‘Voorbokke’ in Tshwane-staking kry trekpas

(Foto: Verskaf)

Die Stad Tshwane het Dinsdag nog sewe werkers die trekpas gegee. Ses van hulle word as die “voorbokke” van die chaotiese, onwettige en onbeskermde staking beskou.

Selby Bokaba, woordvoerder van die Tshwane-metroraad, sê ses van die werkers is vakbondverteenwoordigers en werk in die Middestad-gebou, terwyl die sewende werker in streek 4 gebaseer is en weens intimidasie afgedank is.

“Altesaam 100 werkers is sedert die begin van die stakingsoptrede drie weke gelede afgedank omdat hulle aan die onwettige staking deelgeneem het, óf omdat hulle hul kollegas geïntimideer het.”

Volgens Bokaba moes die stad die identifisering van die vermeende intimideerders opskerp omdat hulle agter klapmusse, hoede en pette geskuil het om hul identiteit te verberg.

“Vyf werkers in streek 6 het Dinsdag in ʼn konvooi van vyf voertuie na die Waltloo-elektrisiteitsdepot gery en werkers wat aan diens was, geïntimideer.

“Vier van die vyf werknemers is suksesvol geïdentifiseer en daar is bevestig dat hulle lede van die vakbond Samwu is.

“Die stad het besluit om die intimideerders in hegtenis te neem en het werkers wat geïntimideer is aangemoedig om te oorweeg om ʼn misdaadklag aanhangig te maak,” sê Bokaba.

Intussen is die stad se dringende aansoek van minagting van die hof Dinsdag in die arbeidshof van die hand gewys nadat die hof bevind het dit is nie dringend nie. Daar is nie ʼn bevinding oor die meriete van die saak gemaak nie.

“Dinsdag se uitspraak het egter geen uitwerking op die tussentydse interdik wat op 28 Julie aan die stad toegestaan ​​is nie.

“Die hof het die staking onwettig en onbeskerm verklaar en werknemers verbied om hul kollegas te intimideer.”

Die hof het die stakers ook beveel om nie die stad se eiendom en enige private of openbare eiendom te beskadig nie.

Bokaba sê nog briewe aan werkers waarin hulle ingelig word van die stad se voorneme om hulle te ontslaan, word in hierdie stadium verwerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Wondermaarnet ·

En as ons weer sien en hoor dan is almal terug op hul poste.

Republikein in die Wes Kaap ·

Vergewe en vergete. Lesse is geleer en almal is gelukkig.

Frank ·

Mooi so en sal dit graag met elke staking waarookal wil sien gebeur

Althes ·

Dit is goeie nuus, want dis sulke tipe werkers wat altyd verdeeldheid sal bring in ñ organisasie.

Koos 100 ·

En deur stakings, betogings en geweld sal hulle weer hul poste terug kry!

HPJ ·

Wel die DA probeer alles om hulle ondoeltreffende bestuur en belei weg ye steek

LANA is ELANè ·

“Mense” met ñ wit brood onder die arm terwyl miljoene mense hul voortande vir die werk en salaris sou gee. Ek wil net bysê, dit is baie moeilik om sulke mense, “mense” te noem. Oppurtunisities nes hul regering.

Magda ·

Verstaan nie die mensdom nie, doen niks dan is dit nie reg nie, doen iets Dan is dit ook nie reg nie, ons sal altyd in verdeeldheid bly Solank Di mensdom met so n mindset dink. DANKIE DA DAT JULLE MANS GENOEG IS OM OP TE STAAN EN PROBEER. GLO JULLE SAL ALLES TERUG NA NORMAAL BRING. JULLE HET MY STEM 100% MET VOLGENDE VERKIESING. Betaal AF dis Al hoe dinge gaan reg Kom en en stel volgens kwalifikasies aan, geen KRIMINELE rekord en geen RAS kry voorkeur nie. NET Kwalifikasies en ondervinding moet Tel.

Olive ·

Hoekom kry mens so heerlike gevoel oor sulke nuus? Is dit dalk wat opbouend haat aan mens doen?
Nou ja, dan is dit nou so net jammer die syfers is so laag. Daar kort ‘n paar nulle.

Dewald ·

Sal graag nog n 100 op daai lys wil sien en tyd dat die DA die unies begin dagvaar vir die skade.As hulle 10 000 lede het wat elke maand n R100 betaal is dit n baie goeie besigheid met diep sakke .

Antoinette ·

Ons kan hierdie nie meer dult nie. Wat het geword van ons ruggraat. Laat ons saamstaan om die ANC te lig uit die stoel. Die enigste manier is om Koaiisie met ander partye te vorm. DIS DIE ENIGESTE MANIER. ONS MOET NOU, NOU, NOU ONS Oë OOPMAAK.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.