
Choppie Bruwer en sy vrou, Marian.
Jasper Coetzee wie se ma op ʼn plaas in die Vrystaat doodgeskiet is, sê die vonnis wat aan haar en haar man se moordenaars opgelê is, het sy geloof in die mensdom herstel.
Coetzee se ma, Marian Bruwer (67), en haar man, Choppie (78), is in Junie verlede jaar op die plaas Vanstadensrus naby Wepener in die Vrystaat vermoor. Albei is in die kop geskiet.
Maroela Media het vroeër berig Tshediso Motankoba (27) is Donderdag in die hooggeregshof in Bloemfontein twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moorde. Hy is ook gevonnis tot twintig jaar tronkstraf vir gewapende roof, tien jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en twee jaar vir die besit van ammunisie. Sy vonnis sal gelyklopend uitgedien word.
Sy makker, Motlatsi Motsetse (21), is 10 jaar tronkstraf opgelê vir die rooftog, lewenslange tronkstraf vir elk van die moorde, vyf jaar vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en twee jaar tronkstraf vir die besit van ammunisie.
“Die saak is ʼn oorwinning – van die mense wat eerste op die moordtoneel afgekom het tot by die staatsadvokaat,” het Coetzee gesê.
“Ons kon nie vir ʼn beter vonnis gevra het nie. In my oë, is almal betrokke helde. Ek wens ek kon almal by name noem, maar meer as 30 mense was betrokke in die ondersoek na hierdie tragedie.
“Die saak het my geloof nie net in die mensdom herstel nie, maar ook in die polisie en ons strafregstelsel,” het Coetzee gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
39 Kommentare
Jasper, dit is goed dat jy so voel daaroor. Dit sal jou help om dit te verwerk.
Ek is teleurgesteld in, wat ek as hopeloos te lig beskou. Wat is die nut van twee lewensvonnisse wat gelyktydig uitgedien word? Waarom word dit lewensvonnisse genoem, maar die tydsduur daarvan is 1½ dekade indien nie slegs 1, minus parool? Watter nut dien die uitspreek van 10jaar en 5jaar vonnisse as dit gelyklopend met die ander effe langer vonnis uitgedien word? Maar, dit is goed dat jy tevrede is daarmee.
Geloof herstel? Dit sal die dag wees. Naïewe mense glo in sulke ligsinnige gesegdes. SA is lankal verby die punt van herstel.
Hul kom na hul fonisse uit die tronk uit en gaan aan met hul lewens jou ouers nie so hul straf moes die doodstraf gewees het n oog vir n oog
Geen Herstel…..jy hte nie nodig nig minder die reg om iemand anders te beledig
Hulle gee sulke swaar strawe wat verskriklik klink , maar aan die ander bejammer hulle die drek want alles wat gelyklopend uit gedien word , beteken 1 jaar wat hy sit dan is dit n jaar vir moord , n jaar vir wapen , n jaar vir amenusie en n jaar vir huis braak . so in 1 jaar is gelyk staande aan 4 jaar .