek na hierdie tragedie.

“Die saak het my geloof nie net in die mensdom herstel nie, maar ook in die polisie en ons strafregstelsel,” het Coetzee gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Cherokee ·

Jasper, dit is goed dat jy so voel daaroor. Dit sal jou help om dit te verwerk.
Ek is teleurgesteld in, wat ek as hopeloos te lig beskou. Wat is die nut van twee lewensvonnisse wat gelyktydig uitgedien word? Waarom word dit lewensvonnisse genoem, maar die tydsduur daarvan is 1½ dekade indien nie slegs 1, minus parool? Watter nut dien die uitspreek van 10jaar en 5jaar vonnisse as dit gelyklopend met die ander effe langer vonnis uitgedien word? Maar, dit is goed dat jy tevrede is daarmee.

Simba ·

Ongelukkig gaan dit hulle nie terugbring nie. Die skurke het n meer menswaardige lewe in die tronk as pasiente in die hospitaal. Hulle hoef nie te werk nie, kry gratis etes, en studeer verder. Tronkstraf is geen straf meer nie

rina ·

Tronkstraf …. o my word ….. hul sit daar vrek verveeld en doen niks. Rehabilitasie hahaha …… lewenslank is 20jrrrr oor 15 jr is hul weer op straat

Cherokee ·

Simaba ongelukkig vir jou sê jy bôggerol al probeer jy ten beste om gehoor te word. Jy praat bloot snert.

Geen Herstel ·

Geloof herstel? Dit sal die dag wees. Naïewe mense glo in sulke ligsinnige gesegdes. SA is lankal verby die punt van herstel.

Essie ·

Hul kom na hul fonisse uit die tronk uit en gaan aan met hul lewens jou ouers nie so hul straf moes die doodstraf gewees het n oog vir n oog

Sarel ·

Geen Herstel…..jy hte nie nodig nig minder die reg om iemand anders te beledig

Koos ·

Hulle gee sulke swaar strawe wat verskriklik klink , maar aan die ander bejammer hulle die drek want alles wat gelyklopend uit gedien word , beteken 1 jaar wat hy sit dan is dit n jaar vir moord , n jaar vir wapen , n jaar vir amenusie en n jaar vir huis braak . so in 1 jaar is gelyk staande aan 4 jaar .

Sanet ·

Jy is reg Geen Herstel. Mense sluk lankal nie meer hierdie leë, sinnelose en versuikerde gesegdes nie. Die land is lankal verby herstel.

Hennie ·

Ag nee wat Sarel, ons kan nie bekostig om heeldag iets sterk te rook of pille te drink om elke dag beter te voel oor die wonderlike land se toestand nie.

Lagwekkend ·

Geen tronkstraf is lank genoeg om ‘n brutale moord te vergoed nie.
Net die doodstraf sal regverdig wees vir moordenaars want hulle verdien geen versagting nie.
Gaan nou ‘n luilekker lewe in tronk geniet en na ‘n sekere hoeveelheid jaar vrygelaat op parool om net weer aan te gaan waar hulle opgehou het

Vra net ·

Geen herstel en Sanet, is julle deur so trauma? Hoe kan jul vir iemand wil besluit hoe hy moet voel en wat hy moet se? Gun die man sy demokratiese reg om vir homself te besluit.

Chris ·

Dit help nie julle baklei met Herstel en Sanet nie. Hulle praat die reine waarheid en die waarheid maak seer, nê! Die man se “demokratiese reg” het boonop niks daarmee te make nie, dis irrelevant. Die waarheid is die waarheid.

Lana ·

Mense, besef julle dat ons eintlik nie nodig moet hê om te baklei oor of vonisse lank genoeg is aldan nie.
Daar is in die eerste plek ‘n helse gemors in hierdie land wat moorde aanbetref. Alle moorde!! Wat veronderstel is om in die eerste plek nie te gebeur nie!!
Vir sover ek dus MY mening mag gee –
NEE, ek het geen vertrou in die huidige regering en die hele ou stelsel soos wat dit op die oomblik is nie. Dit is besig om almal van ons te vaal!!

