Voorkeurbieërs vir regering se groenkragprogram aangekondig

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energiesake. (Foto: Twitter)

Altesaam 25 groenkragprojekte is goedgekeur om nagenoeg 2 600 MW se krag op te wek en tot die nasionale kragnetwerk te voeg.

Dié groenkragprojekte is goedgekeur in die vyfde bodronde van die departement van minerale bronne en energie se groenkragprogram en behels windkrag van sowat 1 600 MW en sonkrag van sowat 1 000 MW.

Volgens Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, sal die 25 projekte ʼn algehele beleggingsbedrag van R50 miljard deur die private sektor in die Suid-Afrikaanse ekonomie inspuit en sowat 13 900 werksgeleenthede skep.

“Dit is jammer dat hierdie aankondiging plaasvind terwyl die land onder beurtkrag gebuk gaan weens die onbeskikbaarheid van Eskom-kragopwekkingseenhede. In ag genome dat die tipe projekte ’n minimum van ongeveer 36 maande vat voordat hulle krag tot die netwerk kan voeg, lê die onmiddellike oplossing vir ons elektrisiteitsuitdagings daarin om die bestaande aanlegte te kry om op ’n voorspelbare en stabiele manier te presteer.”

Die departement het in totaal 102 aanbiedinge ontvang waarna 25 voorkeurbieërs geïdentifiseer is. Volgens Mantashe is die geweegde gemiddelde prys vir die projek R473 per megawattuur (MWh). Die windkragprojekte se gemiddelde prys is R495 per MWh terwyl die sonkragprojekte se gemiddelde prys R429 per MWh is.

Daar is vir die eerste keer ook voorkeurbieër-projekte in die Vrystaat en KwaZulu-Natal. Die projekte moet binne ses maande hul finansiering beklink.

Mantashe het in Maart vanjaar aangekondig dat 11 voorkeurbieërs vir die noodverkryging van 2 000 MW krag aangewys is. Die sperdatum vir die finansiële sluiting van dié ooreenkomste was aanvanklik 30 September, maar dit is nou weer uitgestel, dié keer tot die einde van Januarie volgende jaar. Karpowership, wat ʼn vloot kragskepe besit en bedryf, is een van die voorkeurbieërs.

Mantashe het tydens Donderdagaand se aankondiging gesê tot op datum is ooreenkomste onderteken met 93 onafhanklike kragproduserende projekte vir ’n totaal van 7 308 MW. Volgens die minister verskaf 89 van die projekte reeds 6 855 MW aan die nasionale kragnetwerk.

Die departement is intussen ook besig om 160 MW te bekom van bestaande onafhanklike hernubare energieprodusente.

Die volgende bodronde sal na verwagting in Januarie aangekondig word en dit sal ook 2 600 MW behels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

marius ·

Die naaste wat julle aan groen gaan kom is dagga plantasies . Glo dit maar .

JM ·

Gaaaapp … tiekie-pennie hier kort voor die verkiesing; wil probeer red wat te redde is. Dit sal nie realiseer nie. Maak liewer die besoedelde strate skoon en verskaf water!!

Shakespeare ·

Eers nadat Mantashe se agterstel blink gelek is vir jare het hy in sy “alwysheid” toegegee. SKANDE Mantashe. As ek jy was het ek in ‘n grot gaan wegkruip van skaamte.

annie ·

Ons het nou ‘n meta-plan om private geld in te pomp in die poer-poer-Eskom se sinkende-skippie. Geen sluwe duikbote hier nie net groot kragskepe wat geld slurp in ruil vir vuil beloftes en druppels krag. Groot gekook in die kombuis maar die ete is uiteindelik maar so-so. En dan… yslike werkskepping… die meta-wonder van die ANC. Alles toevallig: die kragonderbrekings en die aankondiging deur die agbare Mantashe. Alles gebeur mos altyd toevallig in meta-Suid-Afrika.

Pieter ·

Julle anc menisters is van die slegste in die wereld julle is n grap man. Gaan terug skool toe en maak graad een klaar.

007 ·

Wonder hoeveel is BEE bieërs? En wat se gehalte eenhede dit gaan wees? Alles so net voor die verkiesing. Mooi ANC…

Dries ·

Kom ons kyk nou hoe baie korrupsie en opmors gaan kom van hierdie initiatief van die ANC. Als wat hulle aan vat verander in n gemors

Misky ·

Maak asb die name bekend van daai 25 maatskappye. So vermoede wie dit almal gaan wees…..

Fran ·

…en die vuil handjies kan nie wag om in die pot geld in te delf nie.

Darkwing Duck ·

Kan hierdie kortlys name in die koerante gepubliseer word vir die publiek om kommentaar te lewer en hierdie bidders onder ‘n vergrootglas te sit. Ons as publiek is nie meer so genee met die keuses wat ons regering bly maak nie. Dit behoort ‘n openbare debat te wees, nie ‘n maatjie geleentheid om te skep nie.

Heinrich ·

Die artikel sê niks van wie die ‘voorkeur’ maatskappye is nie; so ons kan dus waarborg dat daar weer ‘n skandaal kom met die BEE vereistes van die party wat die stelsel in die eerste plek gebreek het het en nie oor die vermoë beskik om dit reg te maak nie. DIt het Digital Vibes so ‘n jaar na Covid geneem voor die skande uitgekom het; hoe lank gaan hierdie een neem?

Louw ·

Dit gaan BEE wees. Kyk na ANC SE BEE track record, het enigiets al gewerk? Als wat hul aangeraak het is ‘n mislukking maar die wil die baas wees ongeag wat. Hul leiers kyk net na hulself, as sy boetie vrek van elende weens swak besluite gee hul nie om nie, dit gaan als oor “wat is in for me know” Ergste van als is kom verkiesing stem daai massas hul weer in, hoe dom kan jy wees. Al wat ek kan se is TIA

Ansie ·

As die ANC nie so ondoeltreffend, halsstarrig, beterweterig en korrup was nie, kon dit lankal gebeur het.

Diklizzy ·

En in die Oos-Kaap staan daar windturbines wat lyk soos hare op ‘n ongeskikte hond se rug. Dit wek seker altesaam 2000 (indien nie meer) mW op per terrein, maar dit mag nie alles in Eskom se netwerk in gaan nie. Nou vra ek hoekom dan nou nie?

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

M.a.w. BBBEE projekte = bedrog en verkwisting en kaderontplooing! Ek het geen, maar geen vertroue in die regering van die dag nie! Almal na my mening ñ klomp korruptes!

Nie Verbaas ·

Ek hoop van harte dat die voorkeurbieërs nie BEE menere is nie anders sien ons fiets dynamos op windpompe.

Gerhardus coppenhagen ·

Volgens die domste minister is daar reeds 6800 mw in di stelsel,hoekom is daar Dan beurtkrag??

Dirk Mostert ·

Die huidige energie-krisis in Europa met eskalerende oliepryse is weens oorskakeling na groenkrag. Ons regering leer nie uit ander se foute nie (soos Zimbabwe se grondonteiening) en gaan nou nog wit olifante oprig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.