Voorlopige skorsing van HK-lede by NWU sal opgehef word

nwu-potch-puk

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Die voorlopige skorsing van nege huiskomiteelede van ʼn manskoshuis op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) ná ʼn voorval op 12 Januarie toe eerstejaarstudente blykbaar “verwelkom” is op ʼn manier wat nie “aan die waardes van die NWU voldoen het nie”, is opgehef.

Die huiskomiteelede is voorlopig uit hulle posisies geskors hangende die uitkoms van die ondersoek en die finalisering van die proses. Kort ná die voorlopige skorsing is ’n tussentydse komitee aangestel om hulle verantwoordelikhede oor te neem.

“Die hele proses is voltooi en die voorlopige skorsing van al nege huiskomiteelede sal op 31 Januarie 2019 opgehef word,” het Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, gesê. “Hulle sal almal in hulle posisies heraangestel word op voorwaarde dat hulle deelneem aan ’n program wat op korrektiewe maatreëls fokus. Hierdie program sal hulle in staat stel om ’n positiewe rol te speel in die bevordering van die kultuur om menseregte reg oor die NWU te omarm.”

Jacobs het gesê die besluit is grootliks beïnvloed deur die konsep van herstellende geregtigheid om te verseker dat hierdie individue bemagtig word. “Deur te verseker dat die benadering van geen verdraagsaamheid nie ten opsigte van die skending van enige menseregte gehandhaaf word, sal die bestuur voortgaan om ’n omgewing te skep wat vir ’n lewendige en vervullende studente-ervaring aan die NWU bevorderlik is.”

Maroela Media het vroeër berig die voorval het blykbaar met ʼn onaanvaarbare ontgroeningspraktyk verband gehou. Die eerstejaarstudente is op Saterdag 12 Januarie op die Potchefstroomkampus verwelkom, waarna die registrasie- en oriënteringsprogram begin het. Wat egter die Saterdag gebeur en tot die nege HK-lede se skorsing gelei het, is nie bekend nie.

Die universiteit het nie die koshuis se naam of die name van die nege HK-lede bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

hercules ·

in die sewentigs was ontgroening nog ontgroening en niemand het iets oorgekim nie

in 2019 word mense geskors, lewens verwoes en menseregte kwansuis verkrag!!

Hannetjie ·

Ja jy is reg.Maar deesdae raak dit aan ‘ mishandeling’ en studente word liggaamlik en emosioneel verwoes.Net jammer die skuldiges is nie heeltemal uitgeskop nie.Het nie daardie tipe boewe nodig in die samelewing nie

Reti ·

As dit nie polities is nie is dit ‘n arme mammatjie wat haar arme bloedjie moet beskerm. Nee wat dís belaglik.

Maxi ·

Ek gee nie om wat die ‘ou manne’ se nie. My seun het in een van daardie koshuise gebly, en nee, hy is nie n sissie nie. Hy was n leier en goeie sportman gewees op skool. As gevolg van die koshuis lewe het sy hele PERSOONLIKHEID verander. Hul dink mos hul moet die eerstejaarjies breek. My seun praat natuurlik nie uit nie – dis taboe. Maar hierdie ma kan tussen die lyne lees, en ek se vir julle dit was erg, baie erg. Dit breek my hart om my kind so veranderd te sien terugkom van NWU koshuislewe. En nee, voordat jul pro’s vir ontgroening wil vinger wys. Ek piep nie my seuns op nie. Maar hierdie moederhart het verwyte. Hoekom het ek ooit ingestem om my koshuis toe te stuur?

