Lewenslange vonnis vir man wat geliefde Upington-inwoner vermoor

Frikkie Rademeyer (71) is vroeër vanjaar in sy huis vermoor.

Die polisie het die vonnis wat Piet Jors opgelê is, verwelkom. Jors is vroeër skuldig bevind aan die moord op die 71-jarige Frikkie Rademeyer.

Die Noord-Kaapse hooggeregshof het Jors Donderdag lewenslange tronkstraf opgelê vir moord, asook 15 jaar tronkstraf vir gewapende roof.

Rademeyer, ʼn geliefde inwoner van Middelpos in Upington, se liggaam is in Januarie vanjaar in sy huis aangetref. Hy het verskeie steekwonde gehad. Sers. Sharon Masegela, polisiewoordvoerder, het gesê Rademeyer se tuinier het op sy liggaam afgekom en die polisie ontbied.

Die polisie het Rademeyer se liggaam in die gang van sy huis gevind. Hy was reeds dood.

Die 34-jarige Jors is enkele weke later by ʼn huis in Rosedale aangekeer nadat die polisie inligting opgevolg het.

Hy het tydens sy verhoor skuldig gepleit en is onder meer deur vingerafdruktegnologie met die misdaad verbind.

Die waarnemende stasiebevelvoerder en speurhoof op Upington, kol. Eve April, het die ondersoekspan, die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) én die departement van justisie bedank vir hul bydrae om die saak spoedig en suksesvol af te handel.

  • Maroela Media het vroeër verkeerdelik berig Jors is 15 jaar tronkstraf vir moord én gewapende roof opgelê. Hy is ‘n lewenslange vonnis vir moord opgelê, asook 15 jaar tronkstraf vir gewapende roof. Ons vra om verskoning vir die fout – RED.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gerrie ·

En die moordenaar was by sy sinne…niks gehoor van dwelms of so iets?

GRIET ·

JAAA… KALAHARI… dis hoe dit is en gaan in SA! Jy kry 15 jaar vir MOORD…. en lewenslank vir verkragting, afhangend van jou ras!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.