Vonnis vir onwettige straatjaer moet ‘sterk boodskap’ stuur

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Motoris wat skuldig bevind is dat hy nalatig bestuur het nadat hy aan ʼn onwettige straatren deelgeneem het, het ʼn opgeskorte vonnis gekry en sy lisensie is ook opgeskort.

Die motoris is gevonnis tot R3 000 of 30 dae tronkstraf en sy lisensie is vir ses maande opgeskort. Hy is ook tot ses maande direkte tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is, op voorwaarde dat hy nie weer dieselfde oortreding begaan nie.

JP Smith, Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het die vonnis as betekenisvol beskryf. “Oortreders word nie maklik vir hierdie soort oortredings gevonnis nie en sommige sake kan vir jare lank voortsleep, wat beteken dit is nie ʼn doeltreffende afskrikmiddel om hiervan aangekla te word nie.”

Smith het gesê die vonnis stuur ʼn sterk boodskap uit aan onwettige straatjaers dat daar “gevolge is vir motoriste wat voortgaan om openbare paaie vir hul persoonlike vermaak te gebruik”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Gesie ·

Dit is hoog tyd!!! Te veel wanorde in ons wetlike stelsel. Hoop net vir strenger maatreëls vir die moordenaars en plunderaars in hierdie land.

Danie ·

In Pretoria, Voortrekker Road ( Steve Biko ) gaan dit ook nog voort en daar het mense al met hulle lewens betaal. Nou die dag het ons via die straat huis toe gery en daar was metro polisie voertuie hier en daar maar dit her gelyk of hulle die “show” geniet het… Dié is gevaarlik, finish en klaar, en as ‘n geliefde stref of vermink word moet die vriende en familie nie tjank nie.

Willie ·

Ek bly ook in Pretoria Moot en dit gaan so aan, tot in DF Malan nou al… en ja die SAPD en die Metro is soms teenwoordig en lyk nie of hulle dit wil bekamp nie… Alle basiese wetgewing is daarmee heen, die Taxi’s be-oefen dit elke minuut van hulle bestaan…

Nico K ·

Die persoon het nie veel oorgekom nie. Sy lisensie is wel opgeskort, maar die probleem met die R3000 boete is dat daar is talle mense al gevang is vir snelhede van oor die 200k/ph. Maar meeste van hulle is ryk en gee nie om daarvoor nie.

ANDRE ·

Hierdie tipe onverandwoordelike en dodelike “adrenalien aangejaagde” sport word in elke dorp op enige plek gehou.Die skrikkerigste deel is dat dit oor die algemeen jong mense is wat daaraan deelneem.Ek is al heeltemal oorstuur met die idee dat daar n “rocket” oor die rooilig gaan jaag in die aande as ek na werk huistoe ry.

Loon ·

Wil net weet by Maroela of hierdie motoris n naam het…..hy is mos bo 18 en klaar skuldig bevind?
Ons wil graag ook name hê!

GES ·

Bou vir die manne ‘n plek om hulle motors te gaan toets. Kry hulle net van die straat af sodat normale mense hulle gang kan gaan.

sethos ·

Dit was nou n renjaer op n straat wat nou nie goed is nie.word groot man?

Kaspaas ·

Watse swaar straf is dit. Meer boete van R30 000 of 3 jaar tronkstraf, lisensie opgeskort vir 2 jaar en dan moet hy heraansoek doen en 5 jaar gevangeskap opgeskort vir 5 jaar en dalk sommer ook die kar waarin hy was moet gevat word. Dit sou n groter boodskap stuur.

Tiger ·

Die straf was hopeloos te lig.Ek voel in enige geval van onwettige straatrenne moet die oortreder se voertuig dadelik gekonfiskeer word want hy maak misbruik van ‘n voorreg EN hy stel ander mense lewens in gevaar.En dan ‘n toepaslike boete van minstens R30,000 of 5jaar tjoekie.Sy bestuurs lisensie hoort vir ‘n paar jaar opgeskort te word.Kortom ,vir my kan so persoon nie swaar genoeg gestraf word nie want hy kan iemand beseer of se dood veroorsaak .

R ·

Dit het die afgelope Sondag aand ook in Bremer Straat plaasgevind.

Ben Prinsloo. ·

Straatresies is verkeerd. Wat my wel pla is die feit dat daar baie minder mense doodgaan agv straatresies maar hier word baie kwaai kritiek deur sommige van u gelewer. Wat van al die “snelwegresies” soos Vavi en Malema en hulle kom daarmee weg? Geen boete, geen opgeskorte vonnis. Kom ons kyk liewer na die regstelsel soos wat sommige van u opgemerk het. Ek dink dit is waar die probleem lê.

