Vonnisoplegging uitgestel van twee wat vals klagte van rassisme indien

rassisme mnn_com

(Grafika: Mnn.com)

Die vonnisoplegging van twee polisielede wat ʼn kollega valslik daarvan beskuldig het dat sy die k-woord gebruik het, is tot die einde van volgende maand uitgestel.

AO Sedisa Tikoe en AO Chris Mphana is vroeër vandeesmaand aan verskeie strafregtelike klagte skuldig bevind waaronder crimen injuria, regsverydeling, meineed en aanranding.

Hulle het hul eertydse bevelvoerder, lt.kol. Annemarie Oosthuizen, in 2017 valslik daarvan beskuldig dat sy die k-woord gebruik het. Hulle het haar boonop met geweld gedreig.

Maroela Media het vroeër berig Oosthuizen het destyds dissiplinêre stappe ingestel teen die twee junior lede onder haar bevel nadat hulle hul aan wangedrag skuldig gemaak het. In reaksie op die tugstappe het die twee ʼn klag van crimen injuria teen Oosthuizen ingedien deur aan te voer sy het die k-woord gebruik om na hulle te verwys.

ʼn Voormalige intern, Elizabeth Sechele, het na vore getree om teen hulle te getuig, selfs al is sy later geïntimideer en het sy vir haar lewe gevrees.

Oosthuizen is tydens ʼn departementele verhoor van die polisie onskuldig bevind op al die aanklagte van wangedrag. Tydens die verhoor is ook bevind dat die adjudantoffisiere en hul getuie blatant onder eed leuens vertel het.

Ten spyte hiervan het die polisie steeds geen departementele stappe teen die twee gedoen nie.

Solidariteit, wat Oosthuizen in die hof verteenwoordig het, het daarna ʼn arbeidsdispuut ingevolge die Wet op Billike Indiensneming namens Oosthuizen na die arbeidshof in Johannesburg verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

007 ·

Gewoonlik as jy iemand beskuldig van iets, dan jy presies net daai iets!

Jaco ·

Vonnisoplegging is uiters onwaarskynlik, want swart mense is nie rassisties nie en kan dus nie skuldig wees aan al daardie gelyste beskuldigings nie. Net wit mense het sulke slegte eienskappe. Our people is volgens president ramaphosa altyd vredeliewend en tegemoetkomend.

Lourens CFG ·

As die meerderheid swart mense soos Elizabeth was, het ons nie so baie korrupsie in die land gehad nie, én kon ons almal pragtig saamgewerk het om hierdie wonderlike land van ons weer te kon laat blom. (Almal sou dan met plesier met alle mense kon saamwerk sonder ewige bakleiery)
Ek sê baie dankie aan haar dat sy die regte ding gedoen het.
Sawubona mama.

Johannes ·

As hulle gelieg het, is hulle dan self skuldig aan rasisme.

madels ·

Ek het baie respek vir Elizabeth. As elkeen van ons in liefde teenoor mekaar reageer en opstaan vir ons medemens wanneer ons sien iets is verkeerd dan sal ons n ander Suid Afrika sien. My huishulp is n lig oral waar sy gaan en sy bly nie stil as swart mense lelik praat teen wit mense nie. Of ons nou wil dit glo en leef of nie, maar die Here se ons moet mekaar liefhê. Rasisme is net n ander woord vir haat. Laat ons eerder ligbringers wees waar daar duisternis is en hoop waar daar nie hoop is nie. Ek sê dankie vir diegene wat dit wel doen. Saam sal ons n verskil maak!

Porseleintjie ·

Tegnies gesproke het hulle self dan mos nou die ‘k’ woord teen hulself gebruik. Hoeveel mense het reeds tronkstraf gekry, juis oor dieselfde woord? Tronkstraf sal dus mos dan die gepaste vonnis ook hier wees?

Jr ·

Penny Sparrow died due to stress just for saying something. Elizabeth ek salueer jou dame omdat u bereid was om op te staan teen hierdie boewe. You will receive your crown in heaven. I would like to build a country with people like you.

Jack ·

Vergeet maar van aflegging. Hulle gaan goeie bevordering kry. Hoe laag kan jy daal in die land. Wonder hoeveel wit mense is al tronk toe of werkloos oor hierdie samespanning. Mooi Solidariteit jy werk vir ons.

Jannie van Niekerk ·

Hoe op dees aarde beland oneerlike mense in die polisie? Ek het nouweer tydens inperking gesien hoe oneerlik sekere polisiemanne is. Hulle dryf handel in sigarette, maar dis hulle wat die mense moet vang wat dit dit doen. Deur die bank OPENLIKKE ondersteueners van die ANC en EFF. Met hoë range.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.