Vonnisverrigtinge begin in Coligny-moordsaak

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die Coligny-landdroshof (26 Junie 2017). Foto: ANA

Die vonnisverrigtinge van die twee mans wat skuldig bevind is aan die moord op ʼn 16-jarige seun van Coligny in Noordwes sal vandag in die hooggeregshof in Mahikeng begin.

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte sal gevonnis word vir die moord op Matlhomola Mosweu nadat die hof beslis het die mans het Mosweu op 20 April 2017 van ʼn bewegende bakkie af gegooi. Mosweu het sy nek gebreek en is kort ná die voorval dood.

Die vonnisverrigtinge gaan voort ondanks die feit dat die enigste ooggetuie in die saak teen Doorewaard en Schutte, Bonakele Pakisi, na bewering erken het hy het gelieg toe hy aan die hof gesê het hy het gesien hoe die twee mans die tienerseun vermoor.

Die Sondagkoerant Rapport het vroeër vandeesmaand onthul dat Pakisi glo teenoor twee mense gebieg het dat hy in die hof gelieg het en dat sy bekentenis op band opgeneem is.

Doorewaard en Schutte het deurentyd skuld ontken op die aanklagte teen hulle en voer aan Mosweu is nie van die bakkie af gegooi nie, maar het self van die bewegende voertuig af gespring toe hulle hom na die polisiestasie wou neem omdat hy sonneblomme gesteel het.

Die twee beskuldigdes is in Oktober verlede jaar skuldig bevind op aanklag van moord, ontvoering, intimidasie, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen.

Dit is nie onmiddellik duidelik hoe die nuusberigte oor Pakisi se beweerde bekentenis die vonnisverrigtinge sal beïnvloed nie, maar die verwagting is dat die vonnisverrigtinge afgehandel sal word voordat ʼn moontlike appèlaansoek aangehoor sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Werner ·

Eenigste ooggetuie het gelieg wat n grap wie nog in reg en geregtigheid glo in die land stem seker DA

Louwboepens ·

Werner ek stem VF+ en ek glo nog in reg en geregtigheid maar vir jou om so te veralgemeen wys net almal in hierdie land kan se wat hulle wil.Maar dit beteken nie wat hulle se getuig van gesonde verstand nie.Wat van die onderwyseres wat haar saak gewen het.Het reg nie geskied nie?

Eentweedrieblufjouself ·

Werner ek stem saam met jou, as ʼn mens glo dat geregtigheid in SA howe geskied kan jy die DA ook glo en vir hulle stem. Die politieke agenda het vir die howe belangriker geword as feite.

Nadia ·

Gee die oog getuie straf! Hy het 2 jaar van die mense opgeneek! Hy maak ‘n speel plek van die hof

Wat wou... ·

n Belangrike vraag is wie het hom omgekoop om te lieg? En wat sal gebeur as hulle iets dou oorkom in die tronk? Die regter, aanklaer en verdediging moet pa-staan vir die regs- gemors – dis hulle wat n speel plek maak van die hof en mense se lewens – sah vat hulle Gerrie!!!

Anoniem ·

Die ooggetuire moet aangekla word van meineed, en ons moet uitvind wie sit agter die liegstories.

Johan ·

Hierdie is ‘n toets-saak vir die’ nuwe’ Suid-Afrikaanse regstelsel. Gaan dit ‘n eerlike, objektiewe uitspraak of n politieke uitspraak wees?

Werner ·

Ooglopend Abe dis nog net die DA wat glo hier is nog reg en geregtigheid

Willie ·

Ek stem saam..hulle het nie n kans nie… die regs sisteem word gebuig vir politieke gewin! Daar is meer rassisme in die land as ooit tevore… Bedrog en leuns seevier..

GP ·

Goeie plasing. Hierdie is goeie voorbeeld van hoe gevaarlik daardie uitlating kan wees.

legens ·

Juis ,en dit is nogal opvallend dat die gewoonlik deur een groep teen lede van `n ander groep vereis word , maar andersins is daar doodse stilte .

DeVill ·

Wat ek nie kan verstaan nie is hoe altwee skuldig aan moord kan wees.

Een van hulle moes tog die bakkie bestuur het toe die ander een die seun afgegooi het?

