Vonnisoplegging begin vir Griekwastad-moordenaar

Die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die Steenkamp-gesin se moorde in Griekwastad

Die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die Steenkamp-gesin se moorde in Griekwastad

Die tienerseun wat skuldig bevind is aan die moorde op die Steenkamp-gesin van Griekwastad, se vonnisoplegging begin na verwagting Dinsdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley.

Regterpresident Frans Kgomo het die 17-jarige seun in Maart skuldig bevind aan die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en dogter Marthella (14) op 6 April 2012 op die plaas Naauwhoek. Die tiener is ook skuldig bevind op ʼn aanklag van dwarsboming van die gereg en dat hy Marthella verkrag het.

Die seun, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie omdat hy minderjarig is, word sedert sy skuldigbevinding in ʼn gevangenis vir jeugdiges in Kimberley aangehou. Die vonnisoplegging gaan na verwagting vier dae lank duur.

Lees ook:
Geen borgtog vir Griekwastad-moordenaar
Griekwastad-moorde: Hier is die uitspraak
Griekwastad-moorde: “Die domste plaasaanvaller in Suid-Afrika”
Griekwastad-moorde: Uitspraak vandag verwag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Peter Says ·

Hoe leef so mens met homself ? Wis sy hele gesin uit en maak of niks gebeur het nie…Die oordeel kom ons nie toe nie, maar mag die res van sy bestaan, intens misrabel wees.

leana ·

Stem saam met jou Peter. Hy is ‘n gevoellose monster wat in eensame aanhouding hoort.

Annemarie ·

Aangenome of nie. Wie gee hom die reg om lewens te neem? Om sy ouers en sussie koelbloeddig te vermoor en geen greintjie van hartseer te wys. Hy het bloed op sy hande en gehoop hy kry al die geld in die wereld. Hy was selfsugtig!!! Hulle wat agter bly sit altyd met daai seer.

HETTIE ·

Ek dink en dink en dink maar kan nie dink hoe ‘n kind so iets aan sy hele gesin kan doen nie. En nog sy eie sussie verkrag. Wat gaan in sy kop aan? Sjoe dit gaan regtig my verstand te bowe.

Chené ·

Nee hulle is nie aangeneem nie. Dit is bewys in die hof, waar familie lede by hulle geboorte was. LET WEL NIE AANGENEEM NIE.

Sollie ·

Dis alles erg maar die seuns se optrede die hele tyd wys iets is nie reg nie. Daar is GEEN manier wat ‘n kind net ouers sal skiet wat hom sy lewe lank versorg het tensy dinge op ‘n punt gedryf word – en moet my tog nou nie aanval en se daar is geen redes vir moord nie. Ek en jy was nie daar en het nie heeldag in daardie huis gelewe – mense sien net raak van so ‘n gesin wat die gesin wil HE die publiek en vriende moet sien – ‘n “gelukkige” gesin. Pasop vir vinger wys. En om nou te se o hy was selfsugtig en wou ald ie geld he – hy wete mos hy sou dit erf op daardie ouderdom dink hulle beslis nie aan die geld nie, nie as hy dan “alles” by die ouers gekry het nie. Dit is iets anders wat daar aanleiding tot die tragedie gely het en ek hoop maar hy kry die rgete hulp in plaas van NET veroordelings.

venesa ·

Ek gaan seker nou gekruisig word maar dit is my siening. Ek dink nie die kind het dit alleen gedoen nie hoe op dees aarde het hy 2 gewere op eenslag hanteer, sy pa was nie n klein man nie iemand met krag in sy arms moes vir Don oor die kop geslaaan het daai kind het ongelukkig nie die krag nie.En indien hy sy sussie verkrag het waar is die bewyse as hy homself op haar afgedwing het moes daar iets soos skaamhare aan haar vasgeklou het, Ek dink hy weet wie dit gedoen het en beskerm daardie persoon die waarheid gaan nog uitkom. Hulle moet bietjie na die pa se neef kyk.Hy was darem maar baie vinnig by die polisie stasie.

Sollie ·

@Venessa – interessante siening. Dink nog altyd daar is BAIE meer agter hierdie storie as wat mens dink.

Chloe ·

Venesa – daar is verskriklik baie kinders in die wereld wat hulle hele families alleen uitgewis het vir ‘n erfenis. As jy ‘n geweer in die hand het kan mens sommer baie mense op een slag uitwis. Dis nie moeilik nie en hy’s nie enig in sy soort nie.

Ben ·

Chris…..klink jy weet…..jy hoef dit nie te deel nie…Venessa…jy raak iets aan wat nog nie voorheen aandag geniet het nie….mag die waarheid seevier…..ek weet dit is bokant my verstand

Venesa ·

Hi Chris jy weet seker beter.Ek sien verkragting wanneer daar penetrasie is. En as daar nie penstrasie is nie word dit gewoonlik onsedelike aanranding of mollestering genoem.Ek kan verkeerd wees. Sy het perd gery vroeer dardie dag so dit is normaal dat daar skawing en rooierigheid aan haar geslagsdele sal wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.