Voorlegging aan departement oor stortingsterreine

Argieffoto (Foto: ALTEREGOINTELIGENCIA, Pixabay)

Argieffoto (Foto: ALTEREGOINTELIGENCIA, Pixabay)

AfriForum het ’n voorlegging aan die departement van omgewingsake se provinsiale lisensiëringstaakspanne gedoen ten einde die toestand van Suid-Afrika se stortingsterreine te verbeter.

Dít volg nadat die burgerregte-organisasie in September 2016 ’n verslag oor die toestand van stortingsterreine aan Edna Molewa, minister van omgewingsake, oorhandig het. AfriForum het intussen twee opvolgvergaderings met die departement se afvalsbestuurspan gehad, waartydens goeie bande gebou is.

“Die departement het AfriForum in 2016 versoek om ’n verslag van die toestand van stortingsterreine in Suid-Afrika op te stel om die rehabilitasieproses te begin,” het Chris Boshoff, AfriForum se koördineerder vir omgewingsake, gesê. “AfriForum gaan ook die ouditvraelys oor stortingsterrein vir 2017 saam met die departement hersien en is uitgenooi om oor twee weke ’n oudit van stortingsterreine saam met die departement in Groblersdal te doen.”

Die departement het versoek dat AfriForum elf prioriteitstortingsterreine (ten minste een uit elke provinsie) identifiseer en ’n voorlegging oor dié spesifieke stortingsterreine doen.

Marcus Pawson, AfriForum se hoof van plaaslikeregering- en omgewingsake, het gesê die organisasie gaan poog om ’n verhouding met die departement te bou wat tot voordeel van sy lede en die breë publiek sal wees. “Daar is baie omgewingsprobleme – waarvan stortingsterreine sleg een is – wat ons omgewing besoedel en mense se gesondheid benadeel,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johanna Botha ·

Kan nie eers die strate vee wat nog gepraat van verantwoordelike storting …dink regtig julle mors julle tyd . Elke ou met n bakkie stort in enige veld …die hele area is al n stortings terein

John ·

Ons ondergrondse watertafels is reeds erg besoedel… gaan hulle ooit luister. Hoop nie Afriforum gaan hul eie geld gebruik om die probleme op te los nie. Pes weens die rotteplae is ‘n groot moontlikheid, maar wie skrik daarvoor, voor die dood voor jou eie deur morsdood neerslaan.

Scalla ·

Die hele spul wat dink hul is in beheer is totaal onbevoeg, kry die Soustrein ryers nie skaam nie, sorg net vir hulself en hul Comrades op voetsoolvlak vrek van die honger

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.