Die persoon wat bestuur het, het tog nie die seun afgegooi nie en dus kon hy nie moord pleeg nie?
So maw hy vat nou die val saam met die een wat agter op was en die seun afgegooi het.

Hy kon mos maar net gesê het hy het niks gesien nie en toe hy weer kyk toe is die seun weg en die ander persoon sit nog agter.

Dit maak net nie sin nie!

JohanL ·

DeVill, goed gestel. Wonder of die regter so skerp gaan wees om dit te besef. Dink ongelukkig nie so nie – geen vertroue in regtelsel nie.

W ·

JJ Dit is nie in ons om af te breek nie….eerder om op te bou.

Bekommerde bobbejaan ·

Ek is bekommerd oor jou aanhitsing om die doodstraf terug te bring.
Dink mooi aan hierdie hofsaak. Wat dink jy sou gebeur het met die 2 mans nou as dit wel nog in plek was of weer in plek kom. Deur een man wat gelieg het kon hulle nou hulle lewens verloor het. Net deur al die kommentaar te lees kan mens alreeds sien hoeveel vertroue daar in ons regstelsel is, en geregtlik so.
Dink net hoeveel mense kan of kon al hulle lewens so verloor het. Onskuldig. Deur politici wat oog getuies en “feite” produseer.
Ek was voorstander daarvoor. Maar het so rukkie terug my ontneem daarvan.
Nee legens. Jou mening is goed maar ek dink dit moet baie mooi deurdink word eerstens.

N goeie en baie aangename dag vir jou

legens ·

dit wil voorkom of u `n voorstander van selektiewe doodstraf was , waar dit slegs vantoepassing moet wees op sekere groeperinge?

Gaitsigubib ·

Ek vermoed jy is reg as jy se die skrywer glo in selektiewe toepassing van die doodstraf. Hy glo seker dat mens bo enige twyfel skuldig moet wees, terwyl ander aangevuur word deur verblindende rassisme. Blykbaar skeel dit jou min dat die getuie van deuntjie verander het. Pla dit jou nie dat daar dalk 2 onskuldige mense in die getuie bank staan nie, of vonnis mens hulle maar net vir ingeval hulle dalk skuldig is?

Wie weet ·

Hulle gaan gevonis word Lewens lank en dan kan hulle apeleer agv nuwe bewyse Sterkte vir hulle om onskuldig in n tronk te sit vir iets wat jy nie gedoen het nie Dit sal my uitmekaar uit skeer Hou net vas aan God hy sal gerigtigheid laat geskied Glo en Glo aan Hom

Fryingfrog ·

Gee die “Gereg” genoeg tou om hulself op te hang. Ek was in my lang lewe drie keer in die hof – as getuie met al die nodige bewyse. Ek het 3 keer die volle waarheid vertel en het 3 keer die saak verloor. Ek glo jare lank al nie aan ons howe nie. Die Arbeidshof, ja, as jy ‘n goeie advokaat by jou het!

John ·

Nee, eintlik maak dit skynbaar selfs nie saak of die oorledene nog lewe nie, dit handel oor menseregte… die reg om op ‘n ander se eiendom te doen wat jy wil. Waarom is daar nog swartes in tronke… laat hulle vry. Dis hul reg om hul reg en hul eiegeregtigheid in howe tot geregverdigde aksies te laat verklaar…. die verabsolutering van rassisme ; van swart teenoor wit.

Stella ·

Daai een wat gelieg het en gese hy is oog getuie,dis was net weer n rassistiese poging om die wit man by te kom,hy moet gestraf word oor sy gelieg,ek stem saam die ou wat bestuur het,het mos nie die “afgooi”gedoen nie,dalk medepligtig? Die saak moet mos nou weer her aangehoor word.

Alta ·

Hou vas aan God , hy sal laat geregtigheid seevier, IN JESUS NAAM, AMEN

legens ·

Dit sal nogal interresant wees hoe die gode hierdie aspek gaan hanteer …….. `n kind is gedood agv `n handjie vol sonneblomsade .

jakes ·

Die 2 mans sal waarskynlik swaar gevonnis word maar volgens die reg mag hulle appel aanteken en nuwe getuienis na vore bring wat hul appelsaak kan versterk. In kruisondervraging sal Pakisi maklik homself blootstel aan myneed en regsverydeling wat hom tronkstraf op die hals kan haal. Wat wel kommerwekkend is, is dat die geloofwaardigheid van ons howe in twyfel getrek word weens lagwekkende uitsprake met n rassistiese aanklank.

