Voorlopige sekwestrasie op VBS-bank se hoofde toegestaan

Die hooggeregshof in Johannesburg het Vrydag voorlopige sekwestrasie toegestaan op die beleërde VBS Mutual Bank se voormalige uitvoerende hoof, Andile Ramavhunga en die voormalige bedryfshoof, Robert Madzonga.

Dit volg ná verlede week Dinsdag se uitspraak in die hooggeregshof waar die waarnemende regterpresident Moroa Tsoka voorlopige sekwestrasiebevele toegestaan het op VBS-hoofde, insluitend voormalige voorsitter Tshifhiwa Matodzi, Phillipus Truter en Phopi Mukhodobwane oor ten minste R1,5 miljard wat uit die bank verdwyn het.

Madzonga is die uitvoerende groepshoof van VBS Bank se hoof aandeelhouer, Vele Investments, wat volgens die bank se kurators ongeveer R745 miljoen verdien het uit beweerde bedrog. Vele Investments is ook bankrot verklaar.

Die kurator van VBS, SizweNtalubaGobodo, het verlede maand ʼn dringende aansoek in die hooggeregshof ingestel teen Vele Investments vir die likwidasie en sekwestrasie van die hoofde.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het VBS in Maart met onmiddellike effek onder kuratorskap geplaas nadat die bank die afgelope 18 maande toenemend likiditeitsuitdagings beleef het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johanna Botha ·

Die bank wat zuma n lening gegee het om sy nkandla opstal te betaal hehe Nou word hulle seker bevorder tot ministers hehe

Lerato ·

Asof Zuma daardie “lening” nodig gehad het. Ek reken Zuma is seker die rykste persoon in Suid Afrika.

Hulley, sy prokureur bedank omdat daar nie genoeg fondse is vir n regsgeding nie. Maar skielik is daar fondse vir sy (Hulley) se opvolgers.

Is dit slegs n tydwen taktiek?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.