Opisthophthalmus ·

Well said Hercules, ek wonder hoe hierdie kid/s in die weermag sou vaar… Die manne en dames wat weermag opleiding gehad het (‘ons’ tyd se weermag bygesê) het teruggekom met dissipline…hulle was ingebreek vir die lewe…
Eerstejaars studente betree ‘n nuwe fase in hul lewe, buite die gemak van hul ouerhuis…. My seun het tydens sy ‘verwelkoming’ soos dit in die artikel genoem word gesê, hy sou dit NIE anders wou hê nie.. ” dit is tough, MAAR soveel pret!!!!” In sy tweede jaar verander dinge tot so mate dat hy nie glo dit is dieselfde koshuis nie, daardie jaar se eerstejaars was buitebeheer, en die HK lede kon eintlik maar net staan en toekyk, aangesien een ‘ma’ hulle gerapporteer het omdat haar seun natgereën het oppad Amfi toe…rêrig …

Jurie Vermeulen ·

Waar is die wat menseregte so verkondig as boere en bejaardes aangeval, gemartel, verkrag en vermoor word, dan bestaan hulle nie. Dit is n klug en wil net optree wanneer dit hulle pas.

Opisthophthalmus ·

Studente lewe (spesifiek kampus koshuis) het die laaste paar jaar soveel verander, .. dit is sad!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Wel gestel, Skerpioentjie!! My seuns wil ook nie meer in hulle koshuise wees nie….As jy vir eerste jaar kyk, voel hy geaffronteerd en lê ‘n klag. As jy nie vir ‘n eerste jaar kyk nie, is jy meerderwaardig, en voel hy geaffrontreerd en lê ‘n klag…..Hulle’t geen respek meer vir seniors nie, en in my seuns se koshuis het diefstal van klere, horlosies, tablette, rekenaars, geld, kos en elke moontlike los item hand oor hand toegeneem……Jy loop net heeltyd en toesluit en dophou en kameras terugspeel……Dit is waaragtig “sad”….

Hans ·

Gedeelde waardes? Toe n groepie teen die Totius standbeeld betoog het en dit beskadig hoekom het universiteit daardie groep nie geskors nie.

Polities korrek se end ·

Eks al so moeg vir polities korrekte nonsens, dit gaan nie meer lank hou nie.

Skroef ·

Hoe de vy gaan jy dit stop? Pray do tell.
Hoe verder die tyd aanstap, hoe duideliker word die rede vir daardie (nou) veragtelike segregasie. Wat vir jou en my onygroening is, het nou mos rassisme geword.

PUK Student ·

Die hele storie het ontstaan omdat daar n verwarmer aan was terwyl daar vergadering gehou was en die arme bloeitjies het warm gekry. Enige persoon kan n verwarmer aan vergeet. Die KSR voorsitter van Mafikeng af soek ook net enige rede om politiek by die PUK se KSR in te bring en dis hoekom hy die hele storie begin het. Hy wil he die KSR moet bestaan uit lede wat verkies is uit die DA, EFF en ANC. Vandag se eerstejaars is ook maar pateties. Daar is n geval waar een student weier om die pers hemde te dra want ‘dit pas nie by sy figuur nie’ so hy mag nou gewone klere dra omdat ditsy mense reg is. Belaglik!

Mike ·

Goeie raad. ….PUK – stop ALLE ontgroening/inlywing!! Dit veroorsaak net moeilikheid! Wanneer gaan julle leer? ?

pbotha ·

Liewe PUK. Stop eenvoudig die ontgroening… want julle kry die inlywing net eenvoudig nie meer reg nie. Jul raak n verleentheid om elke haar hierdie tyd in die nuus te wees.

Opisthophthalmus ·

Gemaskerde Sopbeen,… Ware woorde.. dit is die wanorde waarin ons, met die regte ATTITUDE, ons seuns moet probeer grootmaak!! My seun is nooit liggaamlik skade aangedoen nie, emosioneel ook nie, inteendeel!! Na die aanpassings wat gemaak MOES word om “polities korrek” te wees, emisioneel wel!! En hy was nie ‘n HK lid nie!! Stilte tyd vir SWOT is geignoreer en dissipline MAG toegepas word nie, diefstaf is ‘n huge probleem en cctv gang kameras tas blykbaar mense se regte aan…Sy koshuis HK het hulle passie verloor en godswater later oor godsakker laat loop… Waar gaan dit eindig.. gelukkig is student wees ‘n fase, met ‘n vervaldatum (vir sommiges anyway)!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.