Saint ·

Dit is gewoon lagwekkend om te wil beweer dat die.twee misdadigers ‘n luilekker lewe gaan hê vir ‘n sekere periode om dan in die samelewing teruggeplaas te word en aan te gaan met hulle lewe.
Klaarblyklik weet ons geensins wat die lewe agter tralies vir dekades lank inhou en hoe die lewe DAARNA gaan uitspeel nie.

Neville ·

N MENS KAN TOG NET GEMIDDELD (SE MAAR) 80 WORD ENIGE VONNIS MEER AS LEWENSLANK IS EN BLY N GRAP EN BEKLEMTOON NET HOE UIT VOELING REG MET WERKLIKHEID IS

Oog vir n Oog ·

Die kinders van hierdie brutale moord slagoffers is by verre beter mense as ek. Ek het nog nooit ‘geloof in mense’ of die mensdom gehad nie; te veel van hulle is lewende bewyse en getuienis dat die bose n werklikheid is – dat dit bestaan en oorheers.
Was dit my ouers, sou verligting eers ingetree het as hierdie gemors self op die wreedste en pynlikste manier afgemaai word.
Sterkte aan alle familie en vriende wat daagliks aan sinnelose moorde blootgestel word.

Christien vd Westhuizen ·

Wanneer se n regter 2 lewenslange vonnis wat beteken 50jr en die ander wat daarmee saamgaan dan is dit 70jr en geen parool dan sal dit miskien moordenaars afskrik wie weet

Frikkie Geld en huis ·

Stem saam. As die drek weet hy gaan NOOIT weer uitkom nie, sal hy dalk twee keer dink.

Chris Ws ·

Ek stem heeltemal met jou saam Christien!Die gelyklopende uitdiening van strawwe maak die hele hof en vonnis opleggings proses belaglik.Hulle moes 70 jaar gesit het SONDER parool want hulle is gewetenlose moordenaars.Hulle het nie suigstokkies uit ‘n winkel gegaps nie!

Amanda ·

As ons regstelsel as ‘n afskrikmiddel sou dien om misdaad en moord te ontmoedig sou ek dit ook weer kon vertrou; helaas, vertel 57 moorde per dag, ‘n ander storie. Jammer vir die verskriklike verlies aan menselewens in ‘n land waar ons verlief moet neem met misdaad in al sy grusame vorms.

Ander Koos ·

In Republiek van Georgia is lewenslange vonnis werklik lewenslank. Geen parool en die veroordeelde bly in tronk tot sy dood

Essie ·

Alles goed en wel ma hoekom nie die doodstraf en hy parrasiteer nie meer op die regering nie

Cobus Panther ·

Sulke gevalle kwalifiseer vir die doodstraf…….el dink ek sal mal word as ek in hul skoene staan….sterkte vir julle…….

marina ·

Lagwekkend! Stem 100% saam! GEEN JARE in tronkstraf is genoeg virmoord!! Hoe die mensdom dit regverdig gaan my verstand te bowe!! My Ma is 1971 deur ons trekker drywer vermoor! Sy is 14 Junie aangeval op ons plaas, 16Junie dood. Hy is einde Julie gevang en November daardie jaar gevonnis en op 14 April 1972 GEHANG!!!! Dit het my getroos al het dit nie my Ma terug gebring, het hy ook met sy lewe geboet!!!!

johan ·

en wie betaal vir hulle kos en slap plek ,ek en jy .DOOD straf

Stiks ·

Waarom plaas julle nie n foto vd moordenaar nie. Dan kan ons almal sien hoe lyk hierdie plaasmoordenaars

Riens ·

Wtr tipe skiet n persoon koelbloedig deur die kop ……. dan moet ons die inbrekers nog treat ….. voor hul ons verkrag of dood maak ….. wat n patetiese wet …… sorry

Apartheid ·

27 en 21 jr; die 21 jarige kan NIE apartheid die skuld gee nie, want hy was nog nie eens gebore nie; die 27 jarige was maar twee?? wys jou net: hulle WORD so GEBORE. as moordenaars!! HANG of stel ALLE moordenaars en verkragters tereg; dan sal ons minder tax moet betaal en sal die oorvol tronke leeg raak. Natuurlik sal ons land nooit weer die doodstraf instel nie, want dan gaan hulle in die minderheid wees en die wittes weer regeer!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.