Vonnisoplegging van moordenaars uitgestel

Argieffoto

Argieffoto

Die vonnisoplegging van die twee mans en een minderjarige wat verantwoordelik is vir die dood van Emmanuel Sithole, is Vrydag in die Johannesburg-landdroshof uitgestel omdat die voorvonnisverslae nog nie beskikbaar was nie.

Sithole is op 18 April 2015 in Alexandra, Johannesburg, aangeval en met ʼn mes doodgesteek. Die aanval het plaasgevind in ʼn tyd toe xenofobiese aanvalle aan die orde van die dag was. Sithole was ʼn Mosambiekse burger.

In November is Mthinta Bhengu en Sifundi Mzimzela skuldig bevind op aanklagte van moord en diefstal, terwyl ʼn minderjarige skuldig bevind is aan diefstal.

Hulle sal op 29 Januarie 2016 gevonnis word.

Lees alle vorige berigte oor Emmanuel Sithole op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

talitha ·

Hierdie man is soos n hond langs die straat doodgeskiet. Hoe goedkoop het n mens se lewe geword? Was hy n moordenaar of het hy mense gemartel, verkrag of wat?
Het hy die dood verdien?
Ek wonder maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.