Vonnisuitspraak gelewer in Oscar Pistorius-moordverhoor

Oscar Pistorius tydens verlede week se hofverrigtinge. Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius tydens verlede week se hofverrigtinge. Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Regter Thokozile Masipa het Dinsdag die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius in die Pretoriase hooggeregshof gevonnis nadat hy vroeër skuldig bevind is aan strafbare manslag vir die dood van sy vriendin Reeva Steenkamp verlede jaar op Valentynsdag by sy huis in die ooste van Pretoria.

Ná ʼn sewe maande lange verhoor het regter Thokozile Masipa hom tot ʼn maksimum van vyf jaar tronkstraf gevonnis op die aanklag van strafbare manslag. Sy het Pistorius op die klag wat met die Vuurwapenbeheerwet verband hou tot drie jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Pistorius is onmiddellik ná Masipa haar vonnis gelewer het, deur ‘n hofordonnans na die aanhoudingselle geneem. Meer inligting volg.

Hy is ook skuldig bevind op ʼn aanklag dat hy in Januarie 2013 ʼn skoot onder ʼn tafel by die Tasha’s in Johannesburg laat afgaan het toe hy sy vriend Darren Fresco se Glock-pistool hanteer het.

Die verhoor het op 3 Maart begin nadat die staat die atleet aangekla het van moord met voorbedagte rade. Pistorius is op 12 September skuldig bevind aan strafbare manslag vir die skietery op 14 Februarie 2013. Die hof het hom onskuldig bevind aan moord.

Hy is egter onskuldig bevind dat hy op 30 September 2012 ʼn skoot deur die oop sondak van ʼn motor in Modderfontein laat afgaan het en onskuldig bevind aan die onwettige besit van ammunisie.

Lees meer oor die hofverrigtinge van die Oscar Pistorius-verhoor op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Lanie ·

Nou sien hy kry maar net 5jaar die ander kry meer en het ook nie n voorreg om na 8maande uit te kom nie nou waar is die gereg nou hmmm

Suzette ·

Lanie ons weet mos ons “regstelsel” het in die watsenaam geduik, maar ten minste loop hy nie skotvry daar uit nie. Ek is net bly dis verby en kan mens nou weer ander belangrike nuus hoor en lees.

Patat ·

Dit sal net “verby” wees as die staat nie gaan appelleer nie. Ons sal seker binnekort weet.

Gideon de Klerk ·

…tot drie jaar gevonnis waarvan vyf jaar opgeskort is. Wiskunde?

Patat ·

Dit beteken seker hy kan nou vir twee jaar doen wat hy wil met sy vuurwapen… Hy’t mos nou krediet.

WILLIE ·

Wanneer ‘n vonnis opgele word en dan opgeskort word beteken dit die vonnis nie nou uitgedien word nie, maar indien dieselfde oortreding weer begaan word binne die periode waarvoor dit opgeskort is, word die opgeskorte vonnis by die nuwe vonnis gevoeg by skuldigbevinding van die tweede oortreding. Dus Sou hy binne 5 jaar weer ‘n vuurwapen afvuur en daaraan skuldig bevind word moet hy 3 jaar plus die nuwe vonnis uitdien.

Theresa ·

5 Jaar waarvan hy ‘n 6de gaan sit. 10 maande vir Reeva se lewe…………………..Ongelooflik!

Leon ·

@Gideon: 60 maande vonnis, waarvan 1/6e in tronk uitgedien moet word. Maw. hy dien slegs 10 maande in tronk en die ander 50 maande onder huisarres. Wiskunde, hmm?

Nella ·

Ek dink hy is in die 20 maande en een week meer gestraf as meeste wat al 20 jaar in die tronk sit. My eerlike opinie is dat sy kop uitgehaak het daardie tyd en was nie bewus van wat hy doen nie. Hy het opreg berou. My hart gaan uit na hom en sy familie. Veral sy Sussie. Sterkte.

Patat ·

Ja Nella, ek dink ook sy kop het uitgehaak toe hy Reeva geskiet het, en daarom sou dit beter gewees het as hy van die begin af eerlik daaroor sou gewees het. SO DINK EK MAAR. Ek was nie daar nie, so sal nie regtig weet nie, maar uit die verloop van die hofsaak het baie bewyse teen hom aan die lig gekom. Ek is eerlik stom dat daai lig net sommige kon laat sien. Dalk was die lig te skerp, en het sommiges verblind. I elk geval, so kom dit maar vir my voor.

nicolette ·

So onregverdig min gestraf vir n lewe wat hy geneem het.mag sy gewete hom ry.hy verdien n baie swaarder straf vir die daad wat hy gepleeg het.die uitspraak SUCK.

annatjie ·

Oscar is baie gelukkig om so ‘n ligte vonns te kon kry. Dis ‘n duur les om te leer.

