Vonnisoplegging in Coligny-saak uitgestel

Phillip Schutte en Pieter Doorewaard. Foto: ANA

Die saak teen twee mans, wat skuldig bevind is op aanklag dat hulle die 16-jarige Matlhomola Mosweu van Coligny doodgemaak het, is Donderdag in die hooggeregshof in Noordwes uitgestel.

Regter Ronnie Hendricks het die saak teen Pieter Doorewaard en Phillip Schutte tot 6 Maart uitgestel.

Die staat het aangevoer Mosweu is dood toe hy op 20 April 2017 van ʼn bewegende voertuig afgestamp is. Die twee mans is ook skuldig bevind op aanklag van ontvoering, intimidasie, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen.

Die verdediging het getuig ter versagting van vonnis en die staat het lewenslange tronkstraf versoek op aanklag van moord, tien jaar op aanklag van ontvoering, twee jaar op aanklag van intimidasie, een jaar op aanklag van diefstal en drie jaar vir die rig van ʼn vuurwapen.

Staatsaanklaer Rapula Molefe het gesê die twee het geen berou getoon nie en hulle het nie hul meegevoel betuig met Mosweu se familie nie. Hy het Mosweu se dood as “gruwelik” beskryf. “Die oorledene is dood vir ʼn sonneblom ter waarde van R80,” het Molefe gesê.

Adv. Celice Zwiegelaar, vir Doorewaard, het aan die hof gesê hy het berou toon. “Die hof moet tydens vonnisoplegging besluit wat die samelewing nodig het, en nie wat die samelewing wil hê nie. In hierdie geval is lewenslange tronkstraf nie nodig nie.”

Adv. Pieter Smit, vir Schutte, het gesê die twee is reeds deur publieke mening veroordeel. Hy het versoek dat die hof in ag moet neem Schutte is getroud en het drie minderjarige kinders. Hy is die enigste broodwinner vir sy gesin. Smit het aan die hof gesê sy kliënt ly ook aan depressie en het reeds 14 kg verloor sedert hy in Oktober 2017 skuldig bevind is.

Lees alle vorige berigte oor die Coligny-moordsaak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

corne ·

Net in Sa.Word by n plaashius ingebreuk en mense word amper dood gemartel en n saak van Huisroof word ondersoek.Jy van n vermeende Dief en jy word met die hele boek geslaan Dit ook Nadat die eenigste getuie nie eers weet wat regtig aangan nie dan se hy hy gelieg dan weer hy het nie nie net die saak nie van tevore ook al gebeur uiters swak tiepies ek hoop Gerrie Nel en Barrie Roux kan julle los kry en sommer ook n hele klomp geld vir julle kry vir pyn en lyding en ook dan die betrokke mense wat met die saak teen julle aangaan persoonlik ook vervolg.Want die saak lyk net al hoe meer na n rasse saak niks te doen met reg en geregtighied nie.Wonder of die getuie ook aangekla gaan word?En daar gaan niks verder met hom gebeur nie.

Werner ·

Dink die regter besef hy is nou in n hoek gedryf weet nie wat om te doen nie nou stel hy maar uit

Lana ·

Jy is reg, Werner.
Ronnie Hendricks het probleme. Geen wonder!!

Louis ·

Soos gewoonlik is die inligting verkeerd oorgedra. Phillip het ongeveer 40kg verloor en dit is op rekord in die hof geplaas,

Cherokee ·

Indien dit ou en núwe fotos is, glo ek nie daai 40 k’s storie nie.

Louis ·

Die foto wat by die berig geplaas is , was geneem toe die saak begin het. Die berig is verkeerd, daar is in die hof getuig dat hy ongeveer 40kg verloor het vandat hulle skuldig bevind is en in die tronk aangehou is.. Ek ken hom persoonlik en was in die hof hierdie hele week. Jy het geen idee wat aangaan in ons tronke nie.

