Voormalige AbaThembu-koning in hospitaal opgeneem

AbaThembu koning Buyelekhaya Dalindyebo (2009) Foto: Gallo via http://africajournalismtheworld.com/

AbaThembu koning Buyelekhaya Dalindyebo (2009) Foto: Gallo via http://africajournalismtheworld.com/

Koning Buyelekhaya Dalindyebo, voormalige koning van die AbaThembu-volk, is Vrydagaand in ʼn hospitaal in Oos-Londen opgeneem.

Dié inligting het Saterdag aan die lig gekom toe leiers van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Dalindyebo besoek het in die gevangenis in Oos-Londen waar hy tans ʼn 12-jaar vonnis uitdien.

Julius Malema, EFF-leier, en sy adjunk, Floyd Shivambu, was onder die groep wat Saterdagmiddag by die gevangenis aangekom het waar ʼn skare EFF-ondersteuners op hulle gewag het. Malema en sy gevolg is toe na die St. Dominics-hospitaal in die stad waar Dalindyebo tans behandel word.

By die hospitaal het ʼn senior beampte van die Oos-Kaapse korrektiewe dienste Malema ontmoet en hom ingelig oor Dalindyebo se toestand.

Malema het later aan joernaliste gesê Dalindyebo het siek geword en is Vrydagaand in die hospitaal opgeneem nadat hy Sondag met ʼn eetstaking begin het. Hy het gesê hy en lede van sy gevolg het met Dalindyebo gesels en hom oortuig om weer te begin eet.

Malema het die regering gekap oor Dalindyebo se gevangenisstraf. “Ons het nog nooit sulke vernedering gesien nie; ons het gedink die vernedering van tradisionele leiers het met die koloniale tye en apartheid geëindig. Die koning se gemoed is positief, maar dit is pynlik om te sien wat die ANC-regering aan hierdie man hier doen,” het hy gesê.

“Dalindyebo moes onder huisarres geplaas geword het en die regering moet hul besluit om hom tronk toe te stuur, heroorweeg.”

Dalindyebo het op 30 Desember 2015 by die gevangenis aangemeld om sy tronkstraf te begin uitdien nadat hy in 2009 skuldig bevind is vir verskeie misdade wat strafbare manslag, brandstigting, aanranding met die doel om ernstig te beseer en ontvoering insluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Wikus ·

Shabir Shaik no.2 Hy is ook terminaal gaan seker oor ń week huis toe. Ai tog!!!

poplap ·

SHAIKELITIS.
‘n Terminale siekte wat vir jare gestuit kan word deur ‘n weeklikse potjie golf, inkopies en sigare.
Word slegs gediagnoseer as pasient agter tralies is.
Beperk tot handjievol mense maar daar heers vermoede dat dit kan versprei en hoogs aansteeklik is.

Louise ·

Dus…as jy status het wied jy nie dieselfde straf opgele as due gewone Jan Rap en sy maats nie.

Kathy ·

Maar dit is mos hoe dit werk. Arme Oscar is daar ‘n voorbeeld van gemaak en hulle los dit nie daar nie….. hy word verder geteister en verneder. Wat is die verskil? Die man het ook gruweldade gepleeg. Hy moet sit vir wat hy gedoen het.

HB ·

Ag dis so lekker om daai loophole te geruik. As hy wil staak om te eet , dit is so intensioneel en dan weet hy hy gaan lekker in n hospitaal bedjie le.

Yvonne ·

Wonder of hierdie taktiek vir Oscar sal werk? Hmmmm. Die ANC het nou al die media en witmense gemuilband, die ekonomie op sy knieê, politici in sy sak, akademici op detensie, dienslewering in die toilet en , en, en! Gaan ons effens wankelrige regstelsel nou die volgende wees om die kn ie te buig?

JoeV ·

Oh aarde, hoop hy is gou beter anders is hy dalk verplig om eersdaags te leer golf speel.

Louise ·

Goed, so as jy ‘n “tradisionele leier” is tel die wet nie vir jou? O ja, dis hoe dit werk. Zuma, Malema, Shaik en hul vriende het dit mos bewys, dat die wet nie vir almal tel nie.

Dee ·

Vele van die lede van hierdie forum glo dat die wet ook nie geld vir jou as jy ‘n bekende atleet is.

Johan ·

Sit die tyd wat hy in die siekeboeg le by sy vonnes X 5% ekstra

GES ·

Ag so voorspelbaar. Ek het nogal.gedink om solank ‘n kransie te gaan koop aangesien hy eersdaags ook terminaal siek gaan wees. Dit is lekker in ons piesangrepubliek!!!

christine ·

GES ou siener het gese “Die tronk se deure en vensters staan oop, daars niemand binne as die tonk potjie verby kom. Nou reken ek die gevangenis sal weer kan eet na die droogte en hongernood
Maar dat dit te laat was vir hulle.

poplap ·

Hy lei seker ook aan bloeddruk probleme en gaan moet golf speel om dit te laat daal.

Rooijan ·

Mense maar hierdie Malema perd is slim. Hy vry na twee stelle stemme. Eertens is hy agter die Xhosa stemme van die Ooskaap aan. Tweedens vry hy sommer na die simpatie van al die tradisionele leiers in die land en natuurlik na die stemme wat hulle beheer. Malema is net so slim soos die man by wie hy geleer het numma one natuurlik.

Michael ·

So gaan dit in Sodom as jy dit kan bekostig kry tronkstraf,gaan hospitaal toe ,kom uit op mediese parool wat ‘n klug

Wim Smit ·

As jy nie honger is nie behoort niemand jou te dwing om te eet nie.

Johannes Meintjes ·

Die tradisionele kontekste wat Afrika op grondvlak volhoubaar kan bestuur word ongelukkig onbenut ge-minag of deur ‘n onuitvoerbare en onwerkbare Westerse meulsteun gedwing.

jaycee ·

Is dit soos dit maar gebeur? Oortreding – skuldig bevind – tronkstraf – skielik baie siek – hospitaal – vrylating? Dit gebeur net met ‘n verkose klompie kriminele. Dit bring geloofwaardigheid van regstelsel by gewone mense in die gedrang.

sarie van heerden ·

Is die koning se optrede en sy later skuldig bevinding deur die staat nie ‘n kwessie van botsende regsbesluite tussen westerse regsbeginsels en tradisionele konings nie? Waarom onderhou ons nog die absoluut bodemlose put van uitgawes van koningshuise (hoeveel?) in Suid-Afrika as hulle besluite nie tel nie?

sarie van heerden ·

Wat is die kommentaar van die medici. Kan jy net in ‘n paar dae so siekword van hongerstaking dat jy gehospitaliseer moet word? Hulle kry tog water om te drink omdat dehidrasie eintlik die groot sondebok is wanneer jy sonder kos is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.