Vonnisoplegging begin vir Griekwastad-moordenaar

Die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die Steenkamp-gesin se moorde in Griekwastad

Die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die Steenkamp-gesin se moorde in Griekwastad

Die tienerseun wat skuldig bevind is aan die moorde op die Steenkamp-gesin van Griekwastad, se vonnisoplegging begin na verwagting Dinsdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley.

Regterpresident Frans Kgomo het die 17-jarige seun in Maart skuldig bevind aan die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en dogter Marthella (14) op 6 April 2012 op die plaas Naauwhoek. Die tiener is ook skuldig bevind op ʼn aanklag van dwarsboming van die gereg en dat hy Marthella verkrag het.

Die seun, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie omdat hy minderjarig is, word sedert sy skuldigbevinding in ʼn gevangenis vir jeugdiges in Kimberley aangehou. Die vonnisoplegging gaan na verwagting vier dae lank duur.

Lees ook:
Geen borgtog vir Griekwastad-moordenaar
Griekwastad-moorde: Hier is die uitspraak
Griekwastad-moorde: “Die domste plaasaanvaller in Suid-Afrika”
Griekwastad-moorde: Uitspraak vandag verwag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Peter Says

Hoe leef so mens met homself ? Wis sy hele gesin uit en maak of niks gebeur het nie…Die oordeel kom ons nie toe nie, maar mag die res van sy bestaan, intens misrabel wees.

HETTIE

Ek dink en dink en dink maar kan nie dink hoe ‘n kind so iets aan sy hele gesin kan doen nie. En nog sy eie sussie verkrag. Wat gaan in sy kop aan? Sjoe dit gaan regtig my verstand te bowe.

nika

Was hy ‘n aangenome kind?

Sollie

Dis alles erg maar die seuns se optrede die hele tyd wys iets is nie reg nie. Daar is GEEN manier wat ‘n kind net ouers sal skiet wat hom sy lewe lank versorg het tensy dinge op ‘n punt gedryf word – en moet my tog nou nie aanval en se daar is geen redes vir moord nie. Ek en jy was nie daar en het nie heeldag in daardie huis gelewe – mense sien net raak van so ‘n gesin wat die gesin wil HE die publiek en vriende moet sien – ‘n “gelukkige” gesin. Pasop vir vinger… Lees meer »

venesa

Ek gaan seker nou gekruisig word maar dit is my siening. Ek dink nie die kind het dit alleen gedoen nie hoe op dees aarde het hy 2 gewere op eenslag hanteer, sy pa was nie n klein man nie iemand met krag in sy arms moes vir Don oor die kop geslaaan het daai kind het ongelukkig nie die krag nie.En indien hy sy sussie verkrag het waar is die bewyse as hy homself op haar afgedwing het moes daar iets soos skaamhare aan haar vasgeklou het, Ek dink hy weet wie dit gedoen het en beskerm daardie persoon… Lees meer »