Voorbereidings by Nasrec reeds in volle swang

Foto: ANA.

Voorbereidings by die Nasrec-eksposentrum in Johannesburg het reeds Maandag begin ter voorbereiding van die ANC se nasionale konferensie wat dié naweek daar sal plaasvind.

Sewe presidentskandidate sal mekaar die stryd aansê vir pres. Jacob Zuma se pos omdat sy tweede termyn binnekort verstryk.

Adj.pres. Cyril Ramaphosa en Nkosazana Dlamini-Zuma, ANC-LP en voormalige voorsitter van die Afrika-Unie, word as die twee hoofkandidate bestempel.

Toe African News Agency Maandag dié sentrum besoek het, was werkers reeds besig om tekenborde en markiestente op te slaan, die gras te sny, stoele in te dra en elektriese installasiewerk by die sentrum uit te voer.

Slegs konstruksie- en instandhoudingswerkers en polisielede is binne die sentrum toegelaat en bestuurders het aan African News Agency gesê niemand sal sonder die nodige akkreditasie toegelaat word nie. Veiligheid by dié sentrum sal ook opgeskerp word.

Die voorafgaande ANC- provinsiale raadsvergaderings om kandidate te verkies is in die Noord-Kaap, Vrystaat en Oos-Kaap deur chaos en ontwrigting gekenmerk.

Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie-departement (JMPD), het Maandag gesê verskeie paaie rondom die Nasrec sal gesluit word en dat wetstoepassers in Gauteng by die konferensie aan diens sal wees tot volgende Donderdag.

“Die beamptes sal die verkeer op Nasrecweg, Aerodromeweg en Randburgweg beheer en sal op afritte van die N1-, N12-, M1- en M2-snelweg aan diens wees,” het Minnaar gesê.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, kon nie onmiddellik bevestig watter van hul dienste versterk sou word vir die konferensie nie, maar het wel gesê dat hulle die leiding van die polisie sal volg.

Hotelle en lodges rondom Johannesburg sal waarskynlik flink sake doen aangesien die ANC ten minste 4 000 afgevaardigdes en meer as 1 000 joernaliste van reg oor die land verwag wat die konferensie sal bywoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eish ·

Jammer daar kan nie onafhanklike waarnemers wees om die kattebak kaders te verfilm nie.

Eish ·

O ja, wys asb vir ons die agbare lede se voertuie waarmee hul arriveer.
Dit lyk normaalweg soos die Geneefse motorskou.

Ander Annie ·

Goeie punt Eish. Die kattebakke gaan volgelaai wees met fondse. Dit gaan ‘n interessante tydjie wees. Ek is reg met springmielies.

Alida ·

Die hotelle en gastehuise gaan nie betaal word nie. Dit is mos ANC beleid.

Alida ·

Hoekom moet hulle in hotelle en lodges bly as daar hope ministeriele huise in Johannesburg en Pretoria is om in tuis te gaan. Daar is hope personeel. Dink net aan die kostes wat aangegaan word met verblyf en dan al die staatsvoertuie wat hulle moet vervoer.

snoefie ·

kyk net hoe vinnig loop die staatskas nou leeg. ek hoop die ob het haar oog oo gebeure. haar kans om browniepunte te verdien. dis nou as ey haar oog van mandela se begrafnis kan afhaal.

Steve Jansen van Vuuren ·

Vanoggend se Natal Mercury, Nkosazana Dlamini Zuma beskuldig en sê ” White people of stealing since they arrived in SA. Dit is mos nou “Haatspraak ” Nou wil sy staan as President vam SA. Wat ‘n grap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.