Voormalige Amcu-leiers in hof oor moord

Amcu-lede buite die hooggeregshof in Pretoria (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Aanklagte teen ses van die agt voormalige leiers van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) is Maandag in die Pretoriase hooggeregshof teruggetrek. Hulle is daarvan beskuldig dat hulle teen mynwerkers en vakbondleiers saamgespan het.

Staatsaanklaer Annalie Coetzer het aan die hof gesê daar is nie genoeg bewyse om die aanklagte teen die mans te ondersoek nie.

Samkelo Mkutshwa (38) en Simphiwe Silwane (36), albei van Lusikisike in die Oos-Kaap, se saak duur egter voort. Die mans was na bewering die meesterbrein agter ʼn reeks aanvalle in Marikana in 2017. Die voorsitter van Amcu se tak in Marikana het tydens een van die aanvalle ter nouernood aan die dood omgekom. Malibonwe Mdazo is 16 keer geskiet, maar het die aanval oorleef.

Mkutshwa en Silwane staan tereg op ses aanklagte, waaronder moord, poging tot moord en sameswering om moord te pleeg.

Amcu-lede, geklee in groen T-hemde, was in die hof in afwagting om “die waarheid te hoor” oor dit wat met hulle kollegas gebeur het.

Die saak is tot Dinsdag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.