Noname ·

Wel volgens my os daar niks lekkerder as dit nie . Kyk mens kan dit iewers gaan foen op straate waar niemand ry nie volgens my os daar dan niks verkeerd nie .

Noname ·

Wel volgens my os daar niks lekkerder as dit nie . Kyk mens kan dit iewers gaan foen op straate waar niemand ry nie volgens my os daar dan niks verkeerd nie …

chantel ·

mense ons het dit ook ma tussen fabrieke wa dit stil is ma nog steed jaag die metro jou. los ons dat ons dit tussen die fabrieke doen teminste hou dit jou uit kwaad uit soos dewelms en so voorts maak dit leagal en julle sal sien da sal minder kinders na drugs gryp. ja da is baie plekke wat dices en sulke goed het ma jy moet betaal as jy wil gaan wie gaan betaal as jy dit vernuut kan doen dis iets lekker vir die jong klomp en da is tot oumense wat kom kyk

Adele ·

Ek stem saam chantel. Plaas doen hulle eerder iets oor die plaasmoorde of moordenaars. My tannie is koelbloedig vermoor in Thabazimbi op die plaas. Gemartel. Raai wat??? Daar het niks daarvan gekom nie.
Gun die mense wat n stokperdjie het om hulle self te geniet. Dan sal daar minder druggies wees.

Oom Kalahari ·

Soms is dit goed om te kan debatteer uit verskillende oogpunte aangaande ‘n onderwerp en veral as jy deel daarvan uitmaak. Ongelukkig stem ek saam van my mede skrywers dat hierdie straf te lig was en dat hierdie persoon se lisensie permanent opgeskort moet wees en voertuig konfiskeer. My klein niggie is op 12 jarige ouderdom deur hierdie straat jaers in Durban omgery op ‘n openbare pad waar twee mekaar die jaagtog aangesê het. Die jongeling het beheer verloor en haar getref. Haar hele lewe met sport en akademie is daarmee heen weens verlamming van die nek af, breinskade en vasgevang in ‘n rolstoel. 11jaar later het haar liggaam ingegee en is sy oorlede en die bestuurder was net ‘n boete opgelê en ‘n opgeskorte vonnis vir roekelose en nalatige bestuur. Al die hartseer en mediese kostes vir hierdie spoed junkies en dit word goedgepraat. Dit maak mens hartseer. Waarom nie geskikte plekke vir die dan kry deur hul plaaslike gemeenskappe buite die bewoonde gebiede en openbare paaie soos met renbane en hul jaag frustrasies en wintie maniere daar gaan openbaar as om mense se eiendom en lewens in gevaar te stel nie. Ek weet baie gaan my hier kruisig, maar waar sy vandag in ‘n begrafplaas so onnodig op so jong ouderdom moet wees maak my hart bitter en seer teen hierdie ongenaakbare optrede van sportsoort.

Ben Prinsloo. ·

Meegevoel met jou Oom Kalahari. Wil net ter versagting sê dat nie een van die straatjaers se doel was om iemand se dood te veroorsaak nie. Straatresies is dalk nie die regte plek nie maar mense gaan tot dood op die rolbalbaan. Maar weereens meegevoel, ek sou dalk sterker as Oom oor die aangeleentheid gevoel het sou so iets my oorgekom het.

Hp ·

Waar moet die mense race as daar nie genoeg renbane in die land is wat dae vir street to strip racing doen nie? Uit my oogpunt wat al n paar jaar tedoen het met buide wetige en onwetige racing as daar n local plek is waar n mens kan race doen hul dit eerder daar. Ek se nie om n track te bou gaan streetracing stop nie maar dit sal dit help afskaal.

Oom Kalahari ·

@Ben Prinsloo, dankie vir die medelye, positiewe terugvoer en tot vandag toe lê die hartseer nog diep oor die voorval. Daarom is dit nie my plek om hierdie mense total van hul sport beoefening te wil ontneem nie, maar stel voor dat dit op veilige plekke met die nodige veiligheids beplannings en bystand te kan doen. Al wat ek vra as mense net vir een oomblik kan indink as dit jou kind was of suster of nabye familielid ens, wat sou jou gevoel dan gewees het? Dit is so dat ongelukke gebeur en is menslike faktore, maar die besonderse geval was straatjaers wat mekaar die stryd aangesê het en dinge het skeef geloop en ‘n jong kind se lewe het ingeboet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.