Voorlopige verslag vrygestel oor motoris wat in aanhouding sterf

Argieffoto. (Foto: Karen Sandison/ANA)

Die Johannesburgse burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, Michael Sun, het sy medelye betuig met die vriende en familie van Tshegofatso Selahle, wat die naweek in die aanhouding van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) dood is.

Sun het gesê hy hoop hy kan die familie help om Selahle se dood te verwerk.

Sun het gesê hy het reeds ʼn voorlopige verslag van die waarnemende hoof van die departement van openbare veiligheid gekry oor die voorval wat die aand van 17 Augustus plaasgevind het.

“Die voorval word tans deur die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod), asook die polisie ondersoek. Ek is verseker dat die JMPD ten volle met die ondersoek sal saamwerk,” het Sun gesê.

“Die JMPD is ook besig met ʼn interne ondersoek na die voorval.

“Die motoris het die aand glo ʼn rooi verkeerslig op William Nicol- en Sandtonrylaan verontagsaam. Hy het daarna versuim om stil te hou en verkies om weg te jaag. Die JMPD het hom agternagesit,” het Sun gesê.

Die motoris het daarna glo teen ʼn sypaadjie vasgejaag en die motor het in ʼn park tot stilstand gekom. Hy was glo onder die invloed van alkohol en die metropolisie het hom in hegtenis geneem.

Kort daarna het hy gesê hy sukkel om asem te haal. Die man is uit die polisievoertuig gehaal en mediese hulp is na die toneel ontbied.

Volgens Sun is die man daar dood verklaar.

“Omdat die ondersoek nog aan die gang is, is dit in dié stadium voortydig om te bespiegel oor die oorsaak van sy dood. As daar vasgestel word dat enige oortreding begaan is, sal die stad dadelik optree,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Daan Erasmus ·

Die ou was dronk. Hy het hom teëgesit. Toe kry hy pepersproei. As jy moeilikheid soek gaan jy dit kry.

sweis ·

Die regte feite is hy is aangerand en met peper sproei gespuit want die klomp weet nie wat die woord “nodige geweld” om iemand onder beheer te bring nie,kla hulle aan en laat die gereg sy gang gaan.

Heksie ·

Hy is duidelik nie mediese behandeling gegee na die ongeluk nie want dit het voorgekom of hy geen beserings opgedoen het nie, min aandag is gegee aan die feit dat hy dalk inwendige beserings het, toe sluit hulle hom toe ….. en hy sterf in aanhouding

Julie Jansen van Rensburg ·

Ja, Jonathan, ek ruik dit ook – en dit stink ten hoogste hemele… niemand gaan my oortuig dat die JMPD absoluut “SAGKENS” met die man gewerk het nie – hulle het hom waarskynlik geweld toegedien omdat hy “dronk” was en hom waarskynlik probeer teensit het. En nee – ek verdedig nie sy optrede deur verkeersreëls te veronagsaam nie, en as iemand gevang word dat hulle dit wél doen, lees mens elke wan en dan van owerhede wat net een wet ken – voeter enigiemand wat – hetsy skuldig of onskuldig – hullself probeer verdedig… Jare terug het een my afgetrek en daarvqan beskuldig dat ek ‘n stopteken geignoreer het – toe hy sy hand by my 1/3 oop venster insteek om my sleutels te vat terwylek WEET dat ek GEEN oortreding bgaan het nie, het ek my “TAZER” uit my sak gehaal en hom daarmee gedreig. Hy het vinnig van opinie verander en my laggend beveel om maar aan te ry… wou seker “koeldrank” op my onkoste koop wat ek NIE sou doen nie… ek, pensioenaris – wat skaars vir myself kan koeldrank koop – nee-dankie…

Johnny ·

N mens gaan nie so gou dood nie hy is aan gerand .hulle gaan dit toe smeer vat hulle hof toe davaar hulle vir groot geld . Die wat hom ge vang het iets nie reg ge doen nie

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.