Voorgestelde wysiging van Gelykheidswet teengestaan

hande kultureel diversiteit rasse kwota

Argieffoto (Foto: maxlkt, Pixabay)

AfriForum het sy regspan opdrag gegee om volledige kommentaar voor te berei in reaksie op die regering se voorgestelde wysigings aan die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (algemeen bekend as Pepuda of die Gelykheidswet). Dié burgerregteorganisasie sal hierdie wysigings teenstaan omdat dit die definisie van diskriminasie so breed sal maak dat die wet as gevolg daarvan prakties onuitvoerbaar en selfs irrelevant kan word.

Die voorgestelde wysigings aan die wet word beoog om die omvang van die definisies van gelykheid en diskriminasie beduidend te verbreed, wat onder meer sal insluit dat opset om te diskrimineer nie meer ’n vereiste sal wees vir iemand om die wet te oortree nie. Verder word beoog om middellike aanspreeklikheid met betrekking tot diskriminasie in te voeg, wat onder meer sal beteken dat werkgewers aanspreeklik gehou kan word indien ’n werknemer die wet oortree, selfs al was die werkgewer nie daarvan bewus nie en selfs al het die werknemer nie met opset gediskrimineer nie.

Indien die wysigings deurgevoer word sal dit ook vir die staat ontsaglike mag gee om nieregeringsorganisasies, gemeenskapsorganisasies en tradisionele instellings te reguleer.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum sê dat die voorgestelde wysigings van die wet dui op die regering se verwronge prioriteite. “Die land is in ’n ernstige ekonomiese krisis, misdaad neem krisisafmetings aan, die gehalte van onderwys is van die laagste in die wêreld en korrupte staatsamptenare gaan onverpoosd voort. Ten spyte hiervan blyk die regering se prioriteit steeds te wees om hulle met oorbodige regulering van sosiale kwessies te bemoei, eerder as om die werklike krisisse in die land aan te spreek,” het Roets bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nie Verbaas ·

Ons ou ANC regering wys nou werklik hoe kleinlik hulle werklik is en weereens oor n kwessie wat absoluut geensins tot groei van ekonomie gaan bydra nie. Waar is die werkbare plan om beste moontlike persone wat konstruktief kan bydra tot die ekonomie aan te stel, plan vir voorkoming van misdaad, aktiewe plan om korrupsie hok te slaan, ensovoorts? Los nuttelose planne wat land net verder afbreek.

Fedup ·

Now this is the stupidest thing i have ever heard of.
Honestly, no commen sense at all.
What will be next?

Elize ·

Nou kan mens letterlik sien dat ‘n derde nie gekwalifiseerd is nie want hulle jaag nonsens aan.

Anon ·

Dit is ‘n onpraktiese, belaglike wysiging met die doel om soos China, voor die voet, na willekeur te prosedeer. Kommunitiese ideologie.

akkedismis ·

Die ANC is MAG SIEK ipv te SORG dat werksgeenthede GESKEP word!!

Dirk Mostert ·

Gaan diskriminasie teen blankes afgeskaf word? BEE-vereistes vir maatskappye, kwotas in sport is diskriminasie. Na 26 jaar van swart regering is daar geen verskoning om hierdie blatante rasse-diskriminasie voort te sit en uit te brei nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.