Voorbehoedmiddels vir KZN-olifante

Argieffoto

Argieffoto

Die Hluhluwe-iMfolozi-wildreservaat in KwaZulu-Natal gebruik sedert die begin van die maand vir die eerste keer ʼn voorbehoedmiddel om olifantoorbevolking te voorkom.

Die reservaat en Humane Society International (HSI) het Maandag in ʼn gesamentlike verklaring gesê die voorbehoedprogram beheer die olifantbevolking op ʼn gepaste wyse, verminder die aanteelsyfer, en bewaar ook die ekosisteem.

“Die immuno-voorbehoedmiddel word by ʼn Afrika-olifantbul ingespuit en verhoed dat eierselle deur sy sperm bevrug word,” lui die verklaring. “Die middel word van ʼn afstand met ʼn pylgeweer toegedien. Die proses is minimaal indringend en ʼn verdowingsmiddel is nie nodig nie.”

Vier geslagte se olifante gaan vir drie jaar die behandeling ontvang.

HSI het gesê studies oor die afgelope 18 jaar demonstreer dat die immuno-voorbehoedmiddel ʼn veilige en doeltreffende manier is om die olifantbevolking te beheer.

Dit middel het nie ʼn uitwerking op die dier se geaardheid nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.