Hannelie ·

Gideon ek stem saam, Wiskunde hy is weg. Hul kan nie die som doen nie. Ek ook gewonder oor daai een. Eintlik skuld hulle Oscar 2 jaar as jy dit terug werk.

Patat ·

Ons onderskat dalk die regter. Met die ligte vonnis kan Oscar nie appelleer nie, maar die staat kan wel, of so dink ek. Ek is nie ‘n kenner op die gebied van die reg nie.

antjie ·

Ja ne nou kan jy seker maar n “inbreker”skiet dalk sit jy net 5 jaar????????

Petra Brummer ·

As ek die media en lamppale lees asook tv luister is dit vir my nie vreemd dat Dawid sê: “Ek is baie benoud; laat my tog in die hand van die HERE val, want sy barmhartighede is baie groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie. 1 Kron 21:13 21:13”.

Mense, mense “dood en lewe is in die mag van die tong en elkeen wat dit graag gebruik sal die vrug daarvan eet.
Bid liewer vir Reeva se familie – en veral vir Oscar en sy familie wat saam met hom hierdie pad stap. Die Here is Groot en kosbare Heilige Gees vul elke leemte en sal hulle koester. Ja en God se Engele kan ook vir Oscar in die gevangenis bewaar van negatiewe ervarings.
Ek praat geensins die daad goed nie maar- Dawid het baie dinge gedoen wat lynreg teen God se woord is en ja selfs ‘n moord gepleeg en tog het God hom telkens vergewe en ” Dawid ‘n man na God se hart genoem” omdat Dawid gehoorsaam was aan God se woord en hy het elke keer as gefouteer of gesondig het berou gehad en sy skuld voor God bely. Dawid was ook ‘n man na God se hart omdat hy God erken het as Here van sy lewe en hy het ‘n lewende verhouding met God gehad. lees Psalm 51 en 32.
Die Here weet alles en net Hy weet wat regtig gebeur het en net Hy weet ook van Oscar se berou en pyn oor alles. Gun hom herstel en genesing.
Shalom

Hermanus Potgieter ·

Ek verstaan dat die dames nou oor emmosioneel is en dat ons mense dink die wraak kom ons toe. Daar is ‘n fyn lyn tussen wraak, en geregtigheid. Ek kan nie sê wat sy bedoeling was nie, en ek is verskriklik jammer dat so iets met eerstens Reeva, maar ook hom gebeur het. Die ANC vroueliga, wat ek aanneem die dames wat kla oor die vonnis deel van is, het nooit iets te sê as ‘n boere vrou se verkragters, martelaars en moordenaars in die hof is en ‘n ligte vonnis kry nie en ek praat nie eers van die wat die polisie versuim om te vang en aan te kla nie. Moenie oordeel nie want met dieselfde oordeel waarmee jy oordeel sal jy geoordeel word. Ek is jammer vir beide families in hierdie saak.

EMK ·

Hermanus Potgieter – ek wil ook BITTERGRAAG weet waar is die kastige ANC vroueliga wanneer mens daagliks lees van kinderverkragtings, van vrouens wat langs die pad doodGESLAAN is (gister in Maroela) as hoevele vroue verkrag word. Maar hul wou maar net hul 5 minutes of fame op tv hê toe gaan dans en gaan hul tekere by hierdie hofsaak. Ek hoop daar is berusting en dat almal tog nou sal kalmeer en iets anders kry om oor aan te gaan, regtigwaar.

Karien ·

Soms praat ons voor ons dink. Se nou Oscar was jou kind. Sou jy ook gese het 5 jaar is te min en 10 maande is belaglik. Hy moes baie langer tronkstraf gekry het. Wat van sommer die doodstraf. Dis maklik om te oordeel as jy nie in die wedstryd is nie. Siende van Reeva se kant is 5jaar te min. Siende van Oscar se kant af. Dankie dis net 5jaar. Waarvan hy dalk net 10maande gaan sit. Dit laat n mens dink ne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.