‘Voorgestelde wysigings aan Deeltitelwet waarskynlik ongrondwetlik’

Argieffoto

Argieffoto

Die voorgestelde konsepregulasies wat deeltiteleienaars finansieel ernstig kan kniehalter, sal waarskynlik nie die grondwetlike toets slaag nie.

Stefan Pieterse, AfriSake se nasionale woordvoerder, meen die konsepregulasies is waarskynlik ongrondwetlik omdat talle huiseienaars, en veral lae-inkomste eienaars, dit eenvoudig nie sal kan bekostig nie – en daarom moontlik hul huise kan verloor.

Dit kom nadat Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, die voorgestelde regulasies aab die Wet op die Bestuur van Deeltitelskemas in Oktober in die staatskoerant gepubliseer het.

“Eienaars in komplekse vir lae-inkomstegroepe kan skaars die heffings betaal, wat nog van bykomende heffings? Indien daar van eienaars verwag word om skielik meer te betaal, kan dit beteken dat eienaars hul huise verloor bloot omdat hul nie hul verhoogde heffings kan betaal nie,” het Pieterse gesê.

AfriSake sal teen die einde van die week ʼn memorandum aan die minister oorhandig wat alle besware teen die voorgestelde wysigings uiteensit, en wil alle rolspelers in die deeltitelbedryf aanmoedig om dit ook te doen voor die sperdatum van 2 November 2015.

“Dit is uiters belangrik om jou interne remedies uit te put as jy later ʼn wet of regulasie se grondwetlikheid wil beveg – en dit is presies wat ons beplan,” het Pieterse afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Deon ·

Die berig is baie onduidelik. Ek is nie ingeteken op die staatskoerant nie en sal graag wil weet van watter verhoogte heffings daar gepraat word. Ek bly in `n meenthuisblok en ons het soos baie ander meenthuise te doen met die probleem dat ek en my medeinwoners hulle kragrekenings elke maand aan die munisipaliteit betaal, wat op hulle beurt nie die geld aan ESKOM oor betaal nie en gevolglik word ons krag afesny al het ons betaal. Die ministers moet eerder hulle aandag op dié bedrog van munisipaliteit vestig en dit oplos as om inwoners verder te belas met verhoogte heffings. Ons moet al klaar `n spesiale ekstra heffing betaal omdat die meenthuisblok geld moes leen om die tweede keer die krag rekening aan die munisipaliteit te betaal om te verhoed dat ons krag afgesny word. Ons betaal dus twee keer vir dieselfde krag en ons eerste betaling is seker gebruik om die munisipale amptenare se salarisse te betaal. En so gaan die korrupsie en bedrog net voort!

Johann ·

Dis nogal scary hoe die regering naarstigtelik na alles soek waarop hulle die burgers van die land kan belas, of laat heffings betaal……soos wat die staatskas al hoe leër word. ‘n Paar jaar gelede het ons byvoorbeeld “road tax” begin betaal….en dis dan gebruik om “roads” mee te onderhou. Nou trek ons al by “pollution tax”..maar nêrens sien ek ‘n reuse aanleg waar ons Suid Afrika se “lug suiwer nie”…..Waarvoor gaan “pollution tax” dan? In die staatsdiens amptenare se sakke….

Louw ·

En ons betaal net. Vir n posbus by n poskantoor wat nie kan dienste lewer nie. Waar gaan daai geld. Vir n televisie lisensie vir n SAUK wat die ANC bevoordeel, en mense skors met volle betaling en bonusse ontvang. Vir e-tol wat nooit sal werk nie, vir motorlisensies, en Eskom, en, en. My geld gaan vir al hierdie lekker dinge wat ondersoek word tot iemand se maar dit mag nie meer ondersoek word nie, want dan sien ons waar die geld gaan.

Flippie ·

Die ANC het dit reggekry dat die wittes hulself in hulle eie, self gefinansierde tronkkomplekse toe te sluit, net om daagliks vir ‘n paar uur lank slawe arbeid vir die ANC en Kommuniste te gaan verrig.

Dink julle vir een oomblik dat iemand soos Lindiwe Sisulu enige kans sal laat verby gaan om die juk van slawerny te verlig? Dis tyd dat die wittes wakker word en hierdie juk afgooi.

Agriforum (ja, ek as al baie lank lid) moet ophou om agter die armoede en ander afgesaagde redes te gebruik, terwyl die olifant in die vertrek, die haat en wrewel van swart mense, veral ANC leiers is. Wat aan enige iets sal dink om wit mense te verontrief en verbal te verarm. Ons sal nerens kom as hierdie saak nie nie eers behoorlik aangespreek is nie.

En as dit nie gaan gebeur nie kan ons as witmense koebaai vir Suid Afrika se, en elders ‘n beter heenkome gaan soek. Miskien moet Afriforum hom hiermee begin besig hou – ‘n nuwe heimat vir die Boere of Afrikaners soek.

Koos ·

Ja Flippie ek stem 100% saam. Hoe dom kan ons wees om te dink dat die regering aan wie ons belasting betaal enigsins ons belange wil bevorder of beskerm? Ons betaal belasting aan mense wat ten alle koste ons ondergang wil bewerkstellig. Ek sou aanraai dat Solidariteit en Afriforum die slaggate los vir die Suid-Afrikaanse regering. Fokus op grond en maniere hoe ons onafhanklik kan word, want ons tyd is besig om uit te hardloop.

