Voor en ná: Kaapstad se damme is vol

Die Theewaterskloofdam. (Foto: @Louis96018668 / Twitter)

Verskeie damme in Kaapstad is vir die eerste keer in jare propvol.

Die stad sê dit is duidelik dat inwoners hul benadering tot water verander het, terwyl Kaapstad se waterbesparingspogings wêreldwyd geloof is. Die stad het tussen 2015 en 2018 verbruik met 55% verminder sonder dat wateronderbrekings ondervind is.

Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir water, sê sonder inwoners se hulp sou dit nie moontlik gewees het nie. “Vol damme wek dalk die indruk dat ons moeilikheid agter die rug is, maar reënval was vanjaar net bo die gemiddeld,” het sy gesê.

Die Theewaterskloofdam in 2018 en in September vanjaar:

Die Laer Steenbras-damwal in 2018 en in September vanjaar:

Die Laer Steenbras-inneemtoring:

Die Laer Steenbrasdam soos gesien van die Boonste Steenbrasdam in 2018:

(Foto’s verskaf deur Stad Kaapstad)

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

shari ·

Geweet die Kapenaars kan dit doen en saamstaan om water te bespaar sonder onderbrekings

Jaco ·

Wat dan nou van die volgende: in 2017 toe die droogte en waterskaarste in Kaapstad op die ergste was, het ‘n ANC raadslid vanaf iewers in die binneland dan gesê die Here straf die Wes-Kaap met droogte omdat meeste kiesers daar DA stem. Sover ek weet is die DA nog steeds in beheer daar, so wat het dan verander? Is dit nou binne die Here se wil om DA te stem?
Ook vreemd dié droogte en watertekorte in Bloemfontein en Port Elizabeth. Die meeste kiesers daar stem dan ANC, so hulle is binne die Here se wil om te stem VIR korrupsie, swak of geen munisipale dienslewering ens. Watse sonde doen die kiesers dan daar dat die Here hulle met droogte straf?

Adam Adriaan ·

Pragtig. Die damme in die Noorde sal met Geloof ook voor einde November so lyk. Die week wat kom gaan ons net water sien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.