Voormalige amptenare moet opdok of tronk toe

(Argieffoto ter illustrasie: Ian Landsberg/ANA)

Agt voormalige regeringsamptenare is boetes tussen R30 000 en R55 000 óf vyf jaar tronkstraf vir bedrog en korrupsie opgelê.

David Malefetsane Mofokeng (54), Kagisho Kgomotso Sempe (36), Joseph Nthoroane Masilo (54), Kekebogile Mokhuoa (37), Ntando David Radebe (39), Jabulani Edward Simela (38), Mojalefa France Ranthama (38) en Kgotso Richard Dlamini (53) is aan dié misdrywe skuldig bevind en Vrydag deur die handelshof in Bethlehem gevonnis.

Hul skuldigbevinding spruit uit ʼn ondersoek deur die Valke in November 2012 na beweerde bedrieglike aktiwiteite deur lede van die polisie, immigrasiebeamptes van die departement van binnelandse sake en ʼn lid van Port Health wat by die Caledonspoort-grenspos by Fouriesburg werksaam was.

Volgens die inligting wat die ondersoekspan destyds ontvang het, het die verdagtes vergoeding van Lesotho-burgers geëis wat nie wettige dokumente gehad het om in Suid-Afrika te wees nie.

Die verdagtes het dan tussen R150 en R200 ontvang om die beweging van mense tussen die twee lande toe te laat.

Hulle is eindelik op 7 Mei 2013 in hegtenis geneem, maar is nou eers gevonnis.

Elk van die beskuldigdes, behalwe twee, moet ʼn boete van R45 000 betaal of vyf jaar tronk toe gaan. Sempe en Dlamini is onderskeidelik met R55 000 en R30 000 of vyf jaar tronkstraf beboet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Tiptol ·

Hoekom nie albei nie. Hulle is juis amptenare wat glad nie so iets moet oorweeg nie wat nog van doen.

Phumba ·

19 jaar later word n paar klein vissies voor die trein gegooi. Wonder hoeveel honderde duisende rande is gespandeer in die ondersoek.

Hoe kan n saak so lank draai?

SjN ·

Die of moet vervang word met en, hoekom nog n keuse stel aan die skelms?

Johann ·

Hoekom sê die artikel nie of hulle nog vir die staat werk nie Dit skep die indruk hulle is skuldig bevind, kan ‘n boete betaal, maar gaan nog aan met hulle werk

Di ·

Ek hoop van harte dat hierdie korrute spul almal afbetaal is. Dis mos nou deesdae die gewoonte om our people net tydelik te skors en dan is hulle terug in dieselfde pos om verder korrupsie te pleeg. Hierdie tipe amptenare is die oorsaak dat kriminele die land onwettig inkom en misdaad hier kom pleeg.

Hennie ·

8 jaar later… AGT JAAR!!! Hulle het seker nog AGT JAAR se korrupsie gepleeg sodat hulle die boetes lag-lag kon bekostig! Wat n grap!

annie ·

Duisende, nie net ‘n paar mense nie, lewe lekker in beide lande en studeer en leef op SA-geld. En dit geld nie net vir Lesotho-burgers nie. Reg rondom SA kom en gaan uitlanders asof hul bloot by die mall hul daaglikse negosie gaan koop en staan in rye vir ID-dokument wat glo telkens in brande verwoes word. SA se swart bevolking het sedert 1910 met ‘n +80°-kurwe na bo gegroei teenoor die wit bevolking ‘n lae 10°-lyntjie handhaaf. Geen grensdraad het wêreldwyd mode geword.

Danie ·

9 jaar nie 19 jaar nie.
En hulle behou seker steeds hul werk.
Lekker land die

Nico ·

Die saak het 8 jaar gelede begin maar word nou gevonnis, dit is regtig swak van die sogenaamde howe. Die beskuldigdes moet terug betaal en die opgelegde vonnise uitdien, is die beskuldigdes bo die wette van die land verhewe.

Stefaan ·

Lyk my daar is twee stelle wette. Een vir ons en een vir ander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.