‘Voorgestelde SEB-kodes vir regsberoep moet teengestaan word’

(Argieffoto)

Solidariteit se Regsgilde het Dinsdag sy kommentaar op die voorgestelde swart ekonomiese bemagtiging (SEB)-kodes vir die regsberoep ingedien. In dié kommentaar staan die gilde die voorgestelde kodes wat SEB-regulasies op privaat praktyke wil afdwing, teen.

Henru Krüger, sektorhoof van die professionele gilde by Solidariteit, meen gelykheid behoort nie met staatsinmenging in die vorm van wetgewing afgedwing te word nie. Hy sê sodanige wetgewing sal noodlottig wees vir die meer as 80% van regsfirmas in Suid-Afrika wat deur enkelpraktisyns bestuur word.

“Enige voorstel dat regstellende aksie meganies toegepas kan word, moet verwerp word. Wat die regering nou doen is om regulasies op ʼn sektor te wil afdwing wat homself kan reguleer,” sê Krüger.

“Verder staar die staat hom weereens vas teen kwotas eerder as om die werklike behoefte raak te sien en die huidige situasie binne gemeenskappe realisties te beoordeel.”

In sy kommentaar voer Solidariteit aan dat maatreëls wat daarop gemik is om diskriminasie uit die verlede te herstel met die nodige omsigtigheid geformuleer moet word om nie die waardigheid van alle betrokkenes onnodig aan te tas nie.

“Regstellende aksie moenie as straf of vergelding ingestel word nie. Die Regspraktisynsraad moet daarteen waak dat die stappe wat gedoen word om gelykheid te bevorder, nie die waardigheid van individue skend nie. Gelykheid kan onmoontlik bevorder word wanneer regulasies onbillik en sonder insig afgedwing word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JohanEtz ·

Kan die ANC regering nou nog nie besef alles verwater waar kwotasie afgedwing word nie?
SA Regstelsel is veronderstel om onafhanklik te wees soos in my beroep as forensiese ouditeur!!

Anel ·

Maar hulle mag Black lawers association hê en ons mag nie ons eoe mense aanstel nie! Komunisme in die ergste graad. En dan maak baie van hulle nie eens van hul eie mense gebruik nie. Hulle gedruik blankes. Hoe skynheilig wil hulle wees? In elke geval het baie baie van hulle sogenaamde regsgeleerdes ook maar geen integriteit nie. Sê maar verder niks. Los kwotas nou uit. Dit het nog nooit gewerk nie, sal ook nie. Dis ‘n euwel.

Coolbanana ·

Die tentakels van die ANC strek wyd en ver, in alle sektore, want hulle soek mag en beheer oor alles, hul strewe en doel is net vir hul eie organisasie, hulle kom eerste

Jaco ·

Waarom is die ANC se dr dhlamini-zuma se regsverteenwoordiger dan gereeld ‘n wit man?

Mad Mike die Rhodesiër ·

Goeie vraag! “Practice what you preach!”

Hennie J ·

Ag hoe pateties. Our people moet oral aan die hand gevat word en gelei word na die krip. Wil graag sien hoe black lawyers association of nadel voorpraters nou hulle kwota wittes gaan aanstel en hulle sonder enige diskriminasie in diens gaan hou!!!!!

Mad Mike die Rhodesiër ·

‘n Tweede Rhodesië kom, ek sê vir julle.

Blomme ·

Is dit nie lankal tyd dat weggedoen word met regstellende aksie en meer gelet word op meriete en kwaliteit? Die simpel idee vd regering het gelei tot die dilemma waarin ons land tans is.. Kleur ipv kwaliteit!!

quartus ·

Volgende aan die beurt gaan seker regstellende aksie in huwelike wees. Jy moet met swart man/vrou trou. punt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.