Cherokee ·

Ek glo wat jy sê Louis, maar soos aangedui het ek daarop gewys dat geen foto van hom 40k’s gewig verlies toon nie. Lees my kommentaar weer; indien dit ou en núwe fotos is..
Ek weet egter dat die media met fotos uit hul argiewe rondspeel en ek hoor wanneer jy sê die foto is lank terug s’n foto.

Gaitsigubib ·

Ek was ook binne vir ontvoering, aanranding GBH en branstigting van alle dinge. Ek kan voor God sweer dat ek nie skuldig was nie en die hof het toe ook so besluit. As die media egter met die saak begin hardloop het glo ek ek was vandag nog agter tralies. Nog “getuies” sou opduik en die staat sou versterkings inroep. Na my mening moes die regter in “mistrial” aankondig toe die enigste getuie so kruis en dwars begin praat. Dan kon die staat van voor af aankla. Sy saak sou egter maar sleg gelyk het.

Neels ·

In die slotbetoog deur die staatsaanklaer word daar elke keer aangevoer dat die beskuldigdes het nie berou getoon nie, ook nie meegevoel met die oorledene se familie betuig nie. Dit lyk my dis al rympie wat hulle ken, word hulle so geleer, want hoe in jou lewe werk dit as mens in jou onskuld glo, in effek weet jy mos jy is onskuldig, dat jy berou moet toon en meegevoel moet betuig?

Slaan my met ‘n plank.

kolla ·

Jy verstaan nie die proses nie. Die saak is steeds aan die gang, uitspraak is gelewer (die beskuldigdes is skuldig bevind). Die volgende fase is vonnisoplegging. Die regsverteenwoordigers moet hulle berus by die regter se uitspraak en nou by vonnisoplegging probeer dat die beskuldigdes verminderde straf kry. Na die hofsaak kan hulle teen die skuldigbevinding en/of die vonnis appeleer maar nie nou nie en dit wat by vonnisoplegging gesê is, het niks met die beoordeling van die feite (of hulle skuldig is of nie) te doen nie.

Cherokee ·

Kolla, dit is jy wat nie verstaan wat Neels sê (en ek hom mee ondersteun) nie. Dit is totaal absurd om skielik, *às die skuldigbevinding verkeerd is,* berou te veins.

Abe ·

Weet iemand dalk? : Het die regter n rede vir die uitstel aangevoer?

bollie ·

Dis normaal by ernstige sake. Die regter neem gewoonlik tyd om die voorleggings te oorweeg.

HPV ·

Watter regstelsel? Daar was ‘n regstelsel, maar het met die koms van die anc regime saam baie ander stelsels gesink. Die bestaande stelsel is die anc se eie eensydige maaksel.

leser ·

die saak skep n presedent wat slegte nadraaie vir die “swart” betogers, aanhitsers vir hulle self maak, die GROOT wiel draai

Judge Dredd ·

Die regter stel vonnisoplegging uit want hy weet die ooggetuie het gelieg en die beskuldigdes gaan appeleer maak nie saak wat sy uitspraak.
So nou stel hulle uit so lank as wat hul kan om die beskuldigdes so lank as moontlik in aanhouding te hou.
Julle sal sien – die appel saak sal ook laaaaaaaaaank uitgerek word.

Gerhardb ·

Vraag…As die Verdeging Appeleer? Kan hulle weer die getuie onder kruis verhoor plaas?

Abe ·

kolla,
Jou antwoord is reg en dit is baie belangrik in hierdie saak. Hoe word nuwe getuienis wat aan die lig gekom het, dan onder die aandag van die hof gebring? Kan die verdediging nuwe getuies roep tydens die appel?

PJC ·

Ek dink die getuienis van die mense teenoor wie die oorspronklike getuie so lekker gebieg het gaan die ding doen in die appélhof asook die hofrekords van die hofsaak wat tot hul skuldigbevinding gely het. Wat dink jy Abe.

Abe ·

PJC,
Dit lyk my dit gaan uiteindelik die kruks van die saak wees. Kom ons wag en sien!

Hanna Hoekom ·

Hoe moet n mens “berou toon” wanneer jy niks verkeerd gedoen het nie? Vra maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.