Flippie ·

Wat het ek nou weer gesê wat julle kwaad maak, of die waarheid te naby

Sune van Heerden ·

Dagsê Flippie

Kommentaar beland soms in ‘n mandjie waar dit per hand goedgekeur moet word. Dit neem dus soms ‘n wyle voordat sommige kommentaar op die webwerf verskyn.

Let asseblief daarop dat ons nie kommentaar afkeur wanneer ons “nie daarmee saamstem nie” of dit “te naby aan die waarheid is nie”. Kommentaar word afgekeur wanneer dit nie aan die riglyne vir lesersdeelname soos vervat in ons bepalings en voorwaardes voldoen nie.

Ek hoop jy kuier nog lekker verder op Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Louis ·

Geagte Maroela

Jammer maar hierdie berig is niks seggend. Mens sou graag wou hê die berig moet die “voorgestelde wysigings” omskryf – jan alleman wil tog ingelig wees.

Dave ·

Jan Alleman is wel ingelig Louis, indien Jan oë en ore oophou. Ons het reeds twee weke gelede ‘n informele vergadering daaroor gehad met ‘n ingeligte prokureur as genooide gas. Indien jy die skakel(s) by die tweede kommentaar (Theo) volg, sal jy ook ingelig wees. Ek doen ‘n paar eposse vanmore met hierdie berig as bron. Hierdie berig is niè niksseggend maar goeie nuus.

pop ·

Flippie, ons is net 150,000 aktiewe lede by afriforum. En heeltyd moet hulle hoor hulle moet dit doen en dat doen. Die ander wil saamry< maar wil nie betaal nie. Komaan mense, put your money where your mouth is. As Afriforum BAIE meer lede kry sal hulle harder kan baklei. Hou op kla en mor en sluit aan en doen iets om aktief betrokke te raak.

E.K. ·

Pop, nou praat jy,en dis so maklik, teken afterkordertjie en jy onthou nie eers daarvan nie en tog maak dit saaak!

Flippie ·

As jy mooi gelees het wat ek geskryf het sou jy gesien het dat ek wel ‘n aktiewr lid is wat meer bydra as net my lidmastskap fooi. Ek kla nie ek sê. Daar is nie ‘n enkele klagte nie – net ‘n feit en ‘ n voorstel.

Volgens my gaan dit niks aan die Afrikanersaak doen om allerhande goedbedoelde projekte aanpak wat die Afrikaner se beeld poets nie. Dit gaan niks aan ons saligheid doen nie.

As jy nie die werklikheid kan of wil sien nie, is daar niks wat gedoen kan word nie. Feit is is ons is slawe in die land. Ons word net so “slim gemanipuleer” dat die meeste van ons dit nie agter kom nie.

Bruno Stef ·

Kan ek net n regstelling maak.As n persoon in n Munisipale elektriese lewerings gebied bly betaal jy aan die Munisipaliteit jou maandelikse kragverbruik en ESKOM kan nie jou krag afsny nie omdat jy nie n regstreekse verbruiker van ESKOM is nie.MAW jy is n derde party verbruiker.Die Munisipaliteit kan alleenlik jou krag afsny. As hulle alreeds betaling gekry het van n kollektiewe of afsonderlike verbruiker is daar iewers n slang in die gras by die Munisipaliteit .Die selfde geld vir n ESKOM verbruiker die Munisipaliteit kan nie enige krag op hulle installasies kom afsny nie.Ek sal aan die persoon voorstel vind uit of jy n direkte of n derdeparty verbruiker is eerstens en looi dan die skuldige instansie.

pop ·

Flippie ek vat jou nie aan nie, skuus as dit so lyk. ek het net n stelling gemaak ter ondersteuning

Johannes Meintjes ·

As vorige Deeltiteleienaar, kortliks werksaam as Deeltitelbestuurder en as vorige Kompleks Opsigter kan ek getuig dat meeste Deeltiteleienaars en meeste prokureurs nie die Deeltitelwet en die Regulasies (wil) vertaan of hulsef deeglik van die implikasies en uitvoering wil vergewis nie. Deeltitel is myns insiens ‘n waardevolle oplossing vir stedelike behuising, – maar verg baie werk om dit effektief en wedersyds vrugbaar in stand te hou en daarbinne te leef aangesien dit kundigheid, uiterste dissipline en samewerking kos. Min mense is nog lus om juis in die soeke na geborge tuiste te midde van soveel wanorde, werklik met die hoofpyne van Deeltitel of selfs Huiseienaarsverenigings te probeer saamleef. Die nuwe Deeltitelwestvoorstelle het baie geldige gronde, maar skep nuwe uitdaagings – veral in die Nuwe SA wat verkies om wetteloos te handel.

Dave ·

As voorsitter van ‘n ‘hi-rise’ kompleks op die strand dink ek dat daar meer nadele as voordele is in die nuwe voorstelle vir veranderings. Daar is gevaarligte vir die beheerliggaam met betrekking tot die voorgestelde wysigings in die manier waarop agterstallige heffings ingevorder kan word. Selfs die rente wat aangeslaan mag word op agterstallige fooie word aan bande gelê. Indien die beheerliggaam se tande getrek word in daardie opsig kan dit slegs lei tot finansiële skade vir al die eienaars.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.