Vooraanstaande oogspesialis sterf

Dr. Johan van den Berg. (Foto: Verskaf)

Die bekende en geliefde oogspesialis, Johan van den Berg (53), het Vrydagoggend in ʼn trompop botsing gesterf op pad na sy praktyk in Trichardt in Mpumalanga.

Adrian van den Berg, Johan se broer, het die nuus aan Maroela Media bevestig. Volgens Adriaan was Johan ʼn passasier in die motor toe die ongeluk tussen Delmas en Trichardt gebeur het. Adriaan het egter vandag eers van Langebaan in Pretoria aangekom en kon daarom nie onmiddellik meer besonderhede bevestig nie.

Van den Berg was ʼn hoogsaangeskrewe oftalmoloog wat voltyds in Pretoria gespesialiseer het en Vrydae na sy praktyk in Trichardt gereis het om pasiënte van hier en omliggende gebiede te behandel waar spesialis-oogsorg skaars is.

Retha Bloem, Johan se skoonsuster, het aan Maroela Media gesê Johan het ʼn geweldige impak op baie mense se lewens gehad. “Hy was ʼn briljante spesialis – sy dood is ʼn absolute tragedie,” het Bloem gesê.

Ook op sosiale media het mense getuig van Johan se goedheid. “Hy was ʼn ongelooflike man, ʼn goeie sportman en hy het sy gesin baie lief gehad. ʼn Omgee-pa en iemand wat altyd positief was,” het iemand geskryf.

Johan was ook ʼn ywerige skermatleet.

Hy word deur sy vrou, Carien, en hul vier dogters oorleef.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Martin ·

Die beste dokter wat daar was. Dankie dok wat jy vir my gedoen het.

Christa ·

So jammer, jammer vir die Groot verlies. Niks gebeur met toeval nie, God het Sy redes vir Al ons hartseer en terugslae. So Sal Hy ook vertroosting bring.

Corrien ·

Baie tragies, dit geld vir almal bekend of nie. Sal ma nie vra nie wie die teen Party is in die ongeluk. Weer n amper onmisbare dokter uit die mooi lewe uit. Hartseer.

Margo Coetzee ·

Dankie dat jy my sig herstel het Johan. My innige simpatie aan die familie. Dis ‘n tragedie.

Johan Koekemoer ·

Ons innige meegevoel met die gesin, familie, vriende, pasiënte en personeel van die praktyk en Centurion Ooghospitaal. Dit is ‘n geweldige tragedie. Ons bede is met julle.

Marietjie ·

Dis tragies. Hy het my ook geopereer. Hy het so baie mense gehelp in sy lewe. Sterkte aan sy familie.

Elize Craucamp ·

Ai my hart bitter seer. Hy was vir jare my oogspesialis. Hy was inderdaad n wonderlike nederige mens. Baie baie sterkte aan sy familie. Werklike innige simpatie. Ek rou saam met die familie. RIV Dr

Suné ·

My seuntjie Gauvaldt (4) jr was by hom gewees op die ouderdom van (2) oor hy n “overgrowth of oog tissue gehad het ,hy het dit perfek reggekry om sy oe weer normaal temaak na (strabisme) n wonderlike dokter ,hyt ons kind se lewe verander wat sy oë àan betref het ! My hart gaan uit na sy familie en vriende ,my hart is bitterlik seer ! Hy was n wonderlike persoon en dokter ! Rus in vrede Dr van den bergh ! Goërtz familie ! Van Hendrina

Retief Ueckermann ·

Ons innige meegevoel aan Carien en familie met julle groot verlies. Net God sal vertroosting kan gee. Julle is in ons gebede. Retief en Koba.

Wida du Plessis ·

As dit nie vir Johan was nie, sou ek nie kon sien vandag nie. Hy was briljant en ook ‘n baie goeie vriend van ons gesin wat ons baie sal mis. Ons harte gaan uit na Carien en hul kinders. Wat ‘n tragedie en groot verlies!

Rika ·

Johan se grootste nalatenskap is sy liefde vir God en vir sy naaste. Met sy pragtige dogters en sy pragtige vrou was (en is) hulle ‘n besonderse gedugte span! Ons almal gaan jou mis!

Thomas ·

Ook aan my en my seun se oë gewerk. Een van daai dokters wat jy mee kon gesels. Baie jammer.

Humbug ·

Tragies. Innige meegevoel aan dok Se gesin. Die hospitaal gange gaan leeg wees sonder die vriendelike glimlag en altyd vriendelik wees. N Groot verlies vir sy gesin. Sterkte vd familie en al die personeel.

Kotie Viviers ·

Groot skok en hartseer. Ook my spesialis gewees. Sterkte aan gesin, familie en vriende. Ook personeel van die Oog Instituut.

Marietjie ·

Dis tragies. Hy het my ook geopereer. Hy het so baie mense gehelp in sy lewe. Sterkte aan sy familie.

Othila ·

Uitstekende dokter, uitstekende mens, altyd gewillig om te help… Ons gemeenskap in Secunda en Trichardt gaan jou mis.

William ·

Ons innige simpatie en meegevoel vir Dr Johan se familie. Ons hou jul in ons gebed.
Rus in vrede Dokter, my pa en skoonpa sal mooi na jou kyk in die hemel.

Reinette ·

Ai, Carien. Dink aan julle. Mag jy en die kinders en almal wat vir Johan lief is, was klink net nie reg nie, iewers vandaan berusting vind.

Juanita ·

Dokter in ons Neonatale ICU het jy diep spore getrap. So baie prem babas se ogies gered. Dit was altyd n voorreg om saam met Dr van den Berg te kon werk. Hy het altyd die verpleegpersoneel met soveel respek hanteer. Ons het nooit getwyfel in enige van jou diagnoses nie. Dr van den Berg was n ongelooflike kundige Dr en in sy mens wees was hy altyd n voorbeeld. Ons NICU gaan jou ongelooflik baie mis.

smurfie ·

Sjoe, ek ken glad nie die man nie. Maar as ek die kommentaar so lees,, was hy beslis ñ voorbeeld vir ons almal. Ek wens om eendag ook sulke goeie nalatenskap te los. Rus in vrede mnr

Annelie ·

Ongelooflike, nederige, godgerigte mens. Hy het nooit geaarsel om iemand kosteloos by te staan nie. Soveel mense se lewens is deur hom aangeraak. My seun was n pasient vanaf 9 maande tot op 11 jaar en elke ses maande het ons die voorreg gehad om skouers te kon skuur met hierdie engel-wese! Sterkte aan Tokkie, Carien en die pragtige dogters, asook die drywer wat vir soveel jare ons dokter veilig na Trichardt vervoer het. Dokter Bergie…. ons sal jou mis!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.