‘Voorgestelde wysigings aan Deeltitelwet waarskynlik ongrondwetlik’

Argieffoto

Argieffoto

Die voorgestelde konsepregulasies wat deeltiteleienaars finansieel ernstig kan kniehalter, sal waarskynlik nie die grondwetlike toets slaag nie.

Stefan Pieterse, AfriSake se nasionale woordvoerder, meen die konsepregulasies is waarskynlik ongrondwetlik omdat talle huiseienaars, en veral lae-inkomste eienaars, dit eenvoudig nie sal kan bekostig nie – en daarom moontlik hul huise kan verloor.

Dit kom nadat Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, die voorgestelde regulasies aab die Wet op die Bestuur van Deeltitelskemas in Oktober in die staatskoerant gepubliseer het.

“Eienaars in komplekse vir lae-inkomstegroepe kan skaars die heffings betaal, wat nog van bykomende heffings? Indien daar van eienaars verwag word om skielik meer te betaal, kan dit beteken dat eienaars hul huise verloor bloot omdat hul nie hul verhoogde heffings kan betaal nie,” het Pieterse gesê.

AfriSake sal teen die einde van die week ʼn memorandum aan die minister oorhandig wat alle besware teen die voorgestelde wysigings uiteensit, en wil alle rolspelers in die deeltitelbedryf aanmoedig om dit ook te doen voor die sperdatum van 2 November 2015.

“Dit is uiters belangrik om jou interne remedies uit te put as jy later ʼn wet of regulasie se grondwetlikheid wil beveg – en dit is presies wat ons beplan,” het Pieterse afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Deon

Die berig is baie onduidelik. Ek is nie ingeteken op die staatskoerant nie en sal graag wil weet van watter verhoogte heffings daar gepraat word. Ek bly in `n meenthuisblok en ons het soos baie ander meenthuise te doen met die probleem dat ek en my medeinwoners hulle kragrekenings elke maand aan die munisipaliteit betaal, wat op hulle beurt nie die geld aan ESKOM oor betaal nie en gevolglik word ons krag afesny al het ons betaal. Die ministers moet eerder hulle aandag op dié bedrog van munisipaliteit vestig en dit oplos as om inwoners verder te belas met verhoogte… Lees meer »

Johann

Dis nogal scary hoe die regering naarstigtelik na alles soek waarop hulle die burgers van die land kan belas, of laat heffings betaal……soos wat die staatskas al hoe leër word. ‘n Paar jaar gelede het ons byvoorbeeld “road tax” begin betaal….en dis dan gebruik om “roads” mee te onderhou. Nou trek ons al by “pollution tax”..maar nêrens sien ek ‘n reuse aanleg waar ons Suid Afrika se “lug suiwer nie”…..Waarvoor gaan “pollution tax” dan? In die staatsdiens amptenare se sakke….

Louw

En ons betaal net. Vir n posbus by n poskantoor wat nie kan dienste lewer nie. Waar gaan daai geld. Vir n televisie lisensie vir n SAUK wat die ANC bevoordeel, en mense skors met volle betaling en bonusse ontvang. Vir e-tol wat nooit sal werk nie, vir motorlisensies, en Eskom, en, en. My geld gaan vir al hierdie lekker dinge wat ondersoek word tot iemand se maar dit mag nie meer ondersoek word nie, want dan sien ons waar die geld gaan.

Flippie

Die ANC het dit reggekry dat die wittes hulself in hulle eie, self gefinansierde tronkkomplekse toe te sluit, net om daagliks vir ‘n paar uur lank slawe arbeid vir die ANC en Kommuniste te gaan verrig. Dink julle vir een oomblik dat iemand soos Lindiwe Sisulu enige kans sal laat verby gaan om die juk van slawerny te verlig? Dis tyd dat die wittes wakker word en hierdie juk afgooi. Agriforum (ja, ek as al baie lank lid) moet ophou om agter die armoede en ander afgesaagde redes te gebruik, terwyl die olifant in die vertrek, die haat en wrewel… Lees meer »

Flippie

Wat het ek nou weer gesê wat julle kwaad maak, of die waarheid te naby