What a joke! ·

As iets verkeerd gaan in n rasse voorval soos die moet jy maar weet hul die anc en al die ander anti blank partye gaan dit hul hoof prioriteit maak om jou as blanke in Suid Afrika skuldig te laat bevind al is jy onskuldig! Die blanke word nou gejag…

Mariana ·

Kan net sê sterkte aan die twee manne en as daar nog ‘n regstelsel is in die land, hoop ek dat hulle sal terugkeer na hul families. Maar vir nou kan ons net op God staatmaak vir regverdigheid en dat reg sal geskied.

tamboti ·

Ek gee nie ‘n blou duit om wat die “reg” of prosedures bepaal nie, maar as die getuie, die enigste in die saak, wat reeds as onbetrouenswaardig deur die regter bestempel is, erken het hy het gelieg – kan geen ander logiese stap gevolg word as om die saak uit die hof te gooi!
‘n Mens het geen regs geleerdheid, ondervinding of enige toets sake nodig om dit te bereken nie!
Nagevolge sal daar wees, daar behoort ‘n volume vol nagevolge te wees vir ‘n partydige regter, oneerlike getuie, sy ondervragers en aanhitsers, die hele swetterjoel wat deelgeneem het aan hierdie aanval op onskuldige mense op grond van valse getuienis en rasbepte haat.

Dell ·

Van die begin af was daar baie vrae rondom die ooggetuie en wat hy kamtig gesien het. Hulle kon nie verklaar hoe die twee mans die kind van ‘n bewegende bakkie afgestamp het nie, want wie het dan bestuur. Die hof het hom deur die gemeenskap se wetteloosheid laat beinvloed. Hulle het voor die dreigemente geswig in plaas daarvan dat die polisie wet en orde gehandhaaf het rondom die verwoesting. Hulle het toegekyk hoe die gemeenskap intimideer en verwoes. Nou backtrack almal en twee mense en gesinne is vir altyd hulle lewensvreugde ontneem.

Anoniem ·

Tambotie, ek hoop saam met jou dat hierdie partydige hofuitspraak boemerang en die regter se partydigheid amptelik ontbloot word sodat hy daaroor aangevat kan word. Hoop hy word geskors sonder betaling, omdat hy ‘n groot aandeel het in die gemors waarin die twee aangeklaagdes se lewens ontaard het. As die manne iets oorkom in die tronk, moet die regter en liegbek getuie aangekla word daarvoor.

Petro ·

Wat gedoen as appel geweier word? Dan gaan die twee vir jare in die tronk sit weens iemand wat deur sy tande gelieg het. Die ondersoek beamptes het ook nie hulle werk gedoen nie. Sit die ou op ‘n leuen verklikker. Ja ek weet die hof erken dit nie maar dan kan daar tog bewys word dat die ou lieg aangesien hy nou beweer hy het weer gelieg. Dis nie in ons bloed om te betoog, geboue af te brand ens nie maar miskien is dit die enigste uitweg. Doen soos die ander.

Gaitsigubib ·

Ek vermoed jy is reg as jy se die skrywer glo in selektiewe toepassing van die doodstraf. Hy glo seker dat mens bo enige twyfel skuldig moet wees, terwyl ander aangevuur word deur verblindende rassisme. Blykbaar skeel dit jou min dat die getuie van deuntjie verander het. Pla dit jou nie dat daar dalk 2 onskuldige mense in die getuie bank staan nie, of vonnis mens hulle maar net vir ingeval hulle dalk skuldig is?

Lindtjies ·

Dit lyk vir my hulle wil die 2 ouens so gou as moontlik vonnis ondanks die feit dat hulle onskuldig kan wees. Die hof moes eerder eers die moontlikheid dat die getuie leuens vertel het ondersoek.

Wilma ·

Oe ken ek dani sulke valse getuienes ni. Maar God sal hul ni ongestraf laat bly ni. Dan die landros ook oogklappe aan. Skande.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.