Vonnis opgelê vir moord op klein Liam Nortjé

Klein Liam Nortjé saam met sy ma, Cheinelle.

Die driejarige Liam Nortjé se pa is Vrydag lewenslange tronkstraf vir sy moord opgelê – al is die seuntjie se liggaam nooit gekry nie.

Nantes Nortjé (48) is Woensdag in die rondgaande hooggeregshof in Harrismith skuldig bevind aan die moord op Liam, asook op die aanranding van sy gewese vrou, Cheinelle, en hul twee dogters.

Die saak is weens kragprobleme op dié dorp na Bloemfontein verskuif, waar regter Corné van Zyl vandag die vonnis opgelê het.

Liam het in 2017 spoorloos verdwyn nadat Nortjé hom by Cheinelle gaan oplaai het. Hy het destyds gesê hy het die seuntjie vir mense gegee wat nie kinders kan kry nie, maar het geweier om enigsins meer inligting bekend te maak.

Ondanks Cheinelle se herhaalde pleidooie, het Nortjé deurlopend verseg om te sê waar die seuntjie is, of selfs net ʼn bewys te lewer dat hy nog leef.

Nortjé hou steeds vol Liam leef nog en het aan sy regsverteenwoordiger, Peter van der Merwe, gesê hy berus by die hof se vonnis en gaan nie daarteen appelleer nie. Nortjé het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom en het nie tydens sy verhoor getuig nie.

Hy is lewenslange tronkstraf vir die moord opgelê, en onderskeidelik drie jaar, nege maande en vyf jaar vir die drie aanrandingsklagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anoniem ·

So hartseer sat sulke dinge met vrouens en kinders gebeur !!!

Jolanda ·

Hoe Kan niemand iets weet nie?
Daar Moes tot bewyse van iets wees want hoe vonnis hul hom sonder bewyse?

Cherokee ·

Die alternatief was syne, Jolanda. Weet nie hoe jy die vonnis kan bevraagteken nie. Hy het die keuse gehad om alternatiewe bewyse voor te lê en as hy kon, sou hy dit doen.

Miekie ·

Ek kan nie glo ‘n pa kan dit aan sy eie vlees en bloed doen nie.
En dan maar ewe gedwee se hy berus wat die hof se. So hy is skuldig. Wie sal verniet in die tronk gaan sit lewens lank. Dis belaglik.
Baie sterkte aan Liam se moeder en twee sussies

toy ·

‘n Gevoellose mens wat so iets doen. Maar hy gaan eendag rekenskap moet gee.

Bees ·

Nou kry hy gratis losies en hoe nooit weer te werk nie. Drie maaltye n dag, ai tog. Dit is tyd dat die gevangenis nie meer so aanloklik moet wees nie.

SêMaarNet ·

Die verlies aan vryheid van beweging is erger as 3 maaltye ens. Dit is wat tronkstraf jou bied. Maar vir sekere persoonlikhede maak dit geen verskil nie(ongelukkig nie)

Cherokee ·

Sorry Bees, daar was voorgestel dat prisoniers harde arbeid moet verrig, maar die DA het daarteen kapsie gemaak deur hul ‘regte’ voor te hou.

Maria ·

Hierdie geval is n LES vir almal Kyk hy/sy agtergrond voordat jy trou of deurmekaar raak nie oorhaastig doen nie. Vergewe maar …..dit is waarheid daarvan hou of nie Dit is almal se nagevolge se “verkeerde keuse” gemaak het Wees versigtig. My hart gaan uit vir mamma X

De Villiers ·

@Maria, jy is indeels reg om eers die kat mooi uit die boom te kyk en jou geliefde se agtergrond eers te ondersoek. Die probleem is dat emosionele ontwikkelings by mense nie maklik is om vas te stel nie totdat jy trou en jy dan eers sien hoe daardie persoon optree in sekere omstandighede. Baie mense het hierdie model agtergronde omdat hulle front voorhou, maar is in wese gewetenlose monsters.

Christa ·

Annoniem, enigiets is deesdae moontlik. My seun van Brits het my uit my huis, motor, werk en geld met Mooi beloftes dat Hy vir my Sal sorg. Nou sit EK op straat alhoewel n skatryk is. Hy Wil nie my geld teruggee nie. Dit is nogal my wife seun wat se Graad na Sy kop is

Elisabeth Teir ·

U kan U seun aangee vir mishandeling wat U het regte as bejaarde.

Cherokee ·

Christa, maak dit bekend aan die gemeenskap in Brits. Daar is waarskynlik ‘n gemeenskapskoerant oftewel dorpskoerant, maak ‘n storie daarvan en nie net een keer nie. Spel dit uit in hul koerant. Ek het sowat twee dekades gelede ‘n snoekertafel verkoop aan ‘n dokter in Mooinooi(?). (dit moet daar êrens wees) Hoop hy geniet die tafel steeds.

Niklaas ·

Daai man wou seker vir Liam se ma om een of ander rede “straf” , want dit moet vreeslik wees vir haar. So n onopgeloste saak soos jou kind se verdwyning sal my in gestig laat beland. Soveel simpatie vir die arme mamma.

Tina Els ·

Baie bly hy is lewenslank tronk toe gestuur vir die “moord” op sy pragtige seuntjie. Kan maar net wonder. My opinie (mag verkeerd wees) is dat hy die Ma wil straf omdat sy hom geskei het en dat sy heeltyd bekommerd moet wees waar sy lykie is, of waar hy nou bly? As sy hom nie wil he nie sal sy klein Liam ook nie kan kry nie. Meneer, jy moet nie die seep laat val in die tronk nie, jy weet wat prisoniere doen met mense wat kinders seermaak of vermoor. Gee kans, hy sal gou praat wat met Liam gebeur het as hy n ruk in die tronk is en die bendes kry hom in die hande. Sterkte aan die Mamma en sussies.

Liendempers ·

Ek sien op die ander kanale dat hulle
Moontlik die lykie gekry het. Sy straf gaan baie erg wees